Die Geestelike Son - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 77

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102.

Komediespel in die kloosterhemel. Die reusetafel en die ete van wêrelde

77 Kyk, die tafeldekkers is al daar en is almal netso groot soos ons eerste toneelheld. Kyk hoe vier tafeldekkers oor die nie bepaalde sierlike tafel van Abraham `n tafeldoek uitsprei, wat groot genoeg blyk te wees om julle hele planetesisteem, inklusief julle son, soos onbeduidende appels in te wikkel en na die mark te bring. Nou word daar vrugte op die tafel gesit, dit bestaan uit wat vir julle welbekend volgens die vorm is, dus soorte van die aarde, soos pere, appels, pruime en dergelike ander. Ook word daar `n soort brood by geplaas en by elke stuk, wat bestem is vir `n persoon, word ook `n beker geplaas, wat oënskynlik ongeveer die drievoudige van die hoeveelheid water van die aardse seë kan bevat. Julle vra hoe so-iets in hemelsnaam moontlik kan wees.

2. Ek sê vir julle: Vir geeste onder mekaar is so-iets baie goed moontlik. Julle sal dit self ook wel kan ondervind dat wanneer julle julle fantasieë `n bietjie laat werk, dit vir julle baie maklik was en nog is, om byvoorbeeld die gestalte van een of ander aan julle welbekende dier of van iets anders, vir julle so monsteragtig groot voor te stel, dat julle ten slotte byna self daarvan sou skrik. Wel, wat vir julle op aarde slegs in die fantasie van julle gees moontlik was en vir elke mens op sy manier moontlik is, dit is hier in die ryk van die geeste ook vir elke gees moontlik, maar dit openbaar homself dan as verskyningsvorm. Sulke verskynsels word egter hier “drogkunste” genoem, veral bose geeste bedien hulle daarvan, wanneer hulle een of ander skelmstreek wil uithaal. Omdat hierdie geeste hulle ook op `n dwaalspoor bevind en daardeur dikwels nog kwaadwillig is, kan hulle hulleself ook wel van `n meer onskuldige drogkuns bedien om ons as vermeende vyande af te skrik. Sodra hulle hulleself egter daarvan oortuig het dat ons nie vir hulle bedrog skrik nie, sal dit alles weer baie vinnig tot sy vorige toestand ineenskrompel. Dan sal hulle ook geen tweede poging meer waag nie. 

3. Kyk nou net: Die gaste wat van alle kante kom, gaan aan tafel sit, gryp met hulle buitensporige reusehande na die kolossale vrugte en bring dit na hulle huiweringwekkende monde, wat, volgens wat dit lyk, groot genoeg is om byna `n aarde, asof dit `n aarbei was, te verwerk. Julle verbaas julle daaroor hoe dit moontlik is, dat julle die fantastiese drogfenomeen in sy ontsettende omvang met die grootste gemak met julle oë kan aanskou. Dit kom ten eerste, omdat hierdie oënskynlike grootte heeltemal geen grootte is nie, maar slegs bedrog. Deur die Heer bevind ons onsself egter in die helderste lig; daardeur kan niks homself ook so bedrieglik groot vir ons vertoon, dat ons dit nie in al sy valse fasette met een oogopslag kan aanskou nie. Ten tweede het dit ook nog `n ander rede en wel, dat ons gestaltes vir hierdie geeste in gelyke mate vergroot en netso waarheidsgetrou sigbaar is as hulle groot, bedrieglike verskyningsvorm. Dit is dus op hierdie manier te begryp.  

4. Let nou maar net op die reeds bekende teatrale droghemel­podium. Kyk nou hoe `n menigte geharnaste reusekrygers van agter die wolke tevoorskyn kom en hoe die aanvoerder vooruit loop met `n kruisbeeld, wat netso kolossaal is soos die aanvoerder wat dit dra. Let nou ook nog op `n ander verskynsel, want kyk, dadelik sal die reuse Christus vanaf die kruis met ons begin te praat. Luister, hy praat al en sê aan ons: Weg uit die hemel met julle, vervloektes, want julle het altyd die Heilige Gees van my alleensaligmakende Rooms-Katolieke kerk teengewerk en julle was vir my steeds bo alles gehate ketters. Daarom, weg met julle na die uiterste duisternis, want vir julle is hier geen plek in die hemel nie en ek het julle nooit geken nie! Dwing my nie om geweld te gebruik nie, want as ek dit moet doen, word die onderste hel julle deel. Al het julle my apostel Petrus dan nie voorheen geglo nie, julle sal my tog wel glo wanneer ek vanaf die kruis tot julle spreek!

5. Julle kyk nou wel `n bietjie verbaas, maar ek sê vir julle: Laat julle nie deur hierdie verskynsel beïnvloed nie, want kyk, die kruis en die beeld is hol. Soos wat julle maklik kan sien, hou die draer die kruis in sy mond en spreek deur `n opening wat in die mond van die christusbeeld aan die kruis uitkom. Daarom lyk dit asof die stem uit die mond van die Heiland aan die kruis kom. Dit is dus ook `n ydel en boosaardige bedrog, waarby die menslike gestalte van die Heer as drogmiddel gebruik word. Tog is die bedrog in wese nie regtig sleg nie, aangesien die aanvoerder nie werklik kwaadwillig handel nie.

6. Julle sien ook dat hy nie al te ver met sy sprekende kruisbeeld na vore durf kom nie en dit is al `n teken dat hierdie truuk hom nie veel seën sal bring nie. Daarom wend hy hom nou tot sy krygers en gee hulle `n teken om te probeer om ons met geweldige geskreeu af te skrik. Hulle begin dan ook groot bewegings te maak en geweldig met hulle swaarde te kletter en maak net asof hulle ons wil aanval. Hulle merk egter dat ons gladnie daarvoor skrik nie en dus trek hulle hulleself, saam met hulle aanvoerder, weer agter die syskerm terug. Ook ons gaste aan tafel sien dat ons nie erg onder die indruk raak van hulle kolossale maaltyd nie; daarom staan hulle een na die ander van die tafel af op. Maar nog is die komedie nie afgeloop nie. So sal die tweede bedryf dadelik begin en wie van julle `n soöloog (dierkundige) is, sal baie belangstelling in hierdie daad hê, want ek sê julle by voorbaat dat ons hemelbewoners nou die uiterste sal waag en hulle in die vorm van allerlei reusagtige diere sal aanbied. Maar ons weet dit en daarom sal ons onsself ook nie hierdeur laat afskrik nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205