|
Die Geestelike Son - Boek 1 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 12
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102. |
|
|
Die sfeer van die sewende gees. Raaiselagtige beelde van geestelike toestande
12 “Kyk, die sewende gees staan al hier op julle en wag. Begeef julle daarom dadelik in sy sfeer, sodat julle daar die ontknoping en die onbedrieglike weë van die heil en die ewige ordening mag sien. Julle is nou in sy sfeer en kyk baie verbluf en verbyster om julle heen. Wat sien julle dan wel, dat julle in so `n vreemde stemming geraak het, asof julle nie weet of julle deur iets grappig of iets ernstigs omgewe is nie? Maar Ek sien baie presies wat daar in julle omgaan en julle innerlike woorde, wat julle self nouliks ken, lê oop voor My.
2 Julle sê derhalwe: Hoe uit dié beeld die ontknoping van die merkwaardige dinge, soos ons voorheen gesien het, duidelik sal word, vat dit wie dit kan vat! Ons sien egter, in plaas van die ontknoping, slegs `n, nie direk aaklige, maar wel nog meer verwarde knoop! Dus: Vat wie dit kan vat, hoe die ontknoping daaruit sigbaar sal word. Ons kan dit nie. Wat moet dit dan beteken? Hier en daar rys `n kegelvormige berg op. Mense klim aan die een sy na bo en gly aan die ander kant weer na benede. En as hul na benede gegly het, gaan staan hul en lag oor diegene wat na hulle volg, terwyl hulle sê: Dus, dit is tog waar, dat `n gek tien daarby kry! Aan die ander kant sien ons `n hele klomp skommels, wat elk tussen twee taamlik sterk en hoë bome opgehang is, en waarin enorm geskommel word. Ook daar staan `n menigte toeskouers, wie die skommelaars uitlag en toeroep: Haai julle domkoppe, waarom is julle so vrolik op die skommel waarin julle weliswaar heel flink heen en weer vlieg, maar tog steeds op dieselfde plek bly? Die swaailengte van julle skommel is die hele reis wat julle steeds weer opnuut maak. Dit is die tweede beeld wat ons sien, sê julle by julleself. En verder sê julle nog: Aan `n ander kant sien ons `n ringmuur. Binne hierdie ringmuur is sirkelvormige bane, wat spiraalgewys na `n opgestelde tent in die sentrum loop. Oor hierdie bane hardloop mense na die tent. As hulle dit bereik het, dan draai hulle om en hardloop weer na buite na die ringmuur. Rondom die ringmuur staan hier en daar groepe mense, wie hierdie ringbaanhardlopers agtereenvolgens uitlag en hulle vra wat hulle met daardie hardloop wil bereik. Sommiges word hardloop siek, klim op die ringmuur en sê dan: Hoe kan ek tog so dom wees en my byna dood hardloop vir niks?
3 Op `n vierde plek sien ons `n ronde waterbak met `n deursnee van ongeveer duisend klafter (1900 meter) en `n diepte van ongeveer een klafter (1,9 meter). In die middel van die bak is `n groot skepwiel aangebring wat `n deursnee van ongeveer tien klafter (19 meter) het. Die skepwiel word deur `n daarbo aangebringde konstruksie van balke in `n reëlmatige draaibeweging gebring. Daardeur word die hele watermassa in die bak gedwing om dieselfde draaiende beweging te maak, wat naby die wiel die vinnigste is en by toenemende afstand steeds stadiger word.
4 Op die oppervlakte van die water is `n groot hoeveelheid roeibootjies beskikbaar. In die bootjies sit mense wat hulle inspan om vanaf die oewer nader aan die skepwiel te kom. As hulle in die omgewing daarvan kom, raak hulle baie gou afgemat en word dan deur die na buite draaiende beweging van die water weer na die oewer gespoel. Aan die oewer staan weer `n menigte toeskouers, wat die dwase seevaarders uitgebreid uitlag.
5 Die seevaarders lyk asof hulle hulle oor die algemeen nie veel daarvan aantrek nie. Maar enkeles van hulle, wie reeds meer as eenkeer na die oewer gespoel het, stap uiteindelik met verveelde en verdrietige gesigte op die oewer uit hulle bootjies en kan hulle maar nie genoeg verbaas dat hulle hulleself op die oppervlakte van die water so lank vir niks en niemand deur die waterrat laat gryp het nie. Enkeles van hulle sien die dol gedoente nog `n tydlank aan en lag saam met die ander toeskouers oor die nog druk besige seevaarders. Ander weer verwyder hulle kopskuddend en soek êrens `n rustig plekkie op om uit te rus van hulle dwase en sinlose inspanning. Dit is dan ook al wat ons in die veelbelowende sfeer van hierdie sewende gees sien. Dat sulke verskynsels hom baie dikwels voordoen, sien ons wel, maar dit is steeds dieselfde. Wie derhalwe in hierdie verskynsels `n oplossing en bowendien die onbedrieglike weë van die goddelike orde kan sien, moet meer lig in sy oë hê as `n hele legioen van hoofsentraalsonne bymekaar op `n punt! Alles wat ons uit hierdie hele gebeurtenis kon aflei, is dit wat die ou wyses al eens gesê het: Daar is niks nuuts onder die son nie, maar alles volg sy vaste ou kringloop, en dit steeds weer op dieselfde manier van voor af aan.
6 Nou noem Ek julle egter `n ander, ook ou spreekwoord, wat regstreeks uit die natuur van die dinge afgelei is en wat aldus lui: Wie blind is, sien niks! Kyk, teen dié spreekwoord is niks in te bring nie, want so is dit in die algemeen in die wêreld gesteld en in die besonder wat die innerlike waarneming van die gees betref. Die hele wêreld lyk soos `n Thomas wat sê: Solank ek nie my hande op Sy wondtekens en in Sy sy gelê het nie, solank glo ek niks; anders gesê: Wat ek nie met my hande kan gryp en nie by helder sonskyn met my oë kan sien nie, dit is vir my so goed as niks, beteken niks en sê vir my niks.
7 Ek sou egter net eers aan elkeen wat so-iets beweer, wil vra: Kan jy die sterre aan die hemel met jou hande gryp en kan jy hulle sien by helder sonskyn? Kyk, jy kan nóg die een nóg die ander. Bestaan die sterre daarom nie, omdat jy nóg die een nóg die ander nie kan doen nie? Jy sê aan My: Die sterre sien ek tenminste in die nag en dan kan ek hulle baan bereken. Maar Ek sê vir jou: Jou getuienis strek jou, wat skerpsinnigheid betref, nie tot groot eer nie, omdat jy daardeur openlik te kenne gee dat jy My ordening alleen vanuit jou nagkant bereken, terwyl die ordening van die dag vir jou vreemd bly. En het jy geen nag nie, dan sou jy daar op `n klaarligte dag bestaan soos `n blinde, en sou jy nie eers kan droom oor die ordening van My dinge nie. Dit is treurig as jy jou wysheid, wat die orde van My dinge betref, alleen maar aan die nag, maar nie aan die dag te danke het nie. Kyk, dit blyk ook heel duidelik uit die dinge wat julle nou gesien het.
8 Daar klim weetgierige en op sensasie beluste mense op `n berg en glo dat hulle daar die geheime van die hemele goed aan die kop kan gryp en alles wat hom daarin bevind, tot op die laaste druppel daaruit kan kry. Daarom doen hulle ook alle moeite om langs die steil wande van die kegelvormige berg omhoog te klim. Hoe verder hulle kom, des te minder plek het hulle om op te staan. Wanneer hulle die top heeltemal bereik het, het hulle ten slotte glad geen plek meer nie, word baie gou duiselig en, omdat hulle daarbo geen hemelse houvas vind nie, laat hulle hulleself aan die ander kant van die berg weer vinnig na benede gly na dieselfde vlakte waarvandaan hulle vertrek het. Ten slotte weet hulle nie waarvoor hulle bergklimmery gedien het nie, en kan hulle ook nie eers vir hulleself lag nie en dan vir hulleself sê: Nou weet ons net soveel soos voorheen; al ons inspanning was dwaas en belaglik. Ons het by die omhoog klim probeer om die ander verby te strewe; waarom? Sodat ons dan almal weer netso vinnig aan die ander kant na benede kon gly? Wat is ons nou voor op die ander wat geen voet op die berg gesit het nie? Niks, want ten eerste is ons netso ver soos hulle, en ten tweede, word ons nog as dwase deur hulle uitgelag, omdat ons soveel moeite gedoen het om een en dieselfde doel te bereik, terwyl ons dit ook op `n veel makliker manier kon bereik het.
9 Verstaan julle nog niks van dié beeld nie? Ek sal julle nog iets sê, dan sal julle die saak makliker begryp. Hoe lê julle hierdie teks uit: “My juk is sag en My las is lig”? As Ek dit verkondig het, wie dwing dan diegene wat na My toe wil kom, om berge te beklim om My te bereik, terwyl Ek op die gelyk land en op `n koersregte weg op hulle wag? Kyk nou verder; waarom gebeur daar dus niks nuuts onder die son nie? Ek sê vir julle: Om die baie wyse rede dat die menslike wêreldwysheid uiteindelik daardeur vanself bietjie vir bietjie moet afstomp, omdat dit ten slotte voor die hand liggend is dat sy niks anders kan bereik nie as dit wat op dieselfde manier reeds `n lang tyd voorheen bereik is.
10 Verder kan julle in dié eerste beeld ook `n duidelike verklaring vind vir dit wat julle gesien het in die sfeer van die sesde gees. Wanneer julle die geskiedenis van die inspanning van die draak, volgens die Openbaring van Johannes deurtrek, sal dit vir julle tog ook oorduidelik word hoe baie die draak hom al die moeite getroos het om steeds opnuut uit sy afgrond op te duik of, soos by die eerste beeld van vandag, die top van een of ander berg te beklim. Wat was nog altyd die gevolg van sy inspanning?
11 Hoe hoër hy klim, des te minder grond het hy om op te staan, en as hy die top bereik het, wat was dan die gevolg? Dat hy baie vinnig weer afgedaal het in die diepte van waaruit hy opgeduik het, want op die top kan hy niks handhaaf nie. As iemand hom daarop wil vestig, dan is dit tog sekerlik afgeloop met sy hele werkgebied, want dit kan onmoontlik groter wees as die spits standplaas waarop die werkwillige hom bevind. Dit word egter vir elkeen wat op die top besig wil wees, duidelik; daarom kan niemand ook op die top bly nie. Elkeen sal daar baie verseker deur duiseligheid gevang word! Die gevolg van die duiseligheid is dat hy weer die top verlaat en aan die ander kant weer vinnig na benede gly. Dit is `n baie wyse les uit die skool van die ewige ordening! Haar naam is “onthegting”, wat beteken, die vernietiging van alle selfsugtige begeertes.
12 Dit het geen enkele nut nie, as iemand voor die beklim van die berg sou sê: Luister broers, klim saam met my, ek ken die regte weg. Gaan maar saam met my, want slegs langs hierdie weg sal ons `n goeie stewige standplaas op die top vind. Ons het al in die begin in die dal hierdie geeste hoor roep: `n Gek kry daar tien saam, en kyk, nie net tien nie, maar `n hele menigte klouter agter so iemand aan wat beweer om die weg te ken. Omdat die berg as kegel ten slotte maar één top het, word dit goed langs alle weë bereik, maar daar is dit dan ook altyd: Tot hier en geen haarbreedte verder nie! Die lot wil egter, dat `n mens aan die ander kant weer baie vinnig na benede gly, om weer die toestand te bereik, van waar `n mens uitgegaan het. Sien, dié beeld gee reeds `n belangrike oplossing vir dit wat ons voorheen gesien het in die sfeer van die sesde gees. Die volgende beelde sal so `n oplossing nog veel duideliker vir ons voor oë bring. Bly daarom nog solank in die sfeer van die sewende gees totdat ons alle beelde opgelos het. Die volgende keer kom die skommel dus aan die beurt; dan die ringmuur met sy spiraalvormige bane en ten slotte die waterbak. En hiermee genoeg vir vandag.”
|
|
|
|
|