Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

Uittreksels uit die Arcana Coelestia in verband met die Meester en Sy Goddelike Mensheid [2] Die Goddelike was in die Meester vanaf die begin (n. 4641, 4963, 5041, 5157, 6716, 10125). Die Meester alleen het `n Goddelike saad (n. 1438). Sy siel was JHWH (n. 1999, 2004, 2005, 2018, 2025). Dus was die Meester se innerlike die Goddelikheid Homself, terwyl die kleed van die moeder was (n. 5041). Die Goddelike Homself was die Wese [Esse] van die uitstroming [existere] van daardie Wese [Esse] (n. 3194, 3210, 10269, 10738). [3] Binne in die kerk waar die Woord is, en daardeur word die Meester geken, moet die Meester se Goddelike nie ontken word nie, ook nie die Heiligheid wat van Hom af uitgaan (n. 2359). Hulle binne in die kerk wat nie die Goddelike erken nie, het geen verbinding met die Goddelike nie, maar dit is anders met hulle wat buite die kerk is (n. 10205). Die essensieële van die kerk is om die Meester se Goddelikheid te erken, en sy eenheid met die Vader (n. 10083, 10112, 10370, 10730, 10738, 10816-10820). [4] Die heerlikheid van die Meester word behandel in die Woord op baie plekke. (n. 10828). En in die innerlike sin van die Woord, oraloor. (n. 2249, 2523, 3245). Die Meester verheerlik Sy Mensheid, maar nie Sy Goddelike nie, siende dat dit verheerlik was in Homself. (n. 10057). Die Meester het in die wêreld gekom om die mens in Hom te verheerlik (n. 3637, 4287, 9315). Die Meester het Sy menslikheid verheerlik deur middel van die Goddelike liefde wat in Hom was van die begin af. (n. 4727). Die Meester se lewe in hierdie wêreld was Sy liefde teenoor die hele menslike geslag (n. 2253). Die Meester se liefde oortref alle menslike verstand en denke (n. 2077). Die Meester het die menslike geslag gered deur Sy Mensheid te verheerlik (n. 4180, 10019, 10152, 10655, 10659, 10828). Andersins sou die gehele menslike geslag vergaan het in die ewige dood. (n. 1676). Die status van die Meester se verheerliking en vernedering (n. 1785, 1999, 2159, 6866). Verheerliking met betrekking tot die Meester is die vereniging van Sy Menslike natuur met die Goddelike, en om te verheerlik is om Goddelik te maak (n. 1603, 10053, 10828). Toe die Meester Sy Mensheid verheerlik het, het Hy alles wat menslik was afgegooi wat van Sy moeder was, totdat Hy op die laaste nie meer haar seun was nie. (n. 2159, 2574, 2649, 3036, 10830). [5] Die Seun van God van die ewigheid was die Goddelike waarheid in die hemel (n. 2628, 2798, 2803, 3195, 3704). Toe die Meester in die wêreld was het Hy Sy Menslike Goddelike waarheid gemaak van die Goddelike goeie wat in Hom was. (n. 2803, 3194, 3195, 3210, 6716, 6864, 7014, 7499, 8127, 8724, 9199). Die Meester het toe alle dinge in Homself rangskik in `n hemelse vorm, wat in ooreenstemming is met die Goddelike waarheid. (n. 1928, 3633). Vir hierdie rede was die Meester genoem die Woord, wat Goddelike waarheid is (n. 2533, 2813, 2859, 2894, 3393, 3712). Die Meester alleen het `n insig en denke oor Homself, en dit was ver bokant enige engel se insig en denke (n. 1904, 1914, 1919). Die Goddelike waarheid wat Hyself was, het die Meester verenig met die Goddelike goeie, wat in Homself was (n. 10047, 10052, 10076). Die vereniging was wederkerig (n. 2004, 10067). [6] Deur die wêreld te verlaat het die Meester ook Sy Menslike Goddelikheid goed gemaak (n. 3194, 3210, 6864, 7499, 8724, 9199, 10076). Dit is wat bedoel word as gesê word Hy kom van die Vader en keer terug na die Vader (n. 3194, 3210). Dus het Hy een geword met die Vader (n. 2751, 3704, 4766). Sedert daardie vereniging het die Goddelike waarheid uitgestroom vanuit die Meester (n. 3704, 3712, 3969, 4577, 5704, 7499, 8127, 8241, 9199, 9398). Hoe die Goddelike waarheid uitstroom, ter illustrasie (n. 7270, 9407). Dit was deur Sy eie krag dat die Meester die Mensheid verenig het met die Goddelike (n. 1616, 1749, 1752, 1813, 1921, 2025, 2026, 2523, 3141, 5005, 5045, 6716). Hieruit is dit duidelik dat die Meester se Mensheid nie soos die menslikheid van enige ander mens is nie, deurdat dit ontvang is van die Goddelike Homself (n. 10125, 10825, 10826). Sy eenheid met die Vader, waaruit Sy siel is, was nie soos tussen twee persone nie, maar tussen siel en liggaam (n. 3737, 10824). [7] Die mees antieke mense kon nie die Goddelike Wese [esse] aanbid nie, maar kon slegs die Goddelike Uitgaande [existere] aanbid, wat die Goddelike Mensheid is, daarom het die Meester in hierdie wêreld gekom met die doel om die Goddelike Uitgaande of Existere van die Goddelike Esse te word. (n. 4687, 5321). Die antieke mense het die Goddelike erken omdat Hy aan hulle verskyn het in `n menslike vorm, en dit was Sy Goddelike Mensheid (n. 5110, 5663, 6845, 10737). Die Oneindige Wese [Esse] kan in die hemel vloei met die engele en met die mens slegs deur middel van die Goddelike Mensheid (n. 1676, 1990, 2016, 2034). In die hemel kan geen ander Goddelike as die Goddelike Mensheid waargeneem word nie. (n. 6475, 9303, 10064, 10267). Die Goddelike Mensheid van die Ewigheid was die Goddelike waarheid in die hemel en die Goddelike wat deur die hemele beweeg, dus was dit die Goddelike Uitstroming [existere] wat agterna in die Meester die Goddelike Wese [Esse] geword het, en daaruit die Goddelike Existere in die hemel (n. 3061, 6280, 6880, 10579). Wat die staat van die hemel was voor die Meester se koms (n. 6371-6373). Die Goddelike was nie waarneembaar behalwe as Hy deur die hemele beweeg (n. 6982, 6996, 7004). [8] Die inwoners van die gehele aarde aanbid die Goddelike in `n menslike vorm, dit is, die Meester ( n. 6700, 8541-8547, 10736-10738). Hulle het gejuig toe hulle verneem dat die Godheid werklik `n Mens geword het (n. 9361). Hulle almal wat in die goeie is en wat die Goddelike in die Menslike vorm aanbid, word deur die Meester ontvang (n. 9359). Die Godheid kan nie bedink word, behalwe in die menslike vorm nie, en wat nie verstaanbaar is nie, val nie in enige idee nie, so ook nie in geloof nie. (n. 4733, 5110, 5663, 7211, 9356, 10067, 10267). Daarom word die Godheid aanbid in `n Menslike vorm deur die meeste van die aardse inwoners, en dit is die effek van die invloei vanaf die hemel (n. 10159). Almal wat in die goeie is ten opsigte van hul lewenswyse, as hulle dink aan die Meester, dink aan die Goddelike Mens, en nie van die Mens geskei van die Goddelike nie, maar dit is anders met hulle wat nie in die goeie van hul lewenswyse is nie (n. 2326, 4724, 4731, 4766, 8878, 9193, 9198). In die kerk in hierdie dae kan hulle wat in die boosheid ten opsigte van hulle lewenswyse is, en hulle wat in geloof verwyderd van die naasteliefde, wat dink oor die Mensheid van die Meester wat apart is van die Goddelike, kan nie eers begryp of dit omvat wat die Goddelike Mens is nie, -hoekom kan hulle nie? (n. 3212, 3241, 4689, 4692, 4724, 4731, 5321, 6872, 8878, 9193, 9198). Die Meester se menslikheid is Goddelik omdat dit van die Wese [Esse] van die Vader is, van Sy Siel, - geïllustreer deur die vader in sy gelykenis in die kinders (n. 10269, 10372, 10823). En ook omdat dit van die Goddelike liefde, wat die uiterste Wese [Esse] van Sy lewe vanaf die oneindigheid is. (n. 6872). Elke mens is soos sy liefde is (n. 6872, 10177, 10284). Die Meester het Sy volle Mensheid, beide innerlik as uiterlik, Goddelik gemaak. (n. 1603, 1815, 1902, 1926, 2083, 2093). Daarom, baie anders as enige mens, het Hy weer opgestaan met Sy gehele liggaam (n. 1729, 2083, 5078, 10825). [9] Dat die Meester se menslikheid Goddelik is, word erken deur Sy alomteenwoordigheid in die heilige Avondmaal (n. 2343, 2359). Ook van Sy transformasie voor Sy drie dissipels (n. 3212). Ook uit die Woord van die Ou Testament, deurdat Hy daarin God genoem word. (n. 10154), en word genoem JHWH (n. 1603, 1736, 1815, 1902, 3035, 5110, 6281, 6303, 8846, 9194, 9315). In die sin van die letterlike word daar `n onderskeid gemaak tussen die Vader en die Seun, dit is, tussen JHWH en die Meester, maar nie in die innerlike sin van die Woord nie, waarin die engele van die hemel is (n. 3035). In die Christelike wêreld was die Meester se Mensheid as nie Goddelik verklaar, dit was gedoen deur `n Raad (Nicea – 325 na Messiah) vir die mense se gerief, dat Hy erken moet word as die Meester se vicaris-generaal (n. 4738). [10] Christene was in die ander lewe ondersoek in verband met hulle idee van een God, en dit was gevind dat hulle aan `n idee van drie gode vashou. (n. 2329, 5256, 10736-10738, 10821). `n Goddelike drie-eenheid in een Persoon, bestaande uit Een God, is begryplik, maar nie in drie persone nie (n. 2329, 5256, 10736-10738, 10821). `n Goddelike drietal in die Meester word erken in die hemel (n. 14,15, 1729, 2004, 5256, 9303). Die drietal in die Meester is die Goddelike Homself, genoem die Vader, die Goddelike Mens, genoem die Seun, en die Goddelike wat uitstroom (JHWH–Ruach), of die Heilige Gees, en hierdie Goddelike drietal is EEN. (n. 2149, 2156, 2288, 2319, 2329, 2447, 3704, 6993, 7182, 10738, 10822, 10823). Die Meester Homself leer dat die Vader en Hy Een is (n. 1729, 2004, 2005, 2018, 2025, 2751, 3704, 3736, 4766). Ook dat die Heilige Goddelike van Hom af uitgaan en in Syne (n. 3969, 4673, 6788, 6993, 7499, 8127, 8302, 9199, 9228, 9229, 9264, 9407, 9818, 9820, 10330). [11] Die Goddelike Mensheid vloei in die hemel en dit maak die hemel (n. 3038). Die Meester is Die Alles in die hemel en is die lewe van die hemel. (n. 7211, 9128). In die engele woon die Meester en dit wat Sy eie is (n. 9338, 10125, 10151, 10157). Gevolglik is hulle wat in die hemel is, binne in die Meester (n. 3637, 3638) Die Meester se verbinding met die engele word gemeet deur hulle ontvanklikheid van die goeie van die liefde en menseliefde vanuit Hom (n. 904, 4189, 4205, 4211, 4220, 6280, 6832, 7042, 8819, 9608, 9682, 9683, 10106, 10810). Die totale hemel het `n verhouding met die Meester (n. 551, 552) Die Meester is die algemene middelpunt van die hemel (n. 3633, 3641). Almal in die hemel keer hul na die Meester, wat bokant die hemele is (n. 9829, 10130, 10189). Nietemin, die engele draai hulself nie na die Meester nie, maar die Meester draai hulle na Hom toe. (n. 10189). Dit is nie die teenwoordigheid van die engele met die Meester nie, maar die Meester se teenwoordigheid met die engele (n. 9415). In die hemel is daar geen verbinding met die Goddelike Self nie, maar verbinding met die Goddelike Mensheid (n. 4211, 4724, 5663). [12] Die hemel korrespondeer of kom ooreen met die Goddelike van Mens in die Meester; gevolglik is die hemel in die algemeen soos `n enkele mens, en om hierdie rede word die hemel genoem die Grootste Mens (n. 2996, 2997, 3624-3649, 3741-3745, 4625). Die Meester is die enigste Mens, en die ander is `n mens wat die Goddelike van Hom af ontvang (n. 1849). Sover as wat hulle dit van Hom ontvang is hulle mens en `n gelykenis van Hom (n. 8547). Daarom is engele vorms van liefde en menseliefde in menslike vorm, en dit van die Meester (n. 3804, 4735, 4985, 5199, 5530, 9879, 10177). [13] Die hele hemel is die Meester s’n. (n. 2751, 7086). Hy het alle mag in die hemel sowel as op aarde (n. 1607, 10089, 10827). Soos wat die Meester die hele hemel regeer, regeer Hy ook oor alles wat daarvan afhanklik is, dus al die dinge in die wêreld (n. 2025, 2026, 4523, 4524). Slegs die Meester het die krag om die helle te verwyder, om te weerhou van die boosheid, en om dit in die goeie te hou, dus om te red (n. 10019).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205