|
Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel) EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 311
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621. |
|
|
Voetnotas
251.1. Die “voorhoof” korrespondeer met hemelse liefde, en gevolglik word dit in die Woord so aangedui (n. 9936). Die “gesig” korrespondeer met die innerlikes van die mens, wat behoort tot die denke en emosie (n. 1568, 2988, 2989, 3631, 4796, 4797, 4800, 5165, 5168, 5695, 9306). Die gesig is gevorm om te korrespondeer met die innerlikes (n. 4791-4805, 5695). Gevolglik dui die “gesig” in die Woord op die innerlikes (n. 1999, 2434, 3527, 4066, 4796).
252.1. Geeste is nie in staat om deur die mens enigiets in die sonnestelsel te sien nie, maar hulle het deur my oë gesien – die rede (n. 1880).
255.1. Geeste wat gestuur word van een gemeenskap na die ander, word genoem “onderdane” (subjects) (n. 4403, 5856). Kommunikasie in die geestelike wêreld word uitgevoer deur sulke afgesant geeste (n. 4403, 5856, 5983). As `n gees gestuur word, en dien as `n onderdaan, dink dan uit hulle deur wie hy gestuur is, en nie uit homself nie (n. 5985-5987).
257.1. Eksterne of liggaamlike kwellinge word huidiglik nie toegelaat, soos voorheen nie (n. 1983). Maar teenswoordig word interne kwellinge, wat aan die brein behoort, toegelaat meer as voorheen (n. 1983, 4793). Die mens is innerlik gekwel wanneer hy vuil en skandalige gedagtes het oor die Godheid en die naaste, en word weerhou om dit bekend te maak slegs deur eksterne oorweging, wat die vrees is vir die verlies van reputasie, eer, wins en vrees vir die wet en verlies van lewe (n. 5990). Van duiwelse geeste wat hoofsaaklik die innerlike van die mens kwel (n. 4793). Van duiwelse geeste wat begeer om die uiterlike van die mens te kwel, dat sulkes in die hel opgesluit word. (n. 2752, 5990).
263.1. Alle nommers in die Woord dui op dinge (n. 482, 487, 647, 648, 755, 813, 1963, 1988, 2075, 2252, 3252, 4264, 6470, 6175, 9488, 9659, 10217, 10253). Gewys vanuit die hemel (n. 4495, 5265). Saamgestelde nommers het dieselfde betekenis as die enkelvoudige nommers waaruit hulle ontstaan deur vermenigvuldiging (n. 5291, 5335, 5708, 7973). Die mees antieke mense het `n hemelse arcana besit wat die nommers uitdruk as `n soort van berekening van die staat van die kerk. (n. 575).
266.1. Die wysheid van die engele, dat dit onverstaanbaar en onuitspreeklik is (n.2795, 2796, 2802, 3314, 3404, 3405, 9094, 9176).
267.1. Sover as wat die mens vorder vanaf die uitwendige na die inwendige dinge, kom hy in die lig, dit is, in intelligensie (n. 6183, 6313). Daar is `n werklike verheffing (n. 7816, 10330). Verheffing van die eksterne na die interne dinge is soos `n verheffing uit die mis binne in die lig (n. 4598). Deurdat die uiterlike dinge in die mens verder verwyder is van die Goddelike is hulle relatief verdof (n. 6451). Net so ook relatief verward (n. 996, 3855). Innerlike dinge is meer perfek omdat hulle nader aan die Goddelike is (n. 5146, 5147). In wat intern is, is daar duisende en duisende dinge wat blyk in wat ekstern is as een algemene ding (n. 5707). Govolglik, soos wat die denke en waarneming meer intern is, is hulle baie duideliker (n. 5920).
267.2. Die sinlike is die uiterlike van `n mens se lewe wat vaskleef en inwoon in sy liggaamlike deel (n. 5077, 5767, 9212, 9216, 9331, 9730). Hy word `n sensuele mens genoem wat alle dinge beoordeel en trek sy gevolgtrekkings vanuit sy liggaamlike sintuie, en glo niks behalwe wat hy sien met sy oë en kan voel met sy hande (n. 5094, 7693). So `n mens dink in die uiterlike, en nie innerlik in homself nie (n.5089, 5094, 6564, 7693). Sy innerlikes is so geslote dat hy niks sien van die geestelike waarheid in dit nie. (n. 6564, 6844, 6845). In kort, hy is in growwe natuurlike lig en sodoende ontvang hy niks wat van die lig van die hemel is nie. (n. 6201, 6310, 6564, 6598, 6612, 6622, 6624, 6844, 6845). Innerlik is hy antagonisties teenoor die dinge van die hemel en die kerk (n. 6201, 6316, 6844, 6845, 6948, 6949). Die geleerdes wat hulleself bevestig het teen die waarheid van die kerk, word so. (n. 6316). Sinlike mense is meer slu en kwaadaardig as ander. (n. 7693,10236). Hulle argumenteer bytend en boosaardig, maar van die liggaamlike geheue, waarin hulle alle intelligensie plaas (n. 195, 196, 5700, 10236). Maar hulle argumenteer vanaf die dwaalbegrippe van hulle sintuie (n. 5084, 6948, 6949, 7693).
269.1. Dit wat in die algemeen regeer of wat dormant is in die mens is in elke besonderheid van sy lewe, dus in elke ding en alle dinge van sy denke en emosie (n. 4459, 5949, 6159, 6571, 7648, 8067, 8853-8858). `n Mens is soos wat sy heersende liefde is (n. 917, 1040, 8858). Geillustreer deur voorbeelde (n. 8854, 8857). Dit wat universeel heers, maak die lewe van die gees van die mens uit (n. 7648), Dit is sy opregte wil, sy opregte liefde, en die einde van sy lewe, want wat `n mens wil sal hy liefhê, en dit wat hy liefhet, het hy as `n einde (n. 1317, 1568, 1571, 1909, 3796, 5949, 6936). Daarom is die mens soos wat sy wil is, of soos sy heersende liefde is, of soos die einde van sy lewe is (n. 1568, 1571, 3570, 4054, 6571, 6935, 6938, 8856, 10076, 10109, 10110, 10284).
270.1. Die hemelse engele weet oneindig baie dinge, en is onmeetbaar wyser as die geestelike engele (n. 2718). Die hemelse engele praat en dink nie uit geloof nie, soos die geestelike engele doen nie, want hulle het vanaf die Meester `n waarneming of gewaarwording van alle dinge waaruit geloof saamgestel is (n. 202, 597, 607, 784, 1121, 1384, 1442, 1898, 1919, 7680, 7877, 8780, 9277, 10336). In die opsig tot die waarhede van geloof sê hulle slegs “Ja, ja, of “Nee, nee”, terwyl die geestelike engele argumenteer daaroor of `n ding waar is of nie, (n. 2715, 3246, 448, 9166, 10786,) waar die Meester se woorde: “Maar laat julle woorde wees: Ja, ja, nee, nee” (Matt. 5:37, verduidelik word)
271.1 Oor die korrespondensie van die oor of gehoor (n. 4652-4660). Die oor korrespondeer met en dui daarom die waarneming en gehoorsaamheid aan (n. 2542, 3869, 4653, 5017, 7216, 8361, 9311, 9397, 10061). Die oor dui op die ontvangs van die waarheid (n. 5471, 5475, 9926). Die korrespondensie van die oog en sy sig (n. 4403-4421, 4523-4534,), waaruit die sig van die oog die intelligensie aandui wat behoort by die geloof. (n. 2701, 4410, 4526, 6923, 9051, 10569).
273.1. Engele is volmaak tot in ewigheid (n. 4803, 6648).
277.1. Die onskuld van kinders is nie ware onskuld nie, maar ware onskuld het sy woning in wysheid (n. 1616, 2305, 2306, 3494, 4563, 4797, 5608, 9301, 10021). Die goeie van die kinderjare is nie die geestelike goeie nie, maar dit word so deur die inplanting van die waarheid (n. 3504). Nietemin, die goeie van die kinderjare is `n medium waardeur intelligensie ingeplant word (n. 1616, 3183, 9301, 10110). Sonder die goeie van die onskuld in die kinderjare sou die mens `n wilde mens gewees het (n. 3494). Wat ookal die denke in die kinderjare opgeneem het, kom natuurlik voor (n. 3494).
278.1. In die Woord dui “klein kindertjies” op onskuld (n. 5068). Net so ook “suigelinge” (n. 3183). `n “Ou man” dui op een wat wys is, en in `n abstrakte vorm, wysheid (n. 3183, 6524). Die mens is so geskep dat as hy na die ou kant neig, hy weer word soos `n kind, en dat onskuld dan in sy wysheid mag wees, en in daardie staat mag hy in die hemel kom om sodoende `n engel te word. (n. 3183, 5608).
280.1. Almal in die innerlike hemel is onskuldiges (n. 154, 2736, 3887). Daarom verskyn hulle aan ander soos kinders (n. 154). Hulle is ook naak (n. 156, 8375, 9960) Naaktheid behoort aan die onskuld (n. 165, 8375). Geeste het `n gebruik om hul onskuld te toon deur hulle klere eenkant te lê en hulleself kaal aan te bied (n. 165, 8375, 9960).
281.1. Elke goeie van die liefde en waarheid van die geloof, om goed en waar te wees moet dit onskuld in dit hê (n.2526, 2780, 3111, 3994, 6013, 7840, 262, 10134). Onskuld is die essensie van die goeie en die ware (n. 2780, 7840). Niemand word in die hemel toegelaat tensy hy nie iets van onskuld besit nie (n. 4797).
281.2. Ware egtelike liefde is onskuld (n. 2736). Egtelike liefde bestaan uit om te wil wat die ander ook wil, dus wederkerig of oor en weer (n. 2731). Hulle wat in egtelike liefde is, woon saam in die mees innerlikste van die lewe. (2732). Daar is `n vereniging van die twee bewussyne, en uit liefde is hulle dus net één (n. 10168, 10169). Ware egtelike liefde ontleen sy oorsprong en sy essensie [esse] van die huwelik van die goeie en die waarheid (n. 2728, 2729). Aangaande engele geeste wat `n waarneming het van die idee van die vereniging van die goeie en die waarheid, of enigiets van die huwelik bestaan (n. 10756). Egtelike liefde is totaal soos die vereniging van die goeie en die waarheid (n. 1904, 2173, 2508, 2729, 3103, 3132, 3155, 3179, 3180, 4358, 5807, 5835, 9206, 9207, 9495, 9637). Daarom beteken die woord “huwelik” in die Woord die huwelik tussen die goeie en die waarheid, soos wat dit in die hemel is en soos wat dit in die kerk sal wees. (3132, 4434, 4835).
282.2. In die Woord beteken “lam” onskuld en sy goeie. (n. 3994, 10132).
283.1. Wat `n mens se eie is, is om homself lief te hê meer as vir die Meester, en die wêreld meer as die hemel, en die naaste beteken vir hom niks in vergelyking met homself, dus is dit `n liefde vir die self en vir die wêreld (n. 649, 731, 4317, 5660). Die boosheid antagoniseer die onskuldige in sy totaal, selfs tot die mate dat hulle nie sy teenwoordigheid kan verduur nie (n. 2126).
286.1. Deur vrede in die hoogste sin word die Meester bedoel, omdat vrede van Hom af is, en in sy interne sin word die hemel bedoel, omdat hulle in `n staat van vrede verkeer (n. 3780, 4618). Vrede in die hemel is die Goddelike innerlike wat met geseëndheid alle dinge asook die goeie en die ware daar affekteer, en hierdie vrede is onverstaanbaar vir die mens (n. 92, 3780, 5662, 8455, 8665). Goddelike vrede is in die goeie, maar nie in die waarheid apart van die goeie nie. (8722).
287.1. Die woord “reuk” dui in die Woord op die waarneming van instemming of nie instemming, ooreenkomstig tot die kwaliteit van die liefde en geloof wat beweer word (n. 3577, 4626, 4628, 4748, 5621, 10292). `n “reukie van rus”, met verwysing na JHWH, beteken `n gewaarwording van vrede (n. 925, 10054). Dit is hoekom wierook, brandoffers en reukwerke in olies en salwe so verteenwoordigend is (n, 929, 4748, 5621, 10177).
287.2. Die “Sabbat” dui in die hoogste sin die vereniging van die Goddelike Homself en die Goddelike Menslikheid in die Meester aan – in die interne sin die vereniging van die Goddelike Menslikheid van die Meester met die hemel en met die kerk - in die algemeen, die vereniging van die goeie en die waarheid, dus die hemelse huwelik (n. 8496, 10356, 10730). Daarom, “rus op die Sabbatdag” dui op die staat van daardie vereniging, omdat die Meester toe rus gehad het, en daarby was daar vrede en verlossing in die hemele en op die aarde; en in `n relatiewe sin dui dit op die vereniging van die Meester met die mens, omdat die mens dan vrede en verlossing het. (n. 8494, 8510, 10360, 10367, 10370, 10374, 10668, 10730)
289.1. Die vereniging van die goeie en die waarheid in `n mens wat wedergebore word, word bewerkstellig in `n staat van vrede. (n. 3696, 8517).
289.2. Die staat van vrede in die hemele is soos `n staat van dagbreek of lente op aarde. (n. 1762, 2780, 5662).
290.1. Die wellus wat ontwikkel in liefde vir die self en vir die wêreld neem die vrede totaal geheel en al weg (n. 3170, 5662). Daar is sommiges wat dink om vrede te vind in rusteloosheid, en sulke dinge is teenstrydig met vrede (n. 5662). Vrede is moontlik slegs wanneer die sinlike lus of wellus van die bose verwyder is. (n. 5662).
292.1. Daar is engele en geeste met elke mens, en deur middel van hulle het die mens kommunikasie met die geestelike wêreld (n. 697, 2796, 2886, 2887, 4047, 4048, 5846-5866, 5976-5993). Die mens wat sonder geeste is wat hom bedien kan nie lewe nie (n. 5993). Die mens word nie deur die geeste gesien nie, en net so word die geeste nie deur die mens gesien nie (n. 5862). Geeste kan niks in ons sonne-wêreld sien nie, behalwe die een met wie hul spreek. (n. 1880).
293.1. Alle vryheid behoort aan die liefde en emosie, want wat `n mens liefhet, dit doen hy vrylik (n. 2870, 3151, 8987, 8990, 9585, 9591). Soos wat vryheid aan `n mens se liefde behoort, so behoort dit aan `n mens se lewe (n. 2873). Niks kom tevoorskyn as `n mens se eie nie, behalwe wat van vryheid is (n. 2880). `n Mens moet vryheid hê sodat hy kan hervorm (n. 1937, 1947, 2876, 2881, 3145, 3146, 3158, 4031, 8700). Andersind kan geen liefde van die goeie en die waarheid in die mens ingeplant word wat skynbaar geskik is as sy eie nie. (n. 2877, 2879, 2880, 2883, 8700). Niks wat van dwang af kom is met die mens verbind nie. (n. 2875, 8700). As `n mens deur dwang hervorm kan word, kan elke mens so hervorm word (n. 2881). Verpligting in hervorming is baie skadelik (n. 4031). Wat die toestand van verpligting is (n. 8392).
296.1. Die verskil tussen die mens en die dier is, dat die mens in staat is om opgerig of verhef te word deur die Meester Homself, om te dink aan die Goddelike, om Hom lief te hê, en daardeur verbind te word aan die Meester, waaruit hulle ewige lewe het; maar dit is anders met diere (n. 4525, 6323, 9231). Diere is in die orde van hul lewe, en is daarvoor gebore in dinge wat geskik is aan hul natuur, maar die mens is nie, daarom moet hy in sy orde gelei word van sy lewe deur intellektuele metodes (n. 637, 5850, 6323). Volgens die algemene invloei val die denke van die mens in spreek en die wil in beweging (n. 5862, 5990, 6192, 6211). Die algemene invloei van die geestelike wêreld in die lewe van diere. (n1663, 3646).
297.1. Daar is `n direkte invloei of instroming van die Meester, en ook bemiddelde invloei deur die geestelike wêreld (n. 6063, 6307, 6472, 9682, 9683). Die Meester se direkte invloed is in die kleinste besonderhede van alle dinge (n. 6058, 6474-6478, 8717, 8728). Die Meester vloei in die eerstes en terselfdertyd in die laaste – op sy eie manier (n. 5147, 5150, 6473, 7004, 7007, 7270). Die Meester se invloei is in die goeie van die mens, en deur die goeie in die waarheid en nie in die teenoorgestelde nie (n. 5482, 5649, 6027, 8685, 8701, 10153). Die lewe wat invloei vanaf die Meester, verskil in ooreenstemming met die status van die mens en in ooreenstemming met die ontvangs daarvan (n. 2069, 5986, 6472, 7343). Met die boosheid verander die goeie wat invloei vanaf die Meester weereens in boosheid en die waarheid in valshede, van ondervinding (n. 3642, 4632). Die goeie en die waarheid wat voortdurend uitvloei vanaf die Meester word ontvang net tot op die mate dat boosheid en falsheid daarvan dit nie verhinder nie (n. 2411, 3142, 3147, 5828).
299.1. Hulle wat geen gewete het nie, weet nie wat gewete is nie (n. 7490, 9121.). Daar is sommiges wat lag oor gewete as hulle hoor wat dit is (n. 2712). Sommiges glo dat gewete niks is nie, sommiges dat dit iets natuurliks is wat treurig en droefgeestig is, wat ontstaan of uit oorsake in die liggaam of uit oorsake in die wêreld, sommiges dat dit iets is wat eenvoudige mense kry vanuit hulle godsdiens (n. 206, 831, 950; [TCR. n. 665]). Daar is `n ware gewete, onegte, en valse gewetes. (n. 1033). Die pyn van die gewete is `n onrus van die denke as gevolg van dit wat onregverdig is, onopreg, en ten laaste boosaardig, wat die mens glo dat dit teen die Goddelike is en teen die goeie van die naaste (n. 7217). Hulle het `n gewete wat lief is vir die Meester en lief vir sy medemens, maar hulle wat nie so is nie, het geen gewete nie. (n. 831, 965, 2308, 7490).
|
|
|
|
|