Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 503

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

489. Maar die genietinge van die lewe van hulle wat in die wêreld gelewe het in hemelse liefde word verander in sulke korresponderende dinge soos wat in die hemele bestaan, wat ontspring uit die son van die hemel en sy lig, daardie lig aangebied om sulke dinge te sien wat Goddelik is wat binne in verborge is. Die dinge wat in daardie lig verskyn, affekteer die innerlikes van die denke van die engele, en terselfdertyd die uiterlikes wat aan hulle liggame behoort, en soos wat die Goddelike lig, wat Goddelike waarheid is vanaf die Meester uitgaan, in hulle denke invloei en oopgemaak word deur hemelse liefde, bied dit uitwendig sulke dinge wat korrespondeer met die genietinge van hulle liefde. Dit is alreeds getoon dat, in die hoofstuk oor verteenwoordigers en verskynsels in die hemel (n. 170-176), en in die hoofstuk oor die wysheid van engele (n. 265-275), dat die dinge wat in die sig van die hemele verskyn, korrespondeer met die innerlikes van die engele, of die dinge wat aan hulle geloof en liefde behoort en dus aan hulle intelligensie en wysheid. [2] Deur alreeds te begin het om hierdie punt vas te stel deur voorbeelde uit ervaringe, en om duideliker te maak wat voorheen gesê is op gronde van die oorsaak van dinge, sal ek kortliks sommige besonderhede aangaande hemelse genotvolle dinge uitlig waarin die natuurlike genietinge van hulle wat in die hemelse liefde in die wêreld geleef het, verander het. Hulle wat Goddelike waarhede en die Woord lief gehad het vanuit `n innerlike emosie, of van `n emosie vir die waarheid homself, leef in die ander lewe in die lig, op verhoogde plekke wat voorkom soos berge, waar hulle pal in die lig van die hemel is. Hulle weet nie wat duisternis is nie, soos die nagte in die wêreld; hulle leef ook in `n lente temperatuur. Vir hulle aanskoue word daar verskeie velde met koring op aangebied en druiwe wingerde, in hul huise gloei alles asof dit van kosbare stene gemaak is, en om deur die venster te kyk, is om deur suiwer kristal te kyk. So is die genietinge van hulle uitsig, maar hierdie selfde dinge is innerlik genotvol omdat dit korrespondensies is van die Goddelike hemelse dinge, want die waarheid van die Woord wat hulle lief gehad het, korrespondeer met velde van graan, druiwe wingerde, kosbare gesteentes, vensters, en kristalle. 489.1 [3] Hulle wat die doktrines van die kerk wat van die Woord was, onmiddelik op hulle lewens toegepas het, is in die innerlike hemel, en oortref al die ander in die genietinge van die wysheid. In elke voorwerp sien hulle wat Goddelik is, die voorwerpe sien hulle inderdaad met die oë, maar deur korrespondensie vloei Goddelike dinge onmiddelike in hulle denke en vervul hulle met `n geseëndheid wat al hulle sintuie affekteer. Dus, voor hulle oë lyk dit asof alle dinge lag, te speel, en te lewe (sien bo, n. 270). [4] Hulle wat kennis lief gehad het en wat daarby hulle rasionele aanlegte gekultiveer het en so intelligensie bekom het, en terselfdertyd kennis het van die Goddelike – hulle het in die ander lewe hulle plesiere in kennis, en hulle rasionele genot verander in geestelike genot, wat die genot is van om te weet wat die goeie en die waarheid is. Hulle bly in tuine waar blomme-beddings en gras te sien is wat pragtig gerangskik is, met rye bome rondom dit met wandellane, die bome en blomme verander van dag tot dag. Die totale gesigsveld of uitsig verleen genot aan hul denke op `n algemene manier, en die variasies in besonderhede hernu die genot gedurigdeur, en siende dat alles daar korrespondeer met iets Goddeliks, en hulle is bedrewe in die kennis van korrespondensies, word hulle deurlopend vervul met nuwe kennis, en deur dit word hulle geestelike rasionele aanlegte volmaakter gemaak. Hulle genietinge is so omdat blomme-beddings, grasperke, en bome, korrespondeer met die wetenskappe, kennis, en die gevolglike intelligensie. 489.2 [5] Hulle wat alle dinge aan die Goddelike toegeskryf het, betreffende die natuur wat relatief dood is en bloot diensbaar aan dinge geestelik, en wat hulle in hierdie sienning bevestig het, is in die hemelse lig, en alle dinge wat voor hulle aangesig verskyn, word deur daardie lig deurskynend gemaak, en in daardie deursigtigheid vertoon dit in ontelbare veelkleurigheid van lig, waar hul interne sig dit as’t ware direk inneem, en hiervan ervaar hulle innerlike genietinge. Die dinge wat in hulle huise gesien word is asof dit gemaak is van diamante, met dieselfde veelkleurigheid van lig, wat hulle interne sig opneem asof dit direk is, en hiervan ervaar hulle innerlike genietinge. Die dinge wat in hulle huise gesien word is asof dit gemaak is van diamante, met dieselfde veelkleurigheid van lig. Die mure van hulle huise is, soos alreeds gesê, van kristal en dus ook deursigtig, en in dit vloei vorms van verteenwoordigers van hemelse dinge in `n ononderbroke verskeidenheid, en dit alles omdat so `n deursigtigheid korrespondeer met die intelligensie wanneer dit verlig is deur die Meester en wanneer die skaduwees wat oprys in `n geloof en liefde vir natuurlike dinge verwyder is. Met verwysing na sulke dinge en oneindig baie ander, word dit deur hulle gesê wat in die hemel was, dat hulle met die oë gesien het wat baie ander nie gesien het nie, en van `n gewaarwording van Goddelike dinge kommunikeer na hulle deur hulle wat daar is, dat hulle gehoor het wat ander ore nog nooit gehoor het nie. [6] Hulle wat nie op geheime maniere opgetree het nie, maar wat gewillig was om alles wat hulle gedink het, bekend te maak so ver as wat die burgerlike lewe dit toelaat, omdat hulle gedagtes alles in ooreenstemming was met wat eerlik, reg en regverdig was vanaf die Goddelike – in die hemel het hulle gesigte vol van lig, en in daardie lig word die kleinste emosie en gedagte in die gesig gesien soos wat dit in sy vorm is, en in hulle spraak en aksies is hulle soos ewebeelde van hulle emosies. Hulle is daarom, meer geliefd as ander. Terwyl hulle praat word die gesig ietwat dowwer, maar sodra hulle gepraat het, sal die dinge wat hulle gesê het alles dadelik in die gesig duidelik word. En soos wat al die voorwerpe wat rondom hulle bestaan korrespondeer met hulle innerlikes, neem hulle dan so `n voorkoms aan dat ander duidelik kan ervaar wat hulle verteenwoordig en voorstel. Geeste wat genot vind in skelm ongeoorloofde handelinge, vlug van hulle af weg as hulle hul op `n afstand sien, en kom vir hulleself voor asof hulle van hulle af wegseil soos slange. [7] Hulle wat owerspel en ontug pleeg, word beskou as gruwelik en walglik, en wat in `n kuis liefde in die huwelik lewe is, is meer as die ander in die orde en vorm van die hemel, en daarom in alle skoonheid, en gaan onophoudelik voort in hul blomtyd van die jeug. Die genietinge van hul liefde is onuitspreeklik, en vergroot tot in alle ewigheid, want al die genot en heerlikhede van die hemel vloei in daardie liefde, want daardie liefde daal af vanaf die vereniging van die Meester met die hemel en met die kerk, en in die algemeen van die vereniging van die goeie en die waarheid, wat die samesmelting van die hemele self in die algemeen is, en met elke engel in die algemeen (sien bo, n. 366-386). Wat hulle uiterlike genietinge is, is dit onmoontlik om dit in woorde te beskryf. Hierdie is maar net `n paar van die dinge wat aan my vertel is aangaande die korrespondensies van die genietinge van hulle wat in hemelse liefde is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205