Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 257

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

Voetnotas 201.1 Die vorm van die hemel is `n vorm wat in ooreenstemming is met die Goddelike orde. (n. 4040-4043, 6607, 9877). 202.1. Goddelike waarhede is die wette van orde (n. 2447, 7995). Die mens is `n mens tot die mate wat hy lewe in ooreenstemming met die orde, dit is, tot die mate wat hy in die goeie is in ooreenstemming met die Goddelike waarhede (n. 4839, 6605, 6626). Alle dinge van die Goddelike orde is saamgevat in die mens en hy is van sy kepping af Goddelike orde in `n vorm (n. 4219, 4220, 4222, 4223, 4523, 4524, 5114, 6013, 6057, 6605, 6626, 10156, 10472). Die mens is nie gebore in die goeie en die waarheid nie, maar in boosheid en in valsheid, dit is, in die teenoorgestelde van die Goddelike orde, en gevolglik in suiwer onkunde; en vir hierdie rede is dit nodig dat hy weer hergebore word (wedergeboorte), wat bewerk word deur middel van Goddelike waarhede vanaf die Meester, dat hy in die orde ingelyf mag word (n. 1047, 2307, 2308, 3518, 3812, 8480, 8550, 10283, 10284, 10286, 10731). Wanneer die Meester `n mens opnuut vorm, dit is, die wedergeboorte, organiseer Hy alle dinge in hom in ooreenstemming met die orde, wat beteken, in die vorm van die hemel ( n. 5700, 6690, 9931, 10303). 203.1 Elke een in die hemel het kommunikasie met die lewe, wat genoem kan word sy uitbreiding in die engele gemeenskappe oral oor, in ooreenstemming met die hoeveelheid en kwaliteit van sy goeie (n. 8794, 8797). Gedagtes en emosie het so `n uitbreiding (n. 2470, 6598-6613). Hulle word verenig en geskei in ooreenstemming met die heersende emosie (n. 4111). 203.2 Daar is slegs een Lewe, waaruit almal, beide in die hemel en in die wêreld lewe (n. 1954, 2021, 2536, 2658, 2886-2889, 3001, 3484, 3742, 5847, 6467). Daardie lewe is van die Meester uit die hoogte (n. 2886-2889, 3344, 3484, 4319, 4320, 4524, 4882, 5986, 6325, 6468-6470, 10196). Dit vloei in engele, geeste en die mens, op `n wonderbaarlike manier (n. 2886-2889, 3337, 3338, 3484, 3742). Die Meester vloei in uit Sy Goddelike liefde, wat so is dat wat jou eie is, wil jy ook hê dat dit die ander een s’n ook moet wees (n. 3472, 4320). Om hierdie rede blyk dit dat die lewe ín die mens is (n. 3742, 4302). Van die vreugde van die engele, waargeneem en bevestig deur wat hulle aan my vertel het, omdat hulle nie uit hulleself lewe nie, maar uit die Meester (n. 6469). Die bose is onwillig om oortuig te word dat die lewe invloei (n. 3743). Lewe uit die Meester vloei ook in die bose (n. 2706, 3743, 4417, 10196). Maar hulle verander die goeie na die bose, en waarheid in falshede, want soos wat `n mens is, so is sy ontvangs van die lewe (n. 4319, 4320, 4417). 204.1. Gedagtes stort homself uit in die gemeenskappe van geeste en van engele oral om (n. 6600-6605) Maar dit roer of versteur nie die gedagtes van die gemeenskappe nie (n. 6601, 6603). 205.1. Die goeie herken sy waarheid, en die waarheid is goed (n. 2429, 3101, 3102, 3161, 3179, 3180, 4358, 5704, 5835, 9637). Op hierdie manier is die goeie en die waarheid saamgesmelt (n. 3834, 4096, 4097, 4301, 4345, 4353, 4364, 4368, 5365, 7623-7627, 7752-7762, 8530, 9258, 10555). Dit word geaffekteer deur die invloei vanaf die hemel (n. 9079). 208.1. Daar is `n direkte invloei vanaf die Meester en invloei deur bemiddeling reg deur die hemel (n. 6063, 6307, 6472, 9682, 9683). Daar is `n direkte invloei van die Meester in elke kleinste deeltjie van alle dinge (n. 6058, 6474-6478, 8717, 8728). Oor die bemiddelde invloei van die Meester deur die hemele (n. 4067, 6982, 6985, 6996). 214.1. Die hemelse engele dink en praat nie uit waarhede, soos wat die ander engele en geeste doen nie, omdat hulle alreeds `n waarneming vanuit die Meester van alle dinge van die waarheid het. (n. 202, 597, 607, 784, 1121, 1384, 1398, 1442, 1919, 7680, 7877, 8780, 9277, 10336). In die opsig van waarhede sê die hemelse engele “Ja, ja, nee, nee, maar die geestelike engele sal daaroor argumenteer of dit waar is of nie (n. 2715, 3246, 4448, 9166, 10786) (Matt. 5:37) 215.1. Hulle in die geestelike koninkryk is in die waarhede, en hulle in die hemelse koninkryk is in die goeie van die liefde tot die naaste, en hierdie goeie is in essensie die waarheid (n. 8042, 10296). 215.2. In die Woord word bevestig dat “Regverdigheid en Geregtigheid” van die goeie is, en “Reg” is van die waarheid, daarom, om reg en geregtigheid te doen, beteken die goeie en die ware. (2235, 9857). “Groot reg en geregtigheid” beteken die wet van die Goddelike orde, dus Goddelike waarhede. (n. 7206). 216.1. Deur “Dawid” in die profetiese dele van die Woord word die Meester bedoel (n. 1888, 9954). 216.2. In die Woord beteken “Sion” die kerk, en veral die hemelse kerk (n. 2362, 9055). 217.1. Elke mens en elke gemeenskap, ook jou land en kerk en in die unuversele sin die koninkryk van die Meester, is `n naaste, en om goed aan hulle te doen uit liefde van die goeie in ooreenstemming met hulle staat is om jou naaste lief te hê, dit is, die naaste is die goeie van hierdie dinge, wat die algemene goeie is wat in aanmerking geneem moet word (n. 6818-6824, 8123). Burgerlike goeie ook, wat geregtigheid is, is ook `n naaste (n. 2915, 4730, 8120-8123). Daarom, naasteliefde teenoor jou naaste brei homself uit na alle dinge en elke ding van die lewe van die mens, en om die goeie lief te hê en om goed te doen uit liefde vir die goeie en die waarheid, en ook om te doen wat reg en regverdig is uit die liefde vir wat reg en regverdig is in elke funksie en elke werk, is om die naaste lief te hê (n. 2417, 8121-8124). 220.1. Daar is twee soorte reëls, een van liefde teenoor jou naaste, en die ander een die liefde vir jouself (n. 10814). Van die reël wat van die liefde vir die naaste is, vloei al die goeie en alle geluksaligheid (n. 10160, 10814). In die hemel is daar niemand wat `n begeerte het om te heers uit liefde vir homself nie, maar begeer om te dien, wat beteken om te regeer uit liefde vir die naaste, en dit is die bron van hul groot krag (n. 5732). Vanuit die heers uit liefde vir die self vloei alle boosheid in. (n. 10038). Wanneer die liefdes vir die self en die wêreld die oorhand begin kry, is die mens genoodsaak om hulleself onderdanig te maak aan regerings as `n metode van sekuriteit (n. 7364, 10160, 10814,) 221.1. Die intelligensie is `n ontvanger of houer van die waarheid, en die wil van die goeie (n. 3623, 6125, 7503, 9300, 9930). Soos wat alle dinge `n verhouding het tot die waarheid en die goeie, so het elke ding van `n mens se lewe `n verhouding tot die intelligensie en die wil (n. 803, 10122). Engele is perfek tot in alle ewigheid. (n. 4803, 6648). 223.1. “Klip” dui op waarhede (n. 114, 643, 1298, 3720, 6426, 8609, 10376). “Hout” dui op die goeie (n. 643, 3720, 8354). Om hierdie rede het die mees antieke volkere, wat in die hemelse goeie was, heilige geboue gehad wat uit hout gebou was. (n. 3720). 225.1. Om die Meester en die naaste lief te hê is om te leef in ooreenstemming met die Meester se gebooie (n. 10143, 10153, 10310, 10578, 10645, 10683). 226.1. Priesters verteenwoordig die Meester ten opsigte van die Goddelike goeie, konings ten opsigte van Goddelike waarheid (n. 2015, 6148). Daarom. In die Woord dui “priester” daardie aan wat in die goeie van die liefde van die Meester is, en die priesterskap dui op daardie goeie. (n. 9806, 9809). `n “Koning” in die Woord beteken daardie wie in die Goddelike waarheid is, en daarom sal koningskap die waarheid van die goeie voorstel (n. 1672, 2015, 2069, 4575, 4581, 4966, 5044). 231.1. Engele word kragte genoem en is kragte vanuit hulle ontvangste van die Goddelike waarheid van die Meester (n. 9639). Engele is ontvangers van Goddelike waarhede vanuit die Meester en op grond hiervan word hulle somtyds in die Woord “gode” genoem. (n. 4295, 4402, 7268, 7873, 8192, 8301, 9160). 231.2. `n Mens of `n engel is sy eie goeie en sy eie waarheid, dus sy eie liefde en sy eie geloof (n. 10298, 10367). Hy is sy eie intelligensie en sy eie wil, want alles uit die lewe is daaruit; die lewe uit die goeie is uit die wil, en die lewe van die waarheid is van die intelligense. (n. 10076, 10177, 10284). 231.3. Die korrespondensie van die hande, arms, en skouers met die Grootste Mens van die hemel (n. 4931-4937). In die Woord beteken “arms” en “hande” kragte. (878, 3098, 4933, 6947, 10019). 232.1. Alle kragte in die hemel is die kragte van die waarheid van die goeie, dus geloof van die liefdes (n. 3091, 3563, 6423, 8304, 9643, 10019, 10182). Alle kragte is van die Meester, omdat van Hom af is elke waarheid van die geloof en elke goeie van die liefde, (n.9327, 9410). Hierde die kragte word bedoel deur die sleutels wat aan Petrus gegee was (n. 6344). Dit is die Goddelike waarheid wat vanaf die Meester uitgaan wat al die krag het. (n. 6948, 8200). Hierdie krag van die Meester is wat bedoel word deur “te sit aan die regterhand van JHWH” (n. 3387, 4592, 4933, 7518, 7673, 8281, 9133). Die regterhand beteken krag (n.10019). 232.2. Die oë korrespondeer met die waarheid van die goeie (n. 4403-4421, 4523-4534, 6923). 233.1. Falsheid uit die bose het geen krag nie, omdat die waarheid uit die goeie alle krag het. (n. 6784, 10481). 235.1. In die hemele is daar asemhaling, maar dit is van `n innerlike soort (n. 3884, 3885). Uit ervaring (n. 3884, 3885, 3891, 3893). Daar is verskillende soorte asemhaling, en verskil in ooreenstemming met hulle status (n. 1119, 3886, 3887, 3889, 3892, 3893). Die bose is nie in staat om in die hemel asem te haal nie, en hulle versmoor as hulle daarheen sou gaan (n. 3894). 239.1. Die idees van engele, waaruit hulle spreek, word uitgedruk deur wonderbaarlike veelkleurigheid van die lig van die hemel (n. 1646, 3343, 3993). 240.1 Engele kan in `n oomblik hulleself uitspreek meer as wat `n mens kan uitspreek in `n half uur, en hulle kan ook dinge uitspreek wat nie binne die mens se spraak val nie. (n. 1641-1643, 1645, 4609, 7087). 240.2. Die ontelbare dinge wat in een idee van die denke bevat is (n. 1008, 1869, 4946, 6613-6618). Die idees van `n mens se denke word in die ander lewe oopgemaak, en wat dit is word aangebied tot die lewe om te sien (n. 1869, 3310, 5510). Wat hulle voorkoms is (6601, 8885). Die idees van die engele van die innerlike hemel bied `n voorkoms aan van `n vlammende lig (n. 6615). Die idees van die engele van die uiterlike hemel bied `n voorkoms aan van dun wit wolke (n. 6614). `n Engele idee word gesien as `n uitstraling na die Meester (n. 6620). Idees van denke brei hulleself wyd uit in die gemeenskappe van engele oral om (n. 6598-6613). 242.1. In engele spraak is daar `n harmonieuese ritme (n. 1648, 1649, 7191). 243.1. Daar is geestelike of engele spraak wat aan die mens behoort, maar hy weet dit nie (n. 4104). Die idees van die innerlike mens is geestelik, maar gedurende sy lewe in die wêreld ontvang hy dit natuurlik, omdat hy dan nog dink in die natuurlike (n. 10236, 10237, 10551). Na die dood kom die mens in sy innerlike idees (n. 3226, 3342, 3343, 10568, 10604). Daardie idees vorm dan sy spraak (n. 2470-2479). 249.1. Die mens is in staat om met geeste en engele te praat; en die antieke mense het dikwels met hulle gepraat (n. 67-69, 784, 1634, 1636, 7802). Op sommige aardes verskyn engele en geeste aan die inwoners en praat met hulle (n. 10751, 10752). Maar op hierdie aarde en in hierdie tyd is dit absoluut gevaarlik om met geeste te praat, tensy die mens in die ware geloof is, en gelei word deur die Meester (n. 784, 9438, 10751).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205