Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 280

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

270. Die wysheid van die engele van die derde of die mees innerlikste hemel sal nou bespreek word, en ook hoe ver dit die wysheid van die engele van die buitenste of eerste hemel oortref. Die wysheid van die engele in die derde of innerlikste hemel is onverstaanbaar, selfs vir hulle in die uiterlike hemel, vir die rede dat die innerlikes van die engele van die derde hemel oopgemaak is tot op die derde graad, terwyl die engele van die eerste hemel se innerlike oopgemaak is tot die eerste graad, en alle wysheid verhoog teenoor innerlikes en word perfek gemaak soos wat dit oopgemaak word (n. 208, 267). [2] Omdat die innerlikes van die engele van die derde of mees innerlike hemel oopgemaak is tot die derde graad, word Goddelike waarhede as’t ware op hulle ingeskryf, want die innerlikes van die derde graad is meer in die vorm van die hemel as die innerlikes van die tweede of eerste grade, en die vorm van die hemel is van die Goddelike waarheid, dus in ooreenstemming met die Goddelike wysheid, en dit is waarom die waarheid as’t ware ingegrafeer is op hierdie engele, of dit is as’t ware instinktief of ingebore in hulle. Daarom, so gou as wat hierdie engele onvervalste Goddelike waarhede hoor, sal hulle dit onmiddelik herken en dit waarneem in hulle, en agterna sien asof dit innerlik in hulle is. As die engele van die hemel so is, sal hulle nooit argumenteer oor Goddelike waarhede nie, nog minder is daar `n despuut oor enige waarheid of dit so is of nie, ook weet hulle nie wat dit is om te glo of om geloof te hê nie. Hulle sê; “Wat is geloof? Want ek sien en ontvang dat `n ding so is”. Dit illustreer hulle deur vergelykinge, as voorbeeld, dit sal wees soos enigeen wat saam met `n metgesel stap, en hy sien `n huis en die verskillende dinge in en rondom dit, en sal dan aan sy metgesel sê jy behoort te glo dat hierdie dinge bestaan en dat hulle so is soos ek hulle sien; of hy sien `n tuin en bome en vrugte daaraan, dan sal hy aan sy metgesel sê hy behoort geloof te hê dat daar `n tuin met bome en vrugte is, terwyl hy dit duidelik met sy eie oë sien. Vir hierdie rede sal die engele nooit ‘geloof’ noem nie, en het nie `n idee wat dit is nie, ook argumenteer hulle ook nie oor Goddelike waarhede nie, en nog minder is daar `n despuut oor enige waarheid, of dit so is of nie. 270.1 [3] Maar die engele van die eerste of heel buitenste hemel het nie Goddelike waarhede wat ingeskryf is in hulle innerlike nie, omdat slegs die eerste graad van lewe by hulle geopen is, daarom argumenteer hulle nog oor waarhede, en hulle wat argumenteer sien ongeveer niks behalwe die feit van die inhoud waaroor hulle argumenteer, of gaan nie verder of dieper in die onderwerp om dit te bevestig deur sekere oorwegings, en het hulle dit bevestig, sê hulle dan is dit `n saak van geloof en moet geglo word. [4] Ek het met die engele hieroor gepraat, en hulle sê die verskil tussen die wysheid van die engele van die derde hemel en die wysheid van die engele van die eerste hemel is soos dit wat glashelder is en dit wat verdof is; en die engele van die derde hemel vergelyk hulle met `n pragtige paleis vol van allerhande dinge vir hulle gebruik, omring van alle kante deur parke, met wonderbaarlike dinge van allerhande soorte, en hulle wandel in die parke in elke rigting en het `n genot in alles. Maar dit is nie so met hulle wat argumenteer oor waarhede nie, spesiaal met hulle wat `n dispuut daaroor het, en hulle sien nie die waarheid vanuit die lig van die waarheid nie, maar aanvaar waarhede vanaf ander of van die sin van die letter van die Woord, wat hulle nie in sy innerlike verstaan nie, en verklaar dat waarhede geglo moet word, of dat elkeen geloof moet hê, en is nie gewillig om enige innerlike sig toegelaat te hê in hierdie dinge nie. Die engele sê dat sulke engele onbekwaam is om die eerste trappie van die paleis van wysheid te bereik, nog minder om daar in te gaan om te wandel op sy gronde, want hulle stop voor die eerste trappie. Dit is nie so met hulle wat self in die waarheid is nie, niks hinder hulle om verder aan te gaan en vordering te maak sonder enige beperking nie, want die waarheid wat hulle sien lei hulle oral net waar hulle gaan, en in wye velde, want elke waarheid het onbeperkte uitbreiding en is in verbinding met menigvuldige ander dinge. [5] Verder sê hulle dat die wysheid van die engele van die innerlike hemel bestaan hoofsaaklik uit dit: dat hulle sien die Goddelike en heilige dinge in elke enkele ding of objek, en wonderbaarlike dinge in `n reeks van baie dinge of objekte, want elke ding wat voor hulle oë verskyn is `n korrespondent, soos wanneer hulle paleise en tuine sien, is hulle sig nie gerig op die dinge wat voor hulle oë is nie, maar hulle sien die innerlike dinge waaruit dit tevoorskyn kom, dit is, waarmee hulle korrespondeer, en dit met al die verskeidenheid in ooreenstemming met die aspek van hierdie voorwerpe; dus sien hulle ontelbare dinge op dieselfde tyd in hulle orde en verbinding; en dit maak hulle denke so vol van heerlikhede dat dit lyk asof hulle heeltemal van hulleself af weggevoer word. Dat alle dinge wat in die hemel gesien word korrespondeer met die Goddelike dinge wat in die engele is vanuit die Meester, kan hierbo gesien word (n. 170-176).

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205