Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 602

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

587. As vir die posisies van die helle in sy besonderhede, is dit iets totaal onbekend aan die engele in die hemel, dit is bekend aan die Meester alleen. Maar hulle posisies is in die algemeen bekend vanaf die kwartiere waarin hulle is. Want die helle, soos die hemele, word onderskei deur hulle kwartiere, en in die geestelike wêreld word die kwartiere bepaal in ooreenstemming met die liefdes, want in die hemel begin al die kwartiere vanaf die Meester as die son, wat in die Ooste is, en siende dat die hel die teenoorgestelde van die hemele is, begin hulle kwartiere in die teenoorgestelde punt, dit is die weste ( Sien hieroor die hoofstuk oor die vier kwartiere in die hemel, n. 141-153). [2] Vir hierdie rede is die helle in die westelike kwartiere die slegste van almal, en die mees afskuwelikste, en word graadsgewys nog slegter en meer afskuwelik hoe verder hulle van die ooste is. In die westeliker helle is daardie wat in die wêreld verlief was op die self, en gevolglik veragting van ander, en in vyandskap met hulle wat hulle nie begunstig nie, ook in haat en wraak teenoor hulle wat nie die nodige respek en eerbetoon aan hulle betoon nie. In die mees afgeleë helle in daardie kwartier is hulle wat aan die Rooms Katolieke geloof behoort het, sogenaamd, en wat geëis het om as gode aanbid te word, en gevolglik gebrand het van haat en wraak teenoor almal wat nie hulle mag erken het oor die siele van die mense en oor die hemel nie. Hulle gaan aan om dieselde geaardheid te hê, dit is, dieselfde haat en wraak teenoor hulle wat hulle opponeer, as wat hulle in die wêreld gehad het. Hulle grootste genot is om wreedhede toe te pas, maar in die ander lewe word hierdie genot teen hulself gedraai, want in hulle helle, waarvan die westelike kwartier mee gevul is, tier hy teen enigeen wat sy goddelike mag kleineer of te kort doen. (maar meer sal gesê word aangaande hierdie in die verhandeling in die “Die Laaste Oordeel” en “Die Verwoesting van Babilon”.) [3] Nietemin, niemand kan weet hoe die helle in daardie kwartier gerangskik is nie, behalwe dat die mees skrikwekkendste helle van daardie soort aan die kante teenoor die noordelike kwartier geleë is, en die minder skrikwekkendes teenoor die suidelike kwartier, dus die skrikwekkenheid van die helle neem af vanaf die noordelike kwartier na die suidelike, en so ook met grade na die ooste toe. Teenoor die ooste is die blyplek van die hoogmoediges, wat nie in die Goddelike geglo het nie, en wat tog nie in sulke haat en wraak was, of in sulke misleiding, soos hulle wat in `n groter diepte van die westelike kwartiere is nie. [4] In die oostelike kwartier is daar op die huidige oomblik geen helle nie, hulle wat daar was, was oorgeplaas na die westelike kwartiere in die voorkant. In die noordelike en suidelike kwartiere is daar baie helle; en in hulle is daardie wat, terwyl hulle in die wêreld was, verlief was op die wêreld, en in verskeie booshede daarvan, soos vyandskap, diefstal, rowery, sluheid, gierigheid, en onbarmhartigheid. Die skrikwekkendste helle van hierdie soort is in die noordelike kwartiere, die sagter of gematigder in die suide. Hulle skrikwekendheid vergroot met grade soos wat hulle nader kom aan die westelike kwartiere, en ook soos wat hulle verder weg is van die suidelike kwartiere, en verminder na die oostelike kwartiere en na die suidelike kwartiere. Agter die helle in die suidelike kwartiere is daar donker woude, waarin boosaardige geeste rondswerf soos wilde diere, en dit is dieselfde agter die helle in die noordelike kwariere. Maar agter die helle in die suidelike kwartiere is daar woestyne, wat nou net hierbo beskryf is. Dit tot sover wat die situasie van die helle betref.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205