Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 268

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

(Die verhandeling oor Die Wit Perd kom nie voor in Swedenborg se Hemel en Hel nie, maar aangesien hy hierbo melding maak daarvan en daarop wys hoe die inwendige sin van die Woord daaruit sien, het vertaler dit goed gedink om hierdie verhandeling hier in te voeg om dit vir u makliker te maak en nie nodig is om daarna te gaan soek nie) Oor die Wit Perd Waarvan gespreek word in Openbaring hoofstuk 19 1. In die Openbaring van Johannes word die Woord, wat sy geestelike of inwendige sin betref, so beskrywe: “Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was `n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En Sy oë was soos `n vuurvlam, en op Sy hoof was baie krone; en Hy het `n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hyself. En Hy was bekleed met `n kleed wat in bloed gedoop was, en Sy Naam is: Die Woord van God. En die leërs van die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne…En Hy dra op Sy kleed en op Sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die Konings en die Here van die here.” (Openbaring 19:11,12,13,14,16). Wat elkeen van hierdie dinge inhou kan niemand weet as alleen deur die inwendige sin nie. Dit is duidelik dat elke uitdrukking, sonder uitsondering, iets verteenwoordig of beteken naamlik die hemel wat geopen was; die perd wat wit was; dat Hy wat daarop sit, in geregtigheid oordeel en oorlog voer; dat Sy oë soos `n vlam van vuur was en dat op Sy hoof baie krone was; dat Hy `n naam het wat niemand ken nie as slegs Hyself; dat Hy geklee was met `n kleed in bloed geverf; dat die leërs van die hemel Hom volg op wit perde; dat hulle geklee was met `n rein fyn linnegewaad; en dat hy op Sy kleed en op Sy dybeen `n naam geskrywe het. Daar word duidelik gesê dat dit die Woord is; want daar staan: “Sy naam word genoem die Woord van God” en vervolgens: “Hy het op Sy kleed en op sy heup hierdie naam geskrywe: Koning van die Konings en Heer oor die here.” Uit die verklaring van elke woord word dit duidelik, dat hier die Woord na die geestelike of inwendige sin beskrywe word. Dat die hemel geopen is, stel voor en beteken, dat die innerlike sin van die Woord in die hemel gesien word, en ook deur diegene in die wêreld vir wie die hemel geopen is. “Die perd wat wit was” stel voor en beteken, die verstaan van die Woord wat sy inwendige dinge aangaan. Dat die wit perd hierdie betekenis het, mag blyk uit dit wat volg. Dat die Een wat daarop sit, die Meester is met betrekking tot die Woord, is duidelik, want daar word gesê: “Sy Naam word genoem die Woord van God.” Hy word genoem “getrou en oordeel in geregtigheid”, deur die goeie. “Waaragtig en in geregtigheid strydend” beteken: Deur die ware, want die Meester is die Geregtigheid Self. “Sy oë soos `n vlam van vuur” beteken die Goddelike Ware uit die Goddelike Goeie van Sy Goddelike Liefde. “Die baie krone op Sy hoof” beteken alle goedhede en waarhede van die geloof. “Dat Hy `n naam het wat niemand ken nie as net Hyself” beteken: Dat die Woord sodanig is in die innerlike sin, dat niemand sien as Hyself en hulle aan wie Hy dit openbaar. “Geklee met `n kleed in bloed gedoop” beteken: Die Woord volgens die letter, waaraan geweld aangedoen is. “Die leërs in die hemel, wat Hom volg op wit perde” beteken hulle wat in die verstand is van die Woord na die inwendige sin. “Beklee met wit en rein, fyn linne” beteken hulle was in die ware en die goeie. “Op Sy kleed en op Sy heup `n naam geskrywe” beteken: Die ware en die goeie en hul goedheid. Hieruit en uit dit wat vooraf gaan en sal volg, blyk, dat hier voorspel word, dat omstreeks die laaste tyd van die kerk die geestelike of inwendige sin van die Woord ontsluit sal word. Wat dan sal gebeur word daar ewe-eens beskrywe in verse 17 tot 21. Dat dit deur die woorde aangedui word, hoef hier nie aangetoon te word nie, omdat al die gebeure in die werk “Hemelse Verborgenhede” (*r) verduidelik word. Uit die plekke blyk, hoedanig die Woord is in die geestelike of inwendige sin, en dat daarin geen enkele woord is, wat nie iets geesteliks beteken nie, dit is, iets van die hemel of van die kerk. 2 In die profetiese boeke van die Woord word dikwels van ‘Perd’ gespreek, maar tot nou toe het mens nie geweet, dat die Perd die verstand beteken en die ruiter die verstandige mens. Miskien kom dit omdat dit vreemd skyn, dat deur die Perd so iets aangedui sou word. Maar dat dit tog so is, kan uit baie plekke in die Woord bevestig word, waarvan ek hier enkele sal aanhaal. In die profesie van Israel oor Dan lees mens: “Laat Dan `n slang wees op die weg, `n horingslang op die pad, wat die perd aan die hakskene byt, sodat sy ruiter agteroor val. (Gen. 49:17). Wat hierdie profesie oor `n stam van Israel beteken, sal niemand begryp indien hy nie weet wat die slang beteken nie, en verder wat die perd en die ruiter beteken nie. Elkeen word daarom gewaar dat dit iets geesteliks is wat hierin opgeslote lê. (Wat al die afsonderlike dinge beteken, sien mens in die Hemelse Verborgenhede n. 6395, 6399, 6400, 6401). In die boek Hábakuk: “…Of geld U grimmigheid die see dat U ry met U perde, U oorwinningswaens? U betree die see met U perde, `n hoop magtige waters.” (Hab. 3:8,15). Dat die perde hier iets geesteliks beteken is duidelik, omdat dit van God gesê word. Wat sou dit anders wees, dat God op Sy perde ry en dat Hy Sy perde in die see laat loop. In die boek Sagaría: “In dié dag, spreek JHWH, sal Ek al die perde met verwarring slaan, en die ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek My oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan.” (Sag. 12:4). Hier word gehandel oor die verwoesting van die kerk, wat plaasvind wanneer daar geen verstand (verstaan) van die ware meer is nie. Dit word so beskrywe deur `n perd en die ruiter. Wat sou dit anders kan beteken, as dat elkeen met stompsinnigheid geslaan sal word, en dat die perde van die volkere met blindheid geslaan sou word? Wat het dit te doen met die kerk? In die boek Job: “Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand (verstaan) nie. Wanner sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.” (Job. 39:20,21).. Dat hier deur die perd die verstaan van die Woord aangedui word, is duidelik. Netso in Dawid waar daar gespreek word van: “Ry voorspoedig ter wille van die waarheid.” (Psalm 45:5). Verder nog op baie ander plekke. Wie sou verder kan weet hoe dit kom, dat Elia en Elisa die waens van Israel en sy ruiters genoem word. En waarom deur die dienskneg van Elisa die berg gesien word vol van vurige perde en waens, wanneer hy nie weet wat die waens en die perde beteken, en wat Elia en Elisa voorgestel het? Want Elisa sê aan Elia: “My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!” (2 Kon. 2:11,12). En Joas die koning van Israel sê aan Elisa: “My vader, my vader! Wa van Israel en sy ruiters.” (2 Kon. 13:14). En oor die dienskneg van Elisa: “En JHWH open die oë van die dienskneg, dat hy sien, en sien, die berg was vol vurige perde en waens rondom Elisa.” (2 Kon. 6:17). Dat Elia en Elisa “waens van Israel en sy ruiters” genoem word, is omdat hulle beide die Meester voorstel, wat die Woord betref, en omdat deur waens die leer uit die Woord aangedui word, en deur die perde die verstand (verstaan) daarvan. (*s). 3 Dat die perd die verstand beteken, kom deur niks anders as deur die voorstellende dinge in die geestelike wêreld. Dikwels verskyn daar perde en ruiters en ook waens, en almal daar weet dat die dinge iets van die verstand en van die leer beteken. Ek het dikwels gesien, wanneer enigeen daar uit sy verstand nadink, dat hulle verskyn as ryende op perde; so vertoon die oordenking hom vir ander, sonder dat hy dit self weet. Daar is ook `n plek waar baie saam kom wat uit die verstand dink, en oor die waarhede van die leer spreek. Wanneer ander daar kom, sien hulle die gehele vlakte vol met perde en waens. Nuwelinge wat verwonderd vra hoekom dit so is, word onderrig, dat die verskyning voorkom uit die verstandelike denke van diegene wat daar is. Die plek word die Vergadering van die Verstandiges en die Wyses genoem. Ek het daar ook blinkende perde en vurige waens gesien wanneer sommiges in die hemel opgeneem word, wat `n aanwysing was dat hulle in die waarhede van die hemelse leer onderrig was, en verstandig geword het, en daarom so verhef word. Uit die gesig kom dit in my gees voor, wat die vurige waens en vurige perde beteken waarmee Elia na die hemel gevoer word, en wat die perde en vurige waens wat deur die dienskneg van Elisa gesien was, toe sy oë geopen word. 4 Dat waens en perde so `n betekenis het, weet die mens baie goed in die ou kerke, omdat die kerke voorstellende kerke was. By hul wat daartoe behoort was die wetenskap van die ooreenstemminge en van die voorstellinge die vernaamste wetenskap. Uit die kerke word die betekenis van die perd, as van die verstand, oorgeneem deur die wyses in die omliggende lande en ook in Griekeland. Vandaar kom dit, wanneer hulle die son beskrywe, waarin hulle die god van hul wysheid en verstand plaas, dat hulle hom met `n wa met vier vurige perde beskrywe. En wanneer hulle die god van die see beskryf, omdat deur die see die wetenskappe, wat uit die verstand kom, aangedui word, gee hulle dit ook perde. En wanneer hulle die oorsprong van die wetenskappe uit die verstand beskryf, stel hulle `n gevleuelde perd voor, wat met sy hoef `n fontein laat ontspring, waarin nege maade bly, wat die wetenskappe is; want uit die ou kerke was dit aan hul bekend, dat deur die perd die verstand aangedui word; deur die vleuels die geestelike ware; deur die die hoef, die wetenskaplike uit die verstand; en deur die fontein die leer waaruit die wetenskappe voortvloei. Deur die “Perd van Troje” het hulle ook nie anders kon aandui as `n kunsmiddel, uit hul verstand voortgekom, om die mure te verwoes. Selfs teenswoordig nog, wanneer mens die verstand beskryf, volgens die wyses by die oudstes in gebruik, beskryf mens dit algemeen deur `n vlieënde perd of Pegasus; die leer deur `n fontein, die leer deur maagde of Muse. Tog is daar nouliks iemand wat weet, dat perde in mistieke sin die verstand aandui, en nog minder weet mense, dat die betekenisse van die uitbeeldende kerke van die oudheid na die heidene oorgebring was. 5 Aangesien die verstand(verstaan) deur die wit perd van die Woord, aangedui word, wat sy geestelike of inwendige sin betref, sal daarom hier nou die dinge en die sin hiervan in Hemelse Verborgenhede oor die Woord en oor die sin daarvan volg en so aangetoon word. In dié werk is alles wat in Genesis en Exodus bevat is, volgens die geestelike of inwendige sin van die Woord verklaar.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205