Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 3

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

1. Die Meester, wat praat in die teenwoordigheid van Sy dissipels oor die voltrekking van hierdie eeu, wat die finale periode van die kerk is, 1.1 sê, naby die einde van wat Hy voorspel het aangaande die opeenvolgende staat in die opsig van die liefde en geloof: 1.2 Dadelik, na die verdrukking in daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemele val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. En Hy sal Sy engele uitstuur met harde trompetgeskal, en hulle sal Sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan. (Matt. 24:29-31). Hulle wat hierdie woorde verstaan volgens die letter daarvan het geen ander geloof dat gedurende die laaste periode, wat genoem word die finale oordeel, al hierdie dinge so sal gebeur soos beskryf in die letterlike sin, dit is, dat die son en die maan verduister sal word en die sterre sal van die hemel val, dat die teken van die Meester in die lug sal verskyn, en Hyself gesien sal word in die wolke, bedien deur engele met trompette, en verder meer, soos dit iewers voorspel is, dat die hele sienbare wêreld vernietig sal word, en daarna sal `n nuwe hemel met `n nuwe aarde te voorskyn kom. So is die opsie by menige kerkganger in die kerk in die teenswoordige tyd. Maar hulle wat so glo is onverskillig en onkundig ten opsigte van die geheimenisse wat verskuil lê in elke besonderlikheid van die Woord. Want in elke besonderheid van die Woord is daar `n innerlike sin wat dinge geestelik en hemels behandel, nie van dinge natuurlik en wêrelds, soos dit behandel word op die letter van die woord nie. En dit is waar nie net ten opsigte van die betekenis van groepe van woorde nie, dit is ook waar oor elke spesifieke woord, 1.3 Want die Woord is by uitstek deur korrespondensie of ooreenstemminge geskryf, 1.4 tot die einde dat daar `n interne sin kan wees in die kleinste besonderheid daarvan. Wat daardie sin is, kan gesien word uit alles wat gesê en gewys is in die Arcana Coelestia, ook uit aanhalings bymekaar gemaak uit daardie werk in die verduideliking van Die Wit Perd waarvan gepraat word in die Apokalips. Dit is na aanleiding van hierdie sin dat wat die Meester sê in die paragraaf hierbo gekwoteer ten opsigte van Sy koms in die wolke van die hemel, verstaan moet word. Die “son” wat daar verdonker word, stel die Meester voor ten opsigte van die liefde; 1.5 die “maan” die Meester ten opsigte van die geloof; 1.6 “sterre” die kennis van die goeie en die waarheid, of van liefde en geloof; 1.7 “die teken van die Seun van die mens in die hemel” die manifestasie van die Goddelike waarheid, “die stamme van die aarde” wat rou sal bedryf, alle dinge wat die waarheid en die goeie aangaan of die geloof en liefde; 1.8 “die koms van die Meester in die wolke met groot krag en heerlikheid”, Sy teenwoordigheid in die wêreld, en openbaring van Homself; 1.9 “wolke” dui die sin van die letter van die Woord aan, 1.10 en “glorie” die innerlike sin van die Woord; 1.11 “die engele met die trompette en groot stem” dui op die hemel as `n bron of oorsprong van Goddelike waarheid. 1.12. Al hierdie dinge maak dit duidelik dat hierdie woorde van die Meester beteken dat aan die einde van die kerk, wanneer daar nie meer liefde bestaan nie, en gevolglik geen geloof nie, sal die Meester die interne betekenis van die Woord open en die geheime (arcana) van die hemel openbaar. Die geheimenisse geopenbaar in die volgende bladsye het betrekking op die hemel en die hel, en ook op die lewe van die mens na die dood. Die mens van die kerk op aarde weet op hierdie stadium skaars enigiets aangaande die hemel en die hel of enigiets aangaande sy lewe na die dood, alhoewel al hierdie dinge tevoorskyn tree en beskrywe word in die Woord, en tog is daar baie wat in die kerk ‘gebore’ is wat weier om daarin te glo, en hulle sê in hulle harte; “Wie het van daardie wêreld gekom en ons vertel daarvan?” Daarom, so `n gees van ontkenning, wat spesiaal hom bevind binne in hulle wat baie wêreldse wysheid het, sal dan ook die eenvoudiges van hart en die eenvoudiges in geloof, besmet en verkorrupteer, en dit was aan my toegestaan om te assosieer met engele en om met hulle te praat soos man teenoor man, ook om te sien wat in die hemele en dit wat in die helle is, en dit vir veertien jaar. So, nou sal ek van wat ek gesien en gehoor het dit beskrywe, want dit is aan my toegestaan, in die hoop dat onverskilligheid en onkunde sodoende verlig en die ongeloof verdrywe kan word. So `n onmiddelike openbaring is toegestaan op hierdie dag omdat dit is wat bedoel word deur die ‘Koms van die Meester’ (verwysende na die outeur se ‘Arcana Coelestia’)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205