Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 478

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

464. Alhoewel die eksterne of natuurlike geheue bly in die mens na sy dood, sal die suiwer natuurlike dinge nie geproduseer word in die ander lewe nie, maar slegs die geestelike dinge wat aangeheg is tot die natuurlike deur korrespondensie, maar wanneer dit teenwoordig is vir die sig, verskyn hulle presies in dieselfde vorm as wat hulle in die natuurlike wêreld was, want alle dinge wat gesien word in die hemele het dieselfde voorkoms as in die wêreld, alhoewel, in sy wese is hulle nie natuurlik nie, maar geestelik (soos gesien kan word in die hoofstuk oor Verteenwoordigers en Verskynings in die Hemel, n. 170-176) [2] Maar die eksterne of natuurlike geheue ten opsigte van die dinge in dit wat ontleen is van die materiële, en van tyd en ruimte, en van ander hoedanighede van die natuur, is nie diensbaar vir die gees op die manier wat dit diensbaar aan die gees was toe dit nog in die wêreld was nie, want wat ookal `n mens in die wêreld van sy eksterne sensuele dink, en nie terselfdertyd van sy innerlike of intellektuele sensuele nie, dink hy natuurlik en nie geestelik nie, maar in die ander lewe wanneer hy in die gees in die geestelike wêreld is, dink hy nie natuurlik nie, maar geestelik, en om geestelik te dink is om intellektueel of rasioneel te dink. Vir hierdie rede is die eksterne of natuurlike geheue ten opsigte van sy materieële inhoud dan sluimerend, en slegs daardie dinge wat die mens opneem in die wêreld deur middel van materieële dinge, en dit rasioneel gemaak, kom in gebruik. Die eksterne geheue word sluimerend ten opsigte van die materieële dinge omdat dit nie na vore gebring kan word nie, siende dat engele en geeste praat uit die emosies en gedagtes wat eie is aan hulle denke, en is daarom nie in staat om uitdrukking te gee aan enige ding wat nie in ooreenstemming is met hulle emosies en denke nie, soos gesien kan word in wat gesê is aangaande die spraak van engele in die hemel en hulle spraak met die mens (n. 234-257). [3] Omrede hieroor is die mens na die dood rasioneel, nie in die mate wat hy geskool was in tale en wetenskappe in die wêreld om geleer te word omdat hulle bekend was met antieke tale nie, soos die Hebreeus, Grieks en Latyn, maar het nie hulle rasionele aanlegte gekultiveer deur dit wat geskryf is in daardie tale nie. Sommiges van hulle was gesien om net so eenvoudig te wees as hulle wat niks weet van daardie tale nie, en sommiges regtig onnosel, en tog het hulle die verwaandheid om voor te gee dat hulle wyser is as ander. [4] Ek het met sommiges gepraat wat in die wêreld geglo het dat die mens wys is in die mate as wat die inhoud van sy geheue is, en wat baie dinge in sy geheue gestoor het, en wat uitsluitlik uit sy geheue praat, en daarom nie uit homself nie, maar van ander, en hulle rasionaliteite was hoegenaamd glad nie volmaak deur middel van die dinge in die geheue nie. Sommiges van hulle was onnosel en sommige besope, wat nie in die minste verstaan wanneer `n waarheid waar is of nie, en gryp alle valshede wat verby gaan vir die waarheid deur hulle wat hulleself geleerd noem, want uit hulleself is hulle nie in staat om enige ding te sien nie, wanneer dit waar is of nie, en gevolglik is hulle nie in staat om enigiets rasioneel te sien wanneer hulle na ander luister nie. [5] Ek het ook met sommiges gepraat wat in die wêreld baie geskryf het oor wetenskaplike onderwerpe van allerhande soorte, en het daardeur `n wêreldwye reputasie vir geleerdheid bekom. Sommiges van hulle het inderdaad `n vermoë om oor waarhede te argumenteer, of hulle waar is of nie, en sommiges, wanneer hulle hul gewend het na hulle wat in die lig van die waarheid is, het `n sekere bevatlikheid daarvoor, en daarom, wanneer hulle in hul eie valshede is, en dus in hulleself, dit ontken. Sommiges het nie meer wysheid as die gewone ongeleerde eenvoudige mense nie. Dus verskil die een van die ander in ooreenstemming soos wat hy sy rasionele aanlegte gekultiveer het deur middel van die kennis waaroor hy geskryf of ingebring het. Maar hulle wat teen die waarheid van die kerk is, en wat dink uit suiwer kennis en hulle daarby in valshede bevestig, het nie hulle rasionele aanlegte gekultiveer nie, maar het slegs die vermoë om te argumenteer gekultiveer, wat in die wêreld geglo word as rasionaliteit. Maar hierdie vermoë is totaal verskillend van rasionalitet, dit is `n vermoë om enige ding, wat ookal, te bewys, en van vooropgesette beginsels en van dwaalbegrippe die valshede en nie die waarheid te sien nie. Sulke persone sal nooit sover gebring kan word om waarhede te erken nie, siende dat waarhede nie uit valshede gesien kan word nie, maar valshede kan deur waarhede gesien word. [6] Die rasionele aanleg van die mens is soos `n tuin of struikgewas, of soos vars grond, die geheue is die bodem, bekende waarheid en soorte kennis is die sade, die lig en hitte van die hemel veroorsaak dat hulle groei, sonder lig en hitte is daar nie ontkiemming nie, so is dit met die verstand wanneer die lig van die hemel, wat die Goddelike waarheid is, en die hitte van die hemel, wat die Goddelike liefde is, nie toegelaat word nie; rasionaliteit is alleenlik van hierdie dinge. Dit is `n groot tragedie vir die engele dat geleerde mense vir die grootste deel alle dinge toeskryf aan die natuur, en het daardeur die innerlikes van hul denke toegemaak en is nou nie in staat om enigiets van die waarheid te sien vanuit die lig van die waarheid nie, wat die lig van die hemel is. As gevolg van hierdie toestand is hulle in die ander lewe ontneem van hulle vermoë om te redeneer en valshede onder die eenvoudiges te versprei en om hulle op `n dwaalspoor te bring, en word weggestuur na woestynagtige plekke.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205