Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 515

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

Voetnotas 454.1. Die mens is die wese waarin alle dinge van die Goddelike orde bymekaar gebring word, en deur die skepping is hy Goddelik orde in vorm. (n. 4219, 4222, 4223, 4523, 4524, 5114, 6013, 6057, 6605, 6626, 9706, 10156, 10472). Sover as wat `n mens lewe in ooreenstemming met die Goddelike orde, word hy in die ander lewe gesien as `n mens, volledig en pragtig. (n. 4839, 6605, 6626). 455.1. Die waarhede van die doktrine van die kerk wat ontvang word van die Woord moet die aanvangangspunt wees, en dit moet ten eerste erken word, en agterna is dit geoorloof om enige kennis te raadpleeg. (n. 6047). Dus is dit geoorloof vir hulle wat in `n bevestigende staat teenoor die waarheid van die geloof staan, om dit rasioneel deur kennis te bevestig, maar dit is nie geoorloof vir hulle wat in `n negatiewe staat verkeer nie. (n. 2568, 2588, 4760, 6047). Dit is in ooreenstemming met die Goddelike orde om rasioneel en uit geestelike waarhede, wat natuurlike waarhede is, in die kennis in te gaan, maar nie om van die natuurlike om in die geestelike in te gaan nie. Omdat geestelike invloei in die natuurlike dinge wel moontlik is, maar nie natuurlike of fisieke invloei in die geestelike nie. (n. 3219, 5119, 5259, 5427, 5428, 5478, 6322, 9109, 9110). 456.1. Ontheiliging is die vermenging van die goeie en die bose en van die waarheid en falsheid in die mens. (n. 6348). Slegs hulle kan die waarheid en die goeie ontheilig, of die heilige dinge van die Woord en die kerk, wat dit eerstens erken het, en nog meer wat daarvolgens gelewe het, en wat agterna van die geloof terugtrek en dit verwerp, en dan vir hulleself en die wêreld lewe. (n. 593, 1008, 1010, 1059, 3398, 3399, 3898, 4289, 4601, 10284, 10287). As `n mens na die berou van sy hart, weer in sy vorige bose weë terugval, dan ontheilig hy, en hierdie latere staat is dan slegter as die vorige. (n. 8394). Hulle wat nie die heilige dinge erken nie, en nog minder hulle wat geen kennis daarvan het nie, kan dit nie ontheilig nie (n. 1008, 1010, 9188, 1059, 10284). Die heiden wat buite die kerk is en wat nie die Woord het nie, kan dit nie ontheilig nie. (n. 1327, 1328, 2051, 2284). Oor hierdie dinge was die innerlike waarhede nie aan die Jode openbaar gemaak nie, want as dit openbaar gemaak sou gewees het, en erken was, sou hulle dit ontheilig het (n. 3398, 4289, 6963). Die lot van die ontheiligers aan die ander kant is die afskuwelikste van almal, omdat hulle nie net die goeie en die waarheid erken het nie, maar ook het hulle valsheid en boosheid bly bestaan, en soos wat hulle aan mekaar kleef, word die lewe uit mekaar geskeur. (n. 571, 582, 6348). Gevolglik is daar die mees sorgsame voorsienning gemaak deur die Meester om ontheiliging te voorkom (n. 2426, 10287). 457.1. Die gesig is so gevorm om te korrespondeer met die innerlikes (n. 4791-4805, 5695). Die korrespondensies van die gesig en sy uitdrukking met die emosies van die denke. (n. 1568, 2988, 2989, 3631, 4796, 4797, 4800, 5165, 5168, 5695, 9306). Met die engele in die hemel maak die gesig dit een met die innerlikes wat behoort aan die denke (n. 4796-4799, 5695, 8250). Daarom verteenwoordig die gesig in die Woord die innerlikes wat aan die denke behoort, dit is, tot die emosie en gedagtes (n. 1999, 2434, 3527, 4066, 4796, 5102, 9306, 9546). Op watter manier die invloei van die brein in die gesig verander het in die proses van tyd en met dit die gesig self ten opsigte van sy korrespondensie met die innerlikes. (n. 4326, 8250). 463.1. `n Goeie mens, gees of engel, is sy eie goeie en sy eie waarheid, dit is, hy is ten volle so as wat sy goeie en sy waarheid is. (n. 10298, 10367). Dit is omdat die goeie die wil maak en die waarheid die intelligensie, en die wil en intelligensie maak alles in die lewe van die mens gees of engel (n. 3332, 3623, 6065). Dit is dieselfde ding om te sê dat `n mens, gees of engel is sy eie liefde. (n. 6872, 10177, 10284). 463.2. Die mens het twee geheues - `n innerlike en `n uiterlike, of `n natuurlike en `n geestelike geheue (n. 2469-2494). Die mens weet nie dat hy `n innerlike geheue het nie (n. 2470, 2471). Hoe ver die innerlike geheue die uiterlike ten bowe gaan (n. 2473). Die dinge vervat in die uiterlike geheue is in die lig van die wêreld, maar die dinge vervat in die innerlike geheue is in die lig van die hemel (n. 5212). Dit is van die innerlike geheue wat die mens in staat is om te dink en om intellektueel en rasioneel te praat (n. 9394). Alle dinge en elke ding wat `n mens gedink het, gepraat en gedoen het, en wat hy gehoor en gesien het, is opgesktyf op sy innerlike geheue (n. 2474, 7398). Die geheue is die boek van sy lewe (n. 2474, 9386, 9841, 10505). In die innerlike geheue is die waarhede wat waarhede van geloof gemaak is, en die goeie wat die goeie van die liefde gemaak is (n. 5212, 8067). Daardie dinge wat dinge van die gewoonte gemaak is en wat dinge van die lewe geword het, en wat dus verdwyn het uit die uiterlike geheue, is nou in die innerlike geheue. (n. 9394, 9723, 9841). Geeste en engele spreek uit die innerlike geheue en het gevolglik `n universele taal (n. 2472, 2476, 2490, 2493). Die tale van die wêreld behoort aan die uiterlike geheue. (n. 2472, 2476). 473.1. Soos wat al die dinge wat bestaan in ooreenstemming met die orde van die uitspansel `n verhouding het met die goeie en die waarheid, so het alle dinge in die mens `n verhouding met die wil en intelligensie (n. 803, 10122). Vir die rede dat die wil `n ontvanger van die goeie en die intelligensie `n ontvanger van die waarheid is (n. 3332, 3623, 5232, 6065, 6125, 7503, 9300, 9995). Dit kom op dieselfde neer as jy sê waarheid of geloof, want geloof behoort aan die waarheid, en waarheid behoort aan die geloof, en dit is dieselfde as jy sê die goeie of liefde want die liefde behoort aan die goeie, en die goeie behoort aan die liefde (n. 4353, 4997, 7179, 10122, 10367). Hieruit volg dit dus dat die intelligensie `n ontvanger is van die geloof, en die wil is `n ontvanger van die liefde. (n. 7179, 10122, 10367). En siende dat die intelligensie van die mens in staat is om die geloof in God te ontvang, en die wil in staat is om die liefde tot God te ontvang, is die mens in staat om met God saamgebind te word in geloof en in liefde, en dat hy in staat is om saamgebind te word met God in liefde en geloof wat nooit kan sterf nie. (n. 4525, 6323, 9231). 474.1. Die wil van die mens is die eintlike wese [esse] van sy lewe, omdat dit die ontvanger van liefde of die goeie is, en die intelligensie is die uitgaande [existere] van die lewe daaruit, omdat dit die ontvanger van die geloof of die waarheid is. (n. 3619, 5002, 9282). Dus is die lewe van die wil die hoof lewe van die mens, en die lewe van die intelligensie kom hieruit voort (n. 585, 590, 3619, 7342, 8885, 9282, 10076, 10109, 10110). Op dieselfde manier as wat lig voortkom van die vuur of vlam (n. 6032, 6314). Uit dit volg dit dus dat die mens uit deugsaamheid van sy wil en sy intelligensie `n mens is (n. 8911, 9069, 9071, 10076, 10109, 10110). Alle mense word gelief en geag deur ander in ooreenstemming met die goeie van sy wil en van sy intelligensie daaruit, want hy wat goed wil en goed verstaan, is geliefd en geag, en hy wat goed verstaan en nie goed wil nie, word eenkant geplaas en verag. (n. 9069, 9071, 9386, 10153). Gevolglik gaan `n mens voort na die dood soos wat sy liefde was, en sy geloof daaruit, en wat ookal aan sy geloof behoort en ook nie aan sy liefde nie, dit verdwyn, omdat dit nie in die mens is nie. (n. 553, 2364, 10153). 475.1. Innerlike dinge vloei herhaaldelik in die uiterlike dinge, selfs na onder tot in die ekstreme of heel buitenste, en daar kom hulle bymekaar en bestaan permanent daar.(n. 634, 6451, 6465,9215, 9216). Hulle vloei nie net in nie, maar in die heel buitenste vorm hulle die gelyktydige, in watter orde (n. 5897, 6451,8603, 10099). Daardeur word alle innerlike dinge bymekaar gehou in verbinding, en het `n permanente bestaan (n. 9828). Dade of werke is die uiterlikes wat die innerlikes bevat (n. 10331). Daarom, om beloon en geoordeel te word in ooreenstemming met dade en werke is om beloon en geoordeel te word in ooreenstemming van een se liefde en geloof, of sy wil en denke omdat dit die innerlikes is wat die dade en werke bevat. (n. 3147, 3934, 6078, 8911, 10331, 10332). 479.1. `n “Weg”, `n “pad”, `n “breëstraat”, `n “baan”, dui op waarhede wat lei tot die goeie, of valshede wat lei na die bose (n. 627, 2333, 10422). ”Om `n weg te vee (of voor te berei)” beteken om voor te berei vir die ontvangs van die waarheid (n. 3142). “Om die weg bekend te maak”, met betrekking tot die Meester, beteken om in waarheid te onderrig en om te lei na die goeie. (n. 10565). 481.1. In die hoogste sin is die meester die naaste, omdat Hy bokant alles liefgehad moet word, maar om die Meester lief te hê is om dit wat van Hom is, lief te hê, want Hyself is in alles wat van Hom af is, dus is dit om lief te hê die goeie en die ware. (n. 2425, 3419, 6706, 6711, 6819, 6823, 8123). Om dit lief te hê wat goed en waar is, wat van die Meester is, is om te lewe in ooreenstemming met die goeie en die waarheid, en dit is om die Meester lief te hê. (n. 10143, 10153, 10310, 10336, 10578, 10645). Elke man en elke gemeenskap, ook iemand se land en sy kerk, en in `n universele sin die Meester se koninkryk, is die naaste, en om goed aan hulle te doen uit `n liefde vir die goedheid in ooreenstemming met hulle staat is om die naaste lief te hê, dit is, hulle goeie wat in aanmerking geneem moet word, is die naaste (n. 6818-6824, 8123). Ook die morele goeie, en die burgerlike goeie, wat geregtigheid is, is die naaste, en om eerlik en in geregtigheid op te tree, vir die liefde vir eerlikheid en geregtigheid is ook om die naaste lief te hê (n. 2915, 4730, 8120-8123). Dus, naasteliefde brei uit tot alle dinge van die lewe van die mens, en om die naaste lief te hê, is om die goeie en geregtigheid te doen, en om eerlik uit die hart op te tree, in elke funksie en elke werk. (n. 2417, 8121,8124). Die doktrine van die Antieke Kerk was die doktrine van naasteliefde, en daarvandaan het hulle wysheid gehad. (n. 2385, 2417, 3419, 3420, 4844, 6628). 484.1. Die mens se eie bestaan uit om homself lief te hê, meer as vir die Meester, en die wêreld meer as vir die hemel, en dink niks van die naaste in vergelyking met homself nie, dus bestaan dit uit die liefde vir homself en vir die wêreld (n. 694, 731, 4317). Die mens is gebore in sy eie, en dit is dik duistere boosheid (n. 210, 215, 732, 847-876, 987, 1047, 2307, 2308, 3518, 3701, 3812, 8480, 8550, 10283, 10284, 10286, 10732). Uit dit wat `n mens se eie is, kom nie net elke boosheid voort nie maar ook elke valsheid (n. 1047, 10283, 10284, 10286). Die booshede wat voortkom uit dit wat die mens s’n is, is veragting van ander, vyandigheid, haat, wraak, wreedheid, misleiding ens. (n. 6667, 7370, 7373, 7374, 9348, 10038, 10742). So ver as wat die mens se eie reëls geld, word die goeie van die liefde en waarheid van die geloof of verwerp, of versmoor of verderwe. (n. 2041, 7491, 7492, 7643, 8484, 10455, 10742). Wat die mens se eie is, is die hel in hom (n. 694, 8480). Die goeie wat die mens doen uit dit wat sy eie is, is nie goed nie, maar in homself is dit boos. (n. 8480). 487.1. Uit korrespondensie en uit die Woord beteken die woord “duisternis”, valshede, en “dik duisternis” die valshede van die bose. (n. 1839, 1860, 7688, 7711). Vir die bose is die lig van die hemel soos dik duisternis (n. 1861, 6832, 8197). Hulle wat in die helle is, word gesê dat hulle in die duisternis van die bose is (n. 3340, 4418, 4531). In die wêreld beteken “die blindes” hulle wat in die valshede is en nie gewillig is om geleer te word nie. (n. 2383, 6990). 488.1. In die Woord beteken `n “gat” of “`n gesplete rots” vertroebeling en valshede van die geloof (n. 10582). Omdat `n “rots” geloof uit die Meester beteken (n. 8581, 10580), En `n “klip” die waarheid uit die geloof (n. 114, 643, 1298, 3720, 6426, 8609, 10376). 488.2. Die besoedeling van die waarheid korrespondeer met urine (n. 5390). 489.1. In die Woord beteken `n ‘koringveld” `n staat van die ontvangs en groei van die waarheid vanuit die goeie (n. 9294). “Staande koring” dui op die waarheid in ontvangs. (n. 9146), “Wingerde” dui op die geestelike kerk en die waarhede van daardie kerk (n. 1069, 9139). “Kosbare stene” dui op waarhede van die hemel en van die kerk deursigtig van die goeie (n. 114, 9863, 9865, 9868, 9873, 9905) `n “venster” dui op die intelligente aanlegte wat behoort aan die innerlike of interne sig. (n.655, 658, 3391). 489.2. `n “Tuin”, `n “bos”, en `n “park” dui op intelligensie (n 100, 108, 3220). Dit is hoekom die antieke volkere hulle heilige aanbidding in bosse gehou het. (n. 2722, 4552). “Blomme” en “blombeddings” dui op waarhede en kennis (n. 9553). “Kruie”, “grasse”, en “grasperke” dui op waarhede wat geleer is (n. 7571). “Bome” beteken waarneming en kennis (n. 103, 2163, 2682, 2722, 2972, 7692)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205