Hemel en Hel 1 - 603 (gekoppel)
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 523

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578, 579, 580, 581, 582, 583, 584, 585, 586, 587, 588, 589, 590, 591, 592, 593, 594, 595, 596, 597, 598, 599, 600, 601, 602, 603, 604, 605, 606, 607, 608, 609, 610, 611, 612, 613, 614, 615, 616, 617, 618, 619, 620, 621.

508. Die geaardheid van die bose in hierdie staat kan nie beskryf word in `n paar woorde nie, want elkeen is waansinnig in ooreenstemming met sy eie welluste, en dit is verskillend, te veel om op te noem; daarom sal ek net `n paar spesiale gevalle noem waaruit gevolgtrekking gemaak kan word. Hulle wat hulleself liefgehad het bokant enigiets anders, en in hulle bewoning en werkkring na hulle eie eer gekyk het, en wat werke verrig en genot daarin gevind het, maar nie ter wille van die werke nie, maar ter wille van die reputasie, dat hulle aansien meer werd is as die van ander, en wat bekoor is deur hulle reputasie vir eer, is meer onnosel in die tweede staat as die ander, want sover as iemand homself liefhet, is hy geskei van die hemel, en so ver as wat hy geskei is van die hemel, is hy geskei van die wysheid. [2] Maar hulle wat nie net in die selfliefde is nie, is daarby nog slu ook, en het hulle self opgehef deur middel van sluwe praktyke, en affilieer hulle met die slegste van bose geeste, en leer towerkunste, wat die misbruik van die Goddelike orde is, en deur middel van dit val hulle aan en besmet almal wat hulle nie eer nie, lê vangnette, kook oor van haat, brand van wraak, en is gretig om hulle woede lug te gee op almal wat nie voor hul buig nie, en hulle storm in al hierdie afskuwelikhede so ver as wat hulle duiwelse en demoniese metgeselle hulle begunstig, en bedink naderhand hoe hulle na die hemel kan opklim om dit te verwoes, of om aanbid te word as gode. Tot sulke uiterstes word hulle deur hul waansinnigheid gedra. [3] Die Roomse Pousgesindes van hierdie karakter is meer waansinnig as die res, want hulle vertroetel die idee dat die hemel en die hel ondergeskik is aan hul mag, en dat hulle sondes kan vergewe net soos wat hulle wil, en eis alles wat Goddelik is vir hulleself op, en noem hulleself Christus. Hierdie oorredingskrag is so met hulle dat wat ookal invloei, dit versteur die denke en veroorsaak duisternis selfs tot op die punt van pyn. So is dit nagenoeg dieselfde beide in die eerste en tweede state, maar in die tweede staat sonder die rasionaliteit. Van hulle kranksinnighed en hulle lot na hierdie staat sal sekere gegewens gegee word in `n verhandeling oor “Die Laaste Oordeel” en die “Verwoesting van Babilon”. [4] Hulle wat die skepping toeskryf aan die natuur, en het daarom in die hart, as dit nie met die lippe is nie, die Goddelike ontken en dus alle dinge van die kerk en van die hemel, affilieer met sy soort in die tweede staat, en noem almal `n god wat uitstaande is in towerkunste, en aanbid hom met Goddelike eer. Ek het dit in `n vergadering gesien waar `n towenaar aanbid word, waar hulle debatteer oor die natuur, en waar hulle soos gekke opgetree het, asof hulle ongediertes is in `n menslike vorm, terwyl daar onder hulle diegene was wat in `n waardige pos was, en sommige wat geleerd en wys beskou was. So ook met ander in ander state. [5] Uit hierdie paar gevalle kan afgelei word wat hulle is wie se innerlikes van hulle denke hemelwaarts gesluit is, soos die geval met almal wat geen invloei vanuit die hemel ontvang deur die erkenning van die Goddelike en `n lewe van geloof. Enigeen kan vir homself oordeel hoe hy sal handel, as hy so is, hy vry gelaat word om te handel sonder vrees vir die wet en geen vrees ten opsigte van sy lewe nie, en met geen uiterlike beperking nie, soos vrees vir beskadiging van die reputasie of verlies van eer en winsmeming en gevolglike plesiere. [6] Nietemin, die kranksinnigheid van sulkes word deur die Meester bedwing dat dit nie verby die grense van dienbaarheid beweeg nie; want selfs sulke geeste verrig `n diens. In hulle sien die goeie geeste wat die bose is en sy natuur, en wat die mens is as hy nie deur die Meester gelei word nie. `n Ander gebruik wat hulle het is om bose geeste soos hulleself bymekaar te maak en om hulle van die goeies af te skei, en `n ander, dat die waarhede en die goeie wat die bose uiterlik voorgegee en gehuigel het, weggeneem word van hulle, en hulle word in die boosheid van hulle lewens gebring en die valshede van hulle boosheid, en word so voorberei vir die hel. [7] Want niemand gaan die hel binne totdat hy in sy eie boosheid en valshede is nie, siende dat niemand daar toegelaat word om `n verdeelde denke te hê nie, dit is, om een ding te dink en te praat, en om `n ander te wil nie. Elke bose gees daar moet dink wat vals is uit die bose, en spreek vanuit die valshede van die bose, in beide gevalle vanuit die wil, dus van sy eie essensieële liefde en sy genot en plesier, op dieselfde manier wat hy gedink het terwyl hy in die wêreld in die gees was, dit is, op dieselfde manier as wat hy gedink het in homself wanneer hy gedink het uit innerlike emosie. Die rede is dat die wil die mens self is, en nie die gedagte nie, behalwe sover as wat dit deelneem aan die wil, die wil is die ware natuur homself of geaardheid van die mens. Daarom, om die mens binne in sy wil in te laat, is om hom in sy natuur of sy geaardheid in te laat, en sodoende in sy lewe, want deur sy lewe beklee die mens `n natuur, en na die dood gaan hy voort om te wees soos sy natuur was wat hy deur sy lewe verkry het in die wêreld, en met die boosheid kan sy natuur nie meer gewysig of verander word deur middel van die denke of deur die verstaan van die waarheid nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205