Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

95. Deur die voël van steen word ook die inwoners van daardie aarde wat in `n vreemde manier die lewe van hulle gedagtes en emopsies omwissel verteenwoordig, in amper geen lewe nie, waarin ek die volgende gehoor het. Daar was `n sekere gees bokant my kop wat met my gepraat het, en uit die klank van sy stem het ek waargeneem dat hy in `n staat van slaap was. In hierdie staat het hy baie dinge gespreek, en met so `n omsigtigheid, dat as hy wakker was, hy nie méér omsigtig sou kon spreek nie. Dit is aan my gegee dat hy `n voorwerp of onderdaan was deur wie die engele gespreek het, en in daardie staat neem hy waar en bring na vore wat hulle gesê het, 95.1 Want hy spreek niks wat nie die waarheid is nie. As enigiets invloei van `n ander bron, laat hy dit wel toe, maar hy bring dit nie tevoorskyn nie. Ek ondervra hom oor sy staat, en hy sê dat hierdie staat was vir hom vredevol, en sonder enige angs of onrus oor die toekoms; en terselfdertyd voer hy sy werke uit, waardeur hy kommunikasie met die hemel het. Dit was aan my vertel dat sulke geeste in die Groot Kosmiese Mens verwysings het na die lengte (longtitudinaal) sinus in die brein, wat tussen sy twee hemisfere lê, en daar is hy in `n baie stil staat, alhoewel die brein aan beide kante versteur kan word. Toe ek in gesprek was met hierdie gees, kom sommige geeste en stel hulle voor aan die voorste gedeelte van die kop, waar hy was, en druk op hom, waarmee hy na eenkant toe padgegee het, om vir hulle plek te gee. Die nuwe aankomelinge gesels onder mekaar, maar nie een van die geeste om my, en ek ook nie, kan verstaan wat hulle sê nie. Ek was deur die engele ingelig dat hulle van die aarde Mars was, wat geoefen was om met mekaar te praat op so `n manier dat die geeste wat teenwoordig was, nie kan verstaan of enigiets kan waarneem nie. Ek het my verwonder dat so `n spraak wel moontlik was, omdat alle geeste een tipe van spraak het, wat voortvloei uit die gedagtes, en bestaan uit idees, wat gehoor word as woorde in die geestelike wêreld. Dit was gesê dat sulke geeste vorm op `n sekere manier idees uitgedruk deur die lippe en die gesig, wat nie verstaanbaar is vir ander nie, en op die selfde oomblik baie kunstig hulle gedagtes terugtrek, en neem spesiale voorsorg dat niks van die emosie homself sal manifesteer nie, omdat, as enigiets van die emosie waargeneem word, sal die gedagte dan duidelik word, want die gedagte vloei uit die emosie, en as’t ware in dit. Ek was verder onderrig dat die inwoners van die aarde Mars wat die hemelse lewe in kennis alleen stel, en nie in `n lewe van liefde nie, bedink so `n spraak, maar nie almal nie; en wanneer hulle geeste word, behou hulle dit. Dit is hulle wat deur die voël van steen in die besonder aangedui word, want om so `n spraak aan te bied deur modifikasie van die aanskyn van die gesig en die vervouing van die lippe, met die verwydering van die emosie en terugtrekking van die gedagtes van ander, is om die siel uit die spraak te neem, en om dit weer te gee as `n blote beeld, en deur grade word hulle ook dieselfde. Maar alhoewel hulle dink dat hulle nie verstaan word deur ander deur dit wat hulle sê tussen hulleself nie, is daar tog engele wat elk en iedere ding waarneem wat hulle spreek, vir die rede dat daar vir hulle geen gedagte verborge kan wees nie. Dit was ook aan hulle getoon deur `n lewende ervaring. Ek het hieraan gedink, dat die bose geeste van ons aarde nie aangeraak word deur skande as hulle ander besmet nie, en hierdie gedagte vloei in my van die engele geeste wat hulle spraak waarneem. Hierdie geeste van Mars het toe erken dat dit dit was waaroor hulle gespreek het tussen hulleself, en hulle verwonder hulleself. Boonop, daar was baie dinge wat deur `n engele gees openbaar gemaak is, beide van wat hulle gespreek het en van wat hulle gedink het, nieteenstaande hulle poging om hulle gedagtes vir hom terug te hou. Agterna het daardie geeste van bo af in my gesig afgevloei, en hulle invloei was gevoel soos `n dun gestreepte reën, wat `n teken was dat hulle nie in enige emosie was van die waarheid en die goeie nie, siende dat dit verteenwoordig word deur dit wat ten volle gestreep is. Toe praat hulle gewoonweg met my, en sê dat die inwoners van hulle aarde praat met mekaar so op hierdie manier. Dit is toe aan hulle gesê dat dit boos was, omdat op hierdie manier belemmer hulle die innerlikes en veroorsaak dat hulle terugtree van die uiterlikes, wat hulle ook ontneem van hulle lewe; en veral is dit ook nie eerlik om so te spreek nie. Want hulle wat eerlik is het geen wens om om te spreek of selfs net te dink aan enigiets as dit wat ander wil hoor nie; ja almal, selfs die hele hemel. Maar hulle wat wens dat ander nie moet hoor wat hulle spreek nie, oordeel die ander, dink boos van hulle, sowel as van hulleself, en op die lange duur ontwikkel hulle die gewoonte om sleg van die kerk te praat, of van die hemel, en selfs van die Meester Homself. Dit was gesê dat hulle wat die kennis liefhet, en nie soseer `n lewe in ooreenstemming daarmee nie, het `n verwysing na die innerlike membraan van die kopbeen in die Groot Kosmiese Mens, maar hulle wat hulle gewoond maak om te praat sonder emosie, en om die gedagtes na hulleself te trek en om dit terug te trek van ander, het verwysing na daardie membraan wanneer dit benerig begin te word, omdat van die besit van enige geestelike lewe word hulle nou soos iemand met geen lewe nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205