|
Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 38
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176. |
|
|
38. Geeste van Mercurius kom na `n sekere gees van ons aarde, wat gedurende sy verblyf die mees uitstaande was in sy geleerdheid (dit was Christiaan Wolf), en verlang van hom om inligting te ontvang oor verskeie onderwerpe. Maar toe hulle waarneem dat dit wat hy sê nie verhewe was bokant die sensuele dinge van die natuurlike mens nie, omdat, terwyl hy sy gedagtes uitdruk, vind hulle dat hy `n begeerte het, soos in die wêreld (want in die ander lewe is elkeen soos hy voorheen was), om dinge aanmekaar te las in `n reeks, en van daardie reeks weereens om ander gevolgtrekkings te vorm, en dus van sulke gevolgtrekkings om nog meer in `n reeks te vorm, wat hulle nie insien en erken as waar nie, en daarom verklaar hulle dit die obskuriteit van outoriteit, dan hou hulle op om hom verder uit te vra, en vra slegs wat noem jy dit of wat noem jy dat, en omdat hy hierdie vra ook antwoord met materieële idees, en niks deur die geestelike nie, onttrek hulle hulself van hom. Want almal in die ander lewe spreek geestelik, of deur geestelike idees, sover as wat hy in God geglo het, en materieël, sover as wat hy nie geglo het nie. `n Geleentheid offer homself hier, en dit is toegelaat om dit te noem hoe dit is in die ander lewe met die geleerdes wat intelligensie verkry het deur hulle eie bemiddeling, aangesteek met liefde deur die waarheid te weet, ter wille van die waarheid, dus ter wille van werke afgewend van wêreldse oorwegings, en hoe met hulle wat intelligensie verkry het vanuit ander, sonder enige bemiddeling van hulle eie, en wil nie begeer om waarhede te weet slegs ter wille van `n reputasie vir geleerdheid nie, en daarby vir eer en wins in die wêreld; dus om te begeer om waarhede te weet, nie ter wille van die werke sonder die wêreldse oorwegings; betreffende hulle, is dit toegelaat om die volgende ondervinding te verhaal. `n Sekere geluid was waargeneem wat van onder af penetreer, naby die linkerkant van die linker oor. Ek neem waar dat dit geeste is, wat probeer om `n weg te forseer, hulle praat met my, en sê dat hulle logikuste en metafisikuste was, en dat hulle hul denke in sulke dinge gedompel het, met geen ander doel as om geleerd gereken te word nie, en dus om te vorder tot eer en rykdom, en betreur dit dat hulle nou `n misrabele lewe lei as gevolg van die feit dat hulle daardie wetenskappe verkry het met geen ander doel nie, en het dus nie hulle rasioneel ontwikkel nie, hulle spraak was stadig, en op `n lae toon. Intussen was daar twee wat `n gesprek met mekaar het bokant my kop, en op navraag wie hulle is, was dit gesê dat een van hulle was baie beroemd in die geleerde wêreld, en dit was aan my gegee om te glo dat dit Aristotle was. Wie die ander een was, was nie gesê nie. Die vorige was toe gelei in die staat waarin hy was gedurende sy lewe op die aarde; want enigeen kan maklik in die staat gelei word waarin hy was gedurende sy lewe op aarde, omdat hy elke staat van sy vorige lewe in hom het. Maar wat my verras, hy heg hom aan die regteroor, en praat daar met `n skor toon van die stem, maar heeltemal gesond van gees. Uit die bedoelling van sy spraak het ek waargeneem dat hy totaal van `n ander tipe gees (genii) was van daardie geskoolde meesters wat eerste opgestyg het, in dat hy van sy eie denke die dinge wat hy geskryf het, ontwikkel, en sodoende sy filosofie geproduseer het; sodat die terme wat hy uitgedink het, en wat hy op onderwerpe van die denke toegepas het, vorms van uitdrukking was waardeur hy innerlike dinge beskryf het, ook dat hy opgewonde was deur sulke dinge deur `n genot van die emosie, en deur `n begeerte om die dinge van die denke en die intelligensie te weet, en dat hy in gehoorsaamheid gevolg het wat die gees ookal gedikteer het. Daarom heg hy hom aan die regteroor, in teenstelling met die gewoonte van sy volgelinge, wat geskooldes genoem word, en wat nie gaan van die gedagte na die term nie, maar van die term na die gedagtes, dus op `n teenstrydige manier, en baie van hulle het nie eers gevorder tot die gedagtes nie, maar het streng by die terme gebly, wat, om dit te bevestig wanneer hulle dit verlang, en om aan valshede se voorkoms voor te skryf as die waarheid in ooreenstemming met hulle hebsug van oorreding. Daarom is filosofiese dinge eerder die metode om waansinnig te raak as die metode om wys te raak, en daarom het hulle duisternis in plaas van lig. Agtena het ek met hom gespreek betreffende die wetenskap van die analise, en neem waar dat `n kind in `n half uur, meer filosofies, analities, en logies kan spreek, as wat hy kan beskryf in `n volume, soveel so, dat alle dinge van die denke en daarom van die menslike spraak analities is, en die wette daarvan is uit die geestelike wêreld; en hy wat wens om kunsmatig uit die terme te dink, is nie anders as `n danser, wat sal leer om te dans deur die wetenskap deur die vesels en spiere te beweeg, in watter wetenskap, as hy sy denke bepaal terwyl hy dans, sou dit vir hom onmoontlik gewees het om `n voet te beweeg, en tog, sonder daardie wetenskap beweeg hy al die bewegende vesels regdeur die hele liggaam, en in ondergeskiktheid daaraan, beweeg die longe, die diafragma, die sye, die arms, die nek, en die ander organe van die liggaam, om alles te beskryf sal volumes nie genoeg wees nie, en dit is dieselfde met hulle wat begerig is om uit die terme te dink. Hy keur die dinge goed, en sê, dat om te leer om op hierdie manier te dink, is om voort geen op `n omgekeerrde orde, en voeg by, as enigiemand so dwaas wil wees, laat hom dan maar so voortgaan, maar laat hom voortdurend dink aangaande die werke, en van wat innerlik is. Die volgende het hy my getoon watter idee hy ontvang het van die Opper Wese, naamlik, dat Hy Homself aan hom voorgestel het as om `n menslike gesig te hê, en omring met `n stralende sirkel, en nou weet hy dat die Meester Homself `n mens is, en dat die stralende sirkel die Goddelike van Hom is, wat nie net in die hemele vloei nie, maar ook in die universum, rangskik en heers oor alle dinge daarin. Hy voeg by, wie ookal die hemele rangskik en regeer, rangskik en regeer ook die universum, omdat die een nie van die ander geskei kan word nie. Hy het ook gesê dat hy glo slegs in een God wie se eienskappe en kwaliteite onderskei kan word deur `n verskeidenheid van name, en dat hierdie name deur ander aanbid word as gode. Daar verskyn `n vrou aan my, wat haar hand uitstrek, met die begeerte om my wang te streel, en toe ek hieroor wonder, sê hy dat toe hy in die wêreld was het so `n vrou dikwels aan hom verskyn, asof sy sy wang streel, en dat haar hand pragtig was. Die engele geeste sê dat so `n vrou somtyds aan die antieke wyses verskyn het, en deur hulle Pallases genoem was, en dat sy aan hom verskyn het uit die geestesryk, wat, gedurende hulle verblyf op aarde, in die antieke tye, hulle verbly het met idees, en toegegee het aan gedagtes, maar sonder filosofie; en omdat sulke geeste met hom was, en ook verbly was in hulle, omdat hy uit die innerlike gedink het, daarom verteenwoordigend so `n vrou ten toon stel. Laastens, het hy my ingelig met `n idee wat hy ontvang het van die gees of siel van die mens, wat hy “pneuma” noem, naamlik, dat dit `n onsigbare lewenskragtige beginsel is, iets soos eter, en hy sê dat hy weet dat hierdie gees sal lewe na die dood, aangesien dit sy innerlike essens is, wat nie kan sterf nie, omdat dit in staat is om te dink, en bowendien was hy nie in staat om helder hieroor te dink uit enige ander bron as uit homself nie, en ook `n bietjie vanuit die antieke wysgere. Bowendien, Aristotle is tussen die gesonde geeste in die ander lewe, en baie van sy volgelinge is tussen die dwases.
|
|
|
|
|