|
Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 169
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176. |
|
|
172. Agterna was monnik-agtige geeste gesien, naamlik, hulle wat gereis het as monnik-sendelinge in die wêreld, en van wie hierbo gepraat is, en `n groep van geeste was ook gesien wat van daardie aarde was, die meeste van hulle boses, wat hulle verlei het na hulle kant toe. Hulle was aan die oostelike kwartier van daardie aarde gesien, waaruit hulle die goeies verdrywe het, wat hulleself na die noordelike kant van daardie aarde begewe het, en waarvan ons hierbo gepraat het. Die groep, tesame met hulle wat hulle verlei het, was bymekaar gemaak in een liggaam, tot die totaal van `n paar duisend, en was geskei toe die boses in die hel gewerp is. Ek was toegelaat om met `n gees te praat wat `n monnik was, en om te vra wat hy daar doen. Hy antwoord dat hy hulle onderrig oor die Meester. Ek vra, wat nog? Hy sê, aangaande die hemel en hel. Ek vra, wat nog verder? Hy sê, aangaande die krag om sondes kwyt te skeld, en om die hemel oop en toe te sluit. Hy was toe ondersoek oor wat hy van die Meester af weet, betreffende die waarheid van die geloof, aangaande die vergewing van sondes, aangaande die mens se redding, en aangaande die hemel en die hel, en dit was ontdek dat hy skaars iets weet, en dat hy in duisternis en valshede was oor alles en elkeen van hulle, en dat hy bevange was slegs met die idee en belustiging na wins en die regeer oor ander wat hy op aarde sy eie gemaak, en dit hierheen gebring het. Daarom was hy vertel, omdat hy so ver gereis het agter sy belustiging aan, en vir hom soos `n doktrine was, dat hy daardie geeste van daardie aarde berowe van hulle hemelse lig, en oor hulle die duisternis van die hel gebring het, en dus bring hy hulle onder die regering van die hel, en nie van die Meester nie. Bowendien was hy slu en listig in sy verleiding, maar onnosel oor die dinge wat van die hemel is. Omdat hy so was, was hy terstond in die hel gewerp. En so was die geeste van daardie aarde ontslae en verlos van hulle.
|
|
|
|
|