|
Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 94
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176. |
|
|
94. Ek sien `n pragtige vlam van verskillende kleure, pers, en ook helder rooi, en die kleure was `n pragtige rosige gloeiing vanaf die vlam, ek sien ook `n sekere hand waaraan hierdie vlam kleef, eerste aan die agterkant, agterna in die palm, en daarna speel dit rondom die hand aan alle kante. Dit het vir `n rukkie voortgeduur. Dan word die hand met die vlammende lig na `n afstand verwyder, en daar waar dit rus, was daar `n helder blink lig. In daardie helderheid het die hand verdwyn, en toe word die vlam verander na `n voël, wat aanvanklik dieselfde kleure gehad het soos die vlam, en die kleur glinster op dieselfde manier, maar geleidelik het die kleure verander, en met die kleure die lewenskragtigheid van die lewe in die voël. Dit vlieg heen en weer en ook om my kop, dan vorentoe in `n sekere nouerige kamer, wat voorkom soos `n altaar, en soos wat dit verder vorentoe vlieg, so trek sy lewe hom terug totdat hy naderhand word soos `n steen, ten eerste soos `n pêrelkleur, daarna donkerder; en alhoewel sonder lewe, het dit nog rondgevlieg. Toe die voël om my kop gevlieg het was dit steeds vol lewe, `n gees was gesien wat opkom uit die streek van die lendene na die streek van die bors, wat wens om die voël weg te neem. Maar omdat die voël so pragtig was, het die geeste om my dit verhoed; want hulle oë was almal op hom gerig. Alhoewel die gees wat van onder af opgekom het sterk gestrewe het om hulle te laat glo dat die Meester met hom was, en dat hy dit uit die Meester doen, En toe, want die meeste glo hom nie, het hulle nie meer langer hom weerhou om die voël weg te neem nie. Maar toe die hemel op daardie oomblik invloei, kon hy dit nie meer langer vashou nie, en laat dit vry uit sy hand. Toe dit gedoen was, het die geeste om my wat die voël intens dopgehou het met sy opeenvolgende veranderinge, met mekaar gepraat daaroor, en dit vir `n redelike lang ruk. Hulle neem waar dat so `n aanblik niks anders kan wees as iets hemels nie. Hulle weet dat die vlam dui op hemelse liefde en sy emosies; dat die hand waaraan die vlam geheg was, dui op die lewe en sy kragte, die verandering van die kleure, die verskeidenheid van lewe met betrekking tot die wysheid en intelligensie; en die voël ook dieselfde, maar met die verskil dat die vlam dui op hemelse liefde en die dinge van daardie liefde, en dat die voël dui op geestelike liefde en die dinge van daardie liefde (hemelse liefde is die liefde tot die Meester, en geestelike liefde is liefde tot die naaste), en dat die verandering van die kleure en terselfdertyd van die lewe in die voël, totdat dit geword het asof dit steen is, dui op die opeenvolgende veranderinge van die geestelike lewe ten opsigte van die intelligensie. Hulle weet ook dat geeste wat van onder af opkom deur die streek van die lendene na die streek van die bors, in `n sterk oorredingskrag is dat hulle in die Meester is, en daarom glo dat al die dinge wat hulle doen, selfs deur die boosheid, doen hulle deur die wil van die Meester. Maar nogtans kon hulle nie hieruit weet wat bedoel word deur hierdie verskynsel nie. Naderhand word hulle uit die hemel onderrig dat die inwoners van Mars word bedoel, dat hulle hemelse liefde, waarin baie van hulle nog is, was aangedui deur die vlam wat aan die hand vasgeheg was, en dat die voël in die begin, toe hy in die kleurrykheid van sy kleure was, en die kragdadigheid van sy lewe aanduidend van hulle geestelike liefde is, maar dat die voël word asof dit steen is sonder lewe, en daarna van `n donkerder kleur aanduidend is van die inwoners wat hulleself verwyder het van die goeie van die liefde en is in boosheid, en nog steeds glo dat hulle steeds in die Meester is. Dieselfde word aangedui deur die gees wat opgekom het en wat die voël weggeneem het.
|
|
|
|
|