Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 155

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

158. Nadat ek ten opsigte van my gees, in die sterrehemel was, baie ver anderkant die wêreld van ons son, want dit kan waargeneem word in die veranderinge van die staat en van die klaarblyklike voortdurende vorentoe beweging, wat ongeveer tien ure geduur het, hoor ek ten einde laaste geeste wat praat naby `n sekere aarde, wat agterna ook deur my gesien is. Toe ek nader aan hulle kom, na `n geselsie, sê hulle dat besoekers somtyds van ander plekke hulle besoek, wat met hulle spreek oor God en hulle idee van denke verwar. Hulle wys ook die rigting aan vanwaar die geeste gekom het, waar dit waargeneem word dat dit geeste was van ons aarde. Toe hulle gevra word waarin word hulle denke verwar, antwoord hulle dat dit deur daardie geeste was dat hulle denke verwar word deur te sê dat hulle moet glo in die Goddelike as onderskeidelik in drie Persone, wat hulle steeds een God noem. En toe hulle die idees van hulle denke ondersoek, word dit aangebied as `n drie-enigheid wat nie deurlopend is nie, maar onderbroke; en met sommiges as twee wat tesame op een troon gesetel is, en weer met sommige `n derde wat na hulle luister, en dan van hulle af weggaan; alhoewel hulle elke Persoon God noem, en het `n verskillende idee van elkeen; en nog steeds noem hulle hom een God. Hulle kla uitermatig dat hulle hul verwar deur drie te dink en sê dat dit een is, want `n persoon behoort te dink soos wat hy spreek, en spreek wat hy dink. Die gees wat in die wêreld was as `n biskop en leraar, en wat met my was, was toe ondersoek ten opsigte van sy idee oor een god in drie Persone. Hy verteenwoordig drie gode, maar hierdie een deurlopend, maar hy bied hierdie drie-enigheid aan as onsigbaar omdat dit Goddelik is; en toe hy dit aanbied, was dit waargeneem dat hy slegs aan die Vader dink, en nie aan die Meester nie, en dat sy idee van die onsigbare God was niks anders as die natuur in die eerste stadium; waaruit die resultaat is dat vir hom is die innerlikes van die natuur sy Goddelikheid, en dus hieruit kan dit maklik lei om die natuur te erken as God. Dit moet geweet word dat in die ander lewe word die idee van enigeen, van enige onderwerp, sigbaar aangebied voor die aangesig, en deur hierdie metode word elkeen ondersoek ten opsigte van wat hy dink en waarneem aangaande dinge van die geloof; en dat die idee van die denke aangaande God die belangrikste van almal is; want daardeur, as dit waar en korrek is, word samevoeging bewerkstellig met die Goddelike, en daardeur met die hemel. Toe word hulle gevra watter idee hulle van God het, en hulle antwoord dat hulle nie God ervaar as onsigbaar nie, maar as sigbaar onder Sy Menslike vorm; en dat hulle dit weet, nie net uit innerlike waarneming nie, maar ook omdat Hy aan hulle verskyn het as `n Man en as Mens; en voeg by, dat as, in ooreenstemming met die idee dat sommige besoekers hulle die Godheid as onsigbaar beskou, dus sonder enige vorm en kwaliteit, dan moet hulle gladnie aan God dink nie, siende dat dit wat onsigbaar is, nie in enige idee van die denke val nie. Toe ek dit hoor, was dit aan my gegee om aan hulle te sê dat hulle goed doen om aan God te dink in `n Menslike vorm; en dat baie van ons aarde op dieselfde manier dink, veral as hulle dink aan die Meester, en dat die antieke mense op geen ander manier gedink het nie. Ek vertel hulle toe van Abraham, Lot, Gideon, en Manoah en sy vrou, en wat in ons Woord oor hulle gesê word, naamlik, dat hulle God gesien het onder Sy Menslike vorm en Hom erken het as die Skepper van die universum, en noem Hom JHWH, en dit ook uit innerlike waarneming, maar dat op hierdie dag dat innerlike waarneming uitgesterf het onder die hedendaagse mense, en in die hele Christelike wêreld, en vertoef slegs met die eenvoudiges wat in die geloof is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205