Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

80. Tot dusver was daar nog niks gesê van die kwaliteit van die engele van ons aarde nie; want hulle wat na die mens kom van hulle aarde en sit aan die hoof, soos genoem hierbo (n. 73), is nie engele in hulle innerlike hemel nie, maar is engele geeste, of engele in hulle uiterlike hemel. En omdat die natuur of gesteldheid van die engele van die innerlike hemel ook aan my openbaar is, is dit aan my geoorloof om ook te verhaal wat aan my gegee is om te weet. `n Seker een van die geeste van Jupiter wat vrees inboesem, het homself aan my linkerkant gevoeg onder die elmboog en spreek daarvandaan. Maar sy spraak was bars en ru, ook was sy woorde nie genoegsaam duidelik en afsonderlik nie; sodat ek `n sekere tydjie moes wag voordat ek sy bedoeling kon begryp. En wanneer hy praat, spuit hy iets van vrees daarmee saam in, dus vermaan hy my om die engele goed te ontvang wanneer hulle kom. Maar as antwoord gee ek hom dat dit nie van my afhang nie, siende dat almal ontvang word soos wat hy is. Aanstons kom die engele van daardie aarde ook na my toe, en ek was in staat om waar te neem uit hulle spraak met my, dat hulle totaal anders was van die engele van ons aarde; want die spraak was nie met woorde nie, maar deur idees, wat hom oral versprei deur my innerlikes, en dus het hulle ook `n invloei in my gesig, sodat die gesig saamwerk in elke besonderheid, beginnende by die lippe en voortgaan in elke rigting na die buitekant. Die idees wat in die plek van woorde was, was onderbroke of nie-deurlopend, alhoewel in `n kleiner graad. Agterna spreek hulle met my deur sekere idees wat nog meer onderbroke was, sodat elke tussenruimte skaars waarneembaar was. Tot my waarneming was dit soos die betekenis van woorde wat slegs tot die mening of bedoeling ag gee maar abstrak van die woorde. Hierdie spraak was meer verstaanbaar vir my as die vorige, en was meer voller. Soos die voriges vloei dit in my gesig, maar die invloei in ooreenstemming met die kwaliteit van die spraak, was meer deurlopend. Alhoewel dit nie begin soos die vorige van die lippe af nie, maar van die oë. Agterna het hulle meer aanhoudend en vol gepraat, sodat my gesig nie in staat was om mee te werk deur die gepaste gebaar nie, maar daar was `n invloei in die breins gevoel, en daarop was gereageer soos wat nodig was. Ten laaste het hulle so gepraat dat die gesprek slegs geval het op die innerlike intelligensie of begrip daarvan. Die vlotheid daarvan was soos `n dun aura. Ek voel die invloei myself, maar nie die verskil in besonderhede nie. Hierdie tipe van spraak was soos vloeistowwe, die eerste tipe soos vloeiende water, die tweede soos dunner water, die derde vergelykenderwys soos die atmosfeer, en die vierde soos dun aura. Die gees wat hierbo genoem was, wat aan my linkerkant is, het somtyds onderbreek, veral om my te waarsku om beskeie te handel met die engele; want daar was geeste van ons aarde wat dinge aanbied wat nie aangenaam is nie. Hy sê dat hy aanvanklik nie verstaan het wat die engele sê nie, maar agterna het hy toe hy nader na my linkeroor gebring was. En sy spraak was toe ook nie meer so kru, soos voorheen nie, maar soos die van ander geeste.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205