|
Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 156
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176. |
|
|
159. Voor dit gesê was, het hulle geglo dat ons geselskap ook van diegene was wat wens om hulle te verwar met die idee van drie aangaande die Godheid. Maar toe hulle die dinge hoor, was hulle vol van vreugde, en sê dat sommiges ook deur God gestuur is, wat hulle toe die Meester genoem het, wat hulle onderrig het aangaande Hom; en dat hulle nie meer gewillig is om besoekers toe te laat wat hulle omkrap, veral deur die idee van drie Persone in die Goddelikheid nie, siende dat hulle wéét dat God Een is, gevolglik dat die Goddelikheid een is, en nie `n totaal van drie nie, tensy hulle sou dink aan God as `n engel, in wie se innerlikes van sy lewe iets onsigbaars is, waaruit hy dink en wys is, en die uiterlike lewe wat sigbaar is onder die menslike vorm, waaruit hy sien en handel, en die voortkomende lewe wat die sfeer is van liefde en geloof van hom, want vanuit elke engel kom daar `n sfeer van lewe te voorskyn waardeur hy geken word al op `n afstand; en ten opsigte van die Meester, dat die voortkomende lewe van Hom is as die Goddelike Homself wat die hemele uitmaak, omdat dit voortvloei uit die Esse (Wese) van die lewe van liefde en geloof. Hulle sê dat op hierdie manier, en op geen ander wyse sou hulle `n Drie-enigheid en `n Een kon waarneem op dieselfde tyd. Toe ek dit hoor, was dit aan my gegee om te sê dat so `n idee van `n Dreienigheid en `n Een tesame ooreen kom met die engele se idee van die Meester; en dat dit van die Meester se eie leerstelling kom ten opsigte van Homself; want Hy leer dat die Vader en Hy Een is; dat die wat Hom sien, sien ook die Vader; en dat diegene wat in Hom glo, glo ook in die Vader en ken hom; ook dat die Trooster, waardeur bedoel word die voortgaande Goddelike, en wat Hy noem die Gees van Waarheid, so ook die Heilige Gees, vanuit Hom voortkom, en spreek nie uit Homself nie, maar uit Hom. Meer nog, dat die idee van `n Drie-enigheid en Een kom ooreen met die Esse en Existere (Wese en Bestaan) van die Meester se lewe self, toe Hy in die wêreld was. Die Esse van Sy lewe was die Goddelikheid self, want Hy is uit JHWH, en die Esse van elkeen se lewe is dit waarvandaan hy ontvang is, dus is die Existere (bestaan) van lewe van daardie Esse en dit is die Menslike vorm. Die esse van elke mens se lewe wat hy uit sy vader het, word genoem die siel; en die existere van lewe daaruit word genoem die liggaam. Die siel en die liggaam maak een mens uit. Die gelykenis tussen beide is soos dit wat `n kraginspanning en dit wat in `n handeling is daaruit, die handeling is die kraginspanning wat handel, en so is die twee dan een. Kraginspanning in die mens word die wil genoem, en die kraginspanning wat handel, die aksie. Die liggaam is die instrument, waardeur die wil, wat die vernaamste is, dan handel; en die vernaamste en die instrument in handeling is een; dus is die siel en die liggaam; ook een. Die engele in die hemel het so `n idee aangaande die siel en die liggaam, en dus weet hulle dat die Meester Sy Liggaam Goddelik gemaak het vanuit die Goddelikheid in Homself, wat Hy as `n Siel uit Sy Vader verkry het. Hierdie geloof wat ook oral in die Christelike wêreld ontvang word, wyk nie hiervan af nie; want dit leer: “Alhoewel Christus God en Mens is, is Hy nie twee nie, maar Een in Christus, ja, Hy is een en dieselfde Persoon; want soos die liggaam en die siel een mens is, so ook is God en Mens Een in Christus.” 159.1 Omdat daar so `n eenheid, of so `n Een in God was, het Hy, anders as die mens nie net ten opsigte van die siel nie, maar ook ten opsigte van die liggaam opgestaan, wat hy in die wêreld verheerlik het, waarvolgens Hy Sy dissipels ook genooi het deur te sê: “Voel aan My en kyk; want `n gees het nie vlees en bene soos julle sien dat Ek het nie.: (Lukas 24: 39). 159. 2 Hierdie dinge verstaan die geeste baie goed, want dit val op die vlak van hulle intelligensie. Dan voeg hulle by dat die Meester alleen krag het in die hemele, en dat die hemele Syne is. Waar dit aan my gegee is deur te antwoord dat die kerk op ons aarde dit ook weet, en dit vanuit die Mond van die Meester Self, voordat hy na die hemel opgevaar het; want hy het gesê: “Alle mag in die hemel en op aarde is aan My gegee.”
|
|
|
|
|