|
Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 87
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176. |
|
|
87. Geeste van Mars het na my toe gekom en hulleself aan my linkerslaap gevoeg, waar hulle op my geblaas het met hulle spraak, maar ek het dit nie verstaan nie. Dit was sag in sy vloeiing, en sagter het ek nog nooit voorheen waargeneem nie, dit was soos `n sagste aura. Dit blaas eerstens op my linkerslaap, en op my linkeroor van bo af, en daarna voort tot by my linkeroog, en bietjies vir bietjies na my regterkant, en vloei toe ondertoe, hoofsaaklik van die linkeroog tot by die lippe, en toe dit die lippe bereik, gaan dit by die mond in, en deur die deurgang in die mond, en inderdaat deur die oorkeelbuis, tot in die brein. Toe die asemhaling daar kom, verstaan ek hulle spraak, en dit was toegestaan om met hulle te praat. Ek het opgemerk dat as hulle met my praat, dat my lippe beweeg, en ook my tong `n bietjie, uit oorsaak van die korrespondensie van die innerlike spraak met die uiterlike spraak. Uiterlike spraak is dit van die duidelik hoorbare geluid wat sy weg vind na die eksterne membraan van die oor, vanwaar dit oorgebring word, deur middel van klein orgaantjies, membrane, en vesels wat in die oor geleë is, tot in die brein. Uit dit, was dit aan my toegestaan, om te weet dat die spraak van die inwoners van Mars baie anders was van dit van die inwoners van ons aarde, naamlik, dit was nie klankvol nie, maar amper onuitgesproke, en dring in tot die innerlike gehoor en sig met `n korter weg, en omdat dit so is, was dit meer perfek, en meer vol van die idees van gedagtes of denke, en is dus nader aan die spraak van die geeste en engele. Die opregte emosie van die spraak is ook verteenwoordig met hulle in die gesig, en die gedagtes deur die oë, want die gedagte en die spraak, en ook die emosie en die gesig, tesame handel soos een. Hulle beskou dit skandelik om een ding te dink en `n ander te spreek, en om een ding te wil en `n ander in die gesig te toon. Hulle weet nie wat skynheiligheid is nie, ook nie wat bedrieglike voorwendsel en misleiding is nie. Dat die spraak ook so was van hulle by die mees antieke mense op ons aarde, is aan my gegee om te weet deur gesprekke met sommiges van hulle in die ander lewe; en dat hierdie ding nog duideliker gemaak word, is dit toegelaat om te verhaal wat gehoor is, soos volg: “Dit was aan my getoon met `n invloei wat ek nie kan beskryf nie, watter tipe spraak hulle gehad het wat van die Mees Antieke Kerk was, naamlik, dat dit nie klankagtig was nie, soos die vokale stem van ons tyd nie, maar onuitgesproke, wat teweeg gebring is nie deur uitwendige asemhaling nie maar deur die interne; dus was dit spraak uit die denke of gedagtes. Dit was ook toegestaan om waar te neem wat hulle innerlike asemhaling was, dat dit voortgaan vanaf die navel of naeltjie tot by die hart, en so deur die lippe sonder om klankerig of welluidend te wees as hulle praat; en dat dit nie in die oor ingaan van `n ander deur die eksterne weg nie, en hammer op wat ons noem die drom van die oor nie, maar deur `n sekere interne weg, en in feite deur `n sekere gangetjie wat genoem word die oorkeelbuis. Dit was getoon dat deur sulke spraak kan hulle baie meer ten volle hulle gevoel, denke, gedagtes en idees beskryf en uitdruk, as wat ooit gedoen kan word deur klanke en lettergrepe of welluidende woorde, waarvan die spraak deur asemhaling en uiterlik gedoen word; want daar is geen woord, of inderdaad enigiets in die wêreld, wat nie gerig word deur die aanwending van die asemhaling nie. Maar met hulle was dit baie meer perfek, omdat dit teweeg gebring word deur innerlike asemhaling, wat meer perfek is, omdat dit meer intern is, en meer toepasbaar en beter aangepas is tot die egte idees van denke, en dit word verder geaffekteer deur die klein beweginkies van die lippe en ooreenstemmende veranderinge van die gesig. Want, siende dat hulle hemelse mense is, wanneer hul gedagtes voortskyn van hul gesig en oë, wat verskillend is in gelykvormigheid, die gesig ook in vorm ooreenkomstig tot die lewe van die emosie, en die oë tot die lig. Hulle kan onder geen omstandighede `n ander gesigsuitdrukking hê as dit wat in ooreenstemming is met hul denke nie; en omdat hulle spraak het deur middel van innerlike asemhaling, want dit is van die mens se gees self, was hulle daarom in staat om met engele te assosieër en te praat. Die asemhaling van die geeste van Mars was ook na my gekommunikeer; 87.1 en dit was waargeneem dat dit voortkom uit die streek van die borskas tot by die naelstring, en daarvandaan vloei dit opwaarts deur die bors met `n onmerkbare asemhaling na die mond toe. Hieruit, en ook deur ander bewyse van ervaring, was dit aan my duidelik gemaak dat hulle van `n hemelse spesie was, en dat hulle nie anders was as hulle wat van die Mees Antieke Kerk was op hierdie aarde nie.
|
|
|
|
|