Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

35. Sommige van die geeste van die aarde Mercurius het na my toe gekom, wat deur ander gestuur is, om uit te vind waarmee ek besig is. Een van die geeste van ons aarde sê aan hulle, dat hulle die ander wat hulle gestuur het, moet vertel om nie enigiets te spreek wat nie die waarheid is nie, maar net dit wat waar is, in ooreenstemming met die gewoonte, om dinge te suggereer wat die teenoorgestelde is van hulle wat hulle ondervra; want as enige van ons geeste van ons aarde so maak, sal hy gestraf word. Maar onmiddelik antwoord die geeste uit die groep wat op `n afstand is, waaruit hulle gestuur is, dat as hulle op grond daarvan gestraf moet word, dan moet almal gestraf word, siende dat deur oorsaak van die verkreë gewoonte kan hulle nie anders doen nie. Hulle sê as hulle met die mense van hulle eie aarde spreek, doen hulle ook so, maar nie met enige bedoelling om te mislei nie, maar om die begeerte om te weet te inspireer, want wanneer hulle dinge suggereer wat die teenoorgestelde is, en dinge op `n sekere manier verberg, dan word die begeerte om dit te weet geprikkel en word opgewonde, en deur die strewe om hierdie dinge uit te soek, word die geheue perfek gemaak. Ek het ook op `n ander tyd met hulle gespreek oor dieselfde onderwerp, en omdat ek geweet het hulle spreek met mense op hulle eie aarde, het ek hulle gevra op watter manier onderrig hulle die inwoners van hulle aarde. Hulle sê dat hulle onderrig hulle nie hoe die saak staan nie, maar tog insinueer of suggereer hulle `n persepsie daarvan, dat `n begeerte om te ondersoek en om dit te weet by hulle gekoester word en verder groei, waar die begeerte sou vervaag het as hulle die antwoord dadelik sou gee. Hulle voeg by, dat hulle suggereer dinge wat die teenoorgestelde is ook, vir die rede dat die waarheid lateraan beter te voorskyn kom, want alle waarheid word gemanifesteer deur `n verhouding met sy teenoorgesteldes.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205