Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

54. Dit was ook getoon hoe die gedagtes aangebied word deur die gesig. Die emosie van die liefde word gemanifesteer deur die aangesig en sy veranderinge, en die gedagtes deur die afwisseling van die vorme van die innerlikes daarin, maar dit kan nie verder beskryf word nie. Die inwoners van die planeet Jupiter het ook `n mondelinge spraak, maar nie so klankryk soos ons s’n nie. Die een tipe spraak help die ander, en hulle mondelinge spraak word geïnspireer deur die lewe van die spraak van die gesig. Ek was deur engele ingelig dat die eerste spraak van alle mense op elke aarde was die spraak deur die gesig, en dit uit twee bronne, die lippe en die oë. Die rede hoekom sulke spraak die eerste was, is, dat die gesig gevorm was vir die afbeelding van wat die mens dink en wil, en daarom was die gesig genoem die beeltenis en indeks van die denke, ook omdat in die mees antieke of vroegste tye daar soveel eerlikheid was, en die mens het nie daaraan gedink of gewens om enigiets anders te dink van wat hy wil nie, en dit moet vanaf sy gesig skyn. Dus ook die emosies van die denke, en die gedagtes daarin, kan ten volle aangebied word. Dit word ook duidelik vir die oog aangebied, en baie, as’t ware, in `n vorm tesame. Hierdie spraak, oortref die klankryke spraak soos wat sig die gehoor oortref of om `n landskap te sien wat die gehoor daarvan oortref, of die aanhoor daarvan deur `n verbale beskrywing. Hulle voeg by dat so `n spraak ooreenkom met die spraak van engele, waarmee die mens in daardie tye ook in aanraking en kommunikasie was; en verder, dat wanneer die gesig praat, of die denke deur die gesig, is dit die engele spraak met die mens in die uiterste natuurlike vorm, maar nie wanneer die mond spreek deur woorde nie. Elkeen kan ook verstaan dat die mees antieke mense kon nie die spraak van woorde gehad het nie; siende dat die waarde van taal was nie onmiddelik ingegiet in die mens nie, maar moes uitgevind word, en toegepas word op dinge; wat slegs gedoen kan word met die verloop van tyd. 54.1 Solank as wat opregtheid en eerlikheid met die mens was, net solank het hierdie spraak gebly. Maar sodra die denke een ding bedink en `n ander uitspreek, wat plaasvind wanneer die mens begin om homself lief te hê en nie sy naaste nie, dan het klankryke spraak begin ontwikkel, en die gesig word dan stil of daar word geveins. Dus was die interne vorm van die gesig verander, trek dit self saam, verhard en begin om leeg te word van lewe; maar die eksterne vorm, ontsteek deur die vuur van selfliefde, begin om te verskyn aan die oë van die mens asof dit vol lewe is. Want die afwesigheid van die lewe wat onderliggend lê, verskyn nie voor die oë van die mens nie, maar wel voor die oë van die engele, want hulle sien die innerlikes. So is die gesigte van hulle wat een ding dink en iets anders spreek; want geveinsdheid, huigelary, sluheid en misleiding, wat aan die orde van vandag is, lok hierdie effekte uit. Maar dit is anders in die ander lewe, waar dit nie toegelaat is om een ding te spreek en `n ander te dink nie. `n Verskil of onenigheid in die spraak en die gedagtes word daar ook duidelik waargeneem in elke woord; en wanneer dit in `n gees waargeneem word, word hy uit sy gemeenskap uitgewerp, en ook beboet. Daarna word hy verminder deur verskeie metodes om te praat soos wat hy dink, en om te dink wat hy wil; totdat hy `n onverdeelde denke het; sodat as hy goed is, kan hy die goeie wil en die waarheid dink en spreek uit die goeie, en as hy boos is, kan hy die boosheid wil en uit die valshede dink en spreek wat uit die bose is. Nie voordat dit plaasgevind het, word die goeie gees in die hemel opgeneem, en ook word die bose gees nie in die hel gewerp, voordat alle goeie uit hom verwyder is nie, vir die rede dat daar in die hel niks anders is as die valsheid en die bose nie, en in die hemel niks anders as die waarheid en die goeie nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205