Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

127. Die eerste Aarde in die sterre hemel, sy geeste en inwoners, uit dinge gehoor en gesien. Ek was deur die Meester gelei deur middel van engele na `n sekere aarde in die sterre hemel, waar dit aan my gegee is om self in die aarde te kyk, maar om nie met die inwoners daar te spreek nie, maar met die geeste wat daarvandaan was. Al die inwoners of mense van elke aarde, na hulle lewe in die wêreld afgehandel is, word geeste, en bly naby hul eie aarde. Alhoewel, vanuit hierdie geeste word inligting gegee aangaande hulle aarde, en oor die staat van die inwoners daar, want die mens, wanneer hy sy liggaam verlaat, bring saam met hom hulle hele vorige lewe, en sy hele geheue. 127.1 Om na die aardes gelei te word in die universum, is nie om gelei en daarheen vervoer te word in die liggaam nie, maar wel in die gees, en die gees word gelei deur die veranderlikes van die staat van die innerlike lewe, wat voorkom as `n vorentoe beweeg deur die eter of ruimte. 127.2 Benaderings word ook gemaak in ooreenstemming tot die ooreenkoms of eendersheid van die state van lewe; want ooreenkoms of eendersheid van lewe bind saam, en verskille, onenigheid en ongelyksoortigheid ontbind weer. Hieruit mag dit duidelik wees hoe verplasing gemaak word wat die gees betref, en die benader van dit wat in die verte lê, en die mens nog steeds met sy liggaam op dieselfde plek is. Maar om die gees te lei buite sy eie wêreld deur wisseling of verandering van die staat van sy innerlikes, en om die wisseling vooruit `n opeenvolgend te maak selfs tot `n staat wat ooreenkom met, of wat dieselfde is as diegene waarheen jy gelei word, lê slegs in die krag van die Meester alleen. Want daar moet voortdurend rekening gehou word met die rigting en die versiendheid vanaf die eerste tot die laaste, in die gaan en die terugkeer; veral met `n mens wat nog steeds in die wêreld van die natuur ten opsigte van die liggaam is, en daarby nog in die ruimte. Dat dit gedoen was, sal diegene wat nog in die liggaamlike sinne of sintuie is, en wat daaruit dink, nie oorreed word om te glo nie, want die rede van die liggaamlike sintuie kan nie verstaan hoe daar voortbeweging sonder ruimte kan wees nie. Maar hulle wat uit die sinne van hulle gees dink, ietwat verwyderd of teruggetrek van die sinne van die liggaam, dus innerlik in hulleself, kan gelei word om te verstaan en te glo, siende in die idee van innerlike denke is daar ook nie ruimte en tyd nie, maar in plaas daarvan daardie dinge waaruit ruimte en tyd bestaan. Dit is vir hierdie soort van mens dat dit wat volg betreffende die aardes en in die sterre hemel betrekking het, en nie vir die ander nie, tensy hulle onderneem om onderrig te word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205