Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

90. Die engele geeste spreek met my aangaande die lewe van die inwoners op hulle aarde, dat hulle nie onder `n heerskappy is nie, maar is gerangskik in gemeenskappe, groter en kleiner, en dat hulle assosieer met hulleself in hulle gemeenskappe soos ooreengekom met hulle in die denke, wat hulle onmiddelik weet uit die gesig en spraak, en word nie mislei nie. Dan is hulle onmiddelik vriende. Hulle sê ook dat hulle assosiasie baie genoeglik is, en dat hulle die een met die ander spreek oor daardie dinge wat in hul gemeenskappe gedoen word, veral dit wat in die hemel gedoen word; want baie van hulle het direkte kommunikasie met die engele van die hemel. Hulle in die gemeenskap wat pervers begin te dink, en hieruit om die bose te doen, word ontbind of van hulle gedistansieer, en word aan hulleself en alleen gelaat, en verwyl hulle tyd in ellendigheid buite die gemeenskap, tussen rotse of enige ander plek, wat die gemeenskap het geen belang meer by hulle nie. Sekere gemeenskappe probeer op verskillende maniere om hulle te verplig om te bekeer, maar as hulle nie slaag nie, verwyder hulle hulleself van hulle. Dus neem hulle voorsorg uit vrees dat die luste van domminasie en die luste van winsmaking nie `n greep op die ander kry nie, dit is, dus uit vrees dat die luste van domminasie enige gemeenskap dommineer en ondergeskik maak aan hulleself, en daarna baie meer; en uit vrees dat dat die luste vir winsmaking enige van die goedere van ander vervreem. Elkeen daar lewe tevrede met sy eie goedere, en elkeen met sy eie eer, en hooggeag as regverdig en een wat sy medemens liefhet. Hierdie vreugde, kalmte en rus van die denke sal vergaan, as hulle wat die bose bedink en wil nie uitgewerp word nie, en as die liefde vir die self en die liefde vir die wêreld nie omsigtig en hewig ontmoet word in die beginstadium nie. Want dit is die liefdes vir dié doel waarop koninkryke en heerskappye tot stand gebring was, waarin daar net `n paar is wat nie wens om domminasie te hê, en om die besittings van ander te besit nie. Want daar is min wat doen wat regverdig en billik is uit die liefde vir wat regverdig en billik is; nog minder hulle wat goed doen uit naasteliefde, eerder as uit vrees vir die wet, van die lewe, of die verlies van wins, of eer, en van reputasie op grond van daardie dinge.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205