Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

174. Toe spreek ek met die engele wat saam met my was oor domminasie of heerskappy, en sê dat daar twee tipes van heerskappy is, een van liefde teenoor jou naaste, en die ander die liefde vir die self; en dat die heerskappy van die liefde teenoor die naaste tussen hulle is wat apart in huise bly, in families, en in nasies; waar die heerskappy van self-liefde tussen hulle is wat in gemeenskappe bly. Tussen hulle wat apart in huise, families en nasies bly, het die vader van daardie nasie die heerskappy, en onder hom die vader van die familie, en onder hom, die vader van elke huishouding. Hy word die vader van die nasie genoem omdat die families uit hom hul oorsprong het, en uit daardie families word die huise ontleen; maar al hierdie oefen heerskappy uit die liefde, soos dié van `n vader vir sy kinders, wat hulle leer oor hoe om te lewe, hy doen goed aan hulle, en so ver as wat hy kan, gee hy vir hulle van homself. Dit kom nooit in sy denke op om hulle onderdanig aan hom te maak, as onderdane of as slawe of bediendes nie, maar hy begeer dat hulle hom gehoorsaam moet wees soos seuns hulle vader gehoorsaam. En omdat sy liefde verhoog, soos bekend, handel die vader van die nasie daarom vanuit `n meer innerlike liefde as die vader waaruit die seuns afstam. So is ook die heerskappy in die hemele in sover as wat die Meester se heerskappy strek, want Sy heerskappy is uit die Goddelike liefde teenoor die hele menslike ras. Maar die heerskappy van die self liefde, wat die teenoorgestelde is van die heerskappy van liefde teenoor die naaste, begin wanneer die mens homself vervreem van die Meester; want in dieselfde verhouding as wat hy nie die Meester liefhet en aanbid nie, het hy in dieselfde verhouding homself en die wêreld lief. En uit die noodsaaklikheid om veilig te wees, vorm die nasies met hulle families en huise hulleself in een liggaam, en vestig regerings onder verskeie vorme. En in die verhouding soos wat die self-liefde vermeerder, in dieselfde verhouding vermeerder die boosheid in allerhande vorme, soos vyandskap, jaloesie, wraak, wreedheid en misleiding, en word uitgeoefen op almal wat hulle teenstaan. Want uit die persoonlike individualiteit van hulle wat in die self-liefde is, ontspring niks anders as boosheid nie, en is inderwaarheid die boosheid self, en omdat die persoonlike individualiteit so boos is, ontvang dit niks van die goeie uit die hemel nie. Daarom is die self-liefde, terwyl dit regeer, die vader van al sulke booshede. 174.1 En daardie tipe liefde is ook van so `n geaardheid, dat sover as wat die teuels skietgegee word, wens dit om heerskappy te voer oor ander in die wêreld. Ja, dit is selfs nie genoeg nie, maar hy wens om heerskappy oor die gehele hemele te hê, soos wat dit duidelik is uit die Babilon van vandag. Dit is dan die heerskappy van self-liefde, waarvan die heerskappy van die liefde vir die naaste verskil net soveel as wat die hemele van die helle verskil. Maar hoe groot so `n heerskappy vir die self-liefde in gemeenskappe is of in koninkryke en ander regerings, vind `n mens tog self ook die heerskappy van liefde teenoor die naaste tussen hulle wat wys is in liefde tot God, want hulle het hulle naaste ook lief. Dat hulle ook in die hemele woon onderskei in nasies, families, en huise, alhoewel tesame in gemeenskappe, maar in ooreenstemming met geestelike verwantskappe, sal deur die Goddelike genade van die Meester later verhaal word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205