|
Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 135
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176. |
|
|
135. Omdat ek weet dat dit betwyfel sal word of dit enigsins moontlik is vir `n mens om enigiets op `n aarde wat so ver is te sien met die oë van sy gees, is ek toegelaat om te sê hoe hierdie ding in mekaar steek. Afstand in die ander lewe is nie soos die afstand op aarde nie. In die ander lewe is afstand heeltemal ooreenkomstig met die staat van die innerlikes van enige persoon. Hulle wat in `n soortgelyke staat is, is heeltemal in een gemeenskap en op een plek. Alles is daar teenwoordig ooreenstemmend met die eendersheid van staat en alles is veraf ooreenkomstig tot die ongelyksoortigheid van die staat. Daarom was ek naby daardie aarde toe ek deur die Meester gelei was in `n staat soortgelyk tot die van sy geeste en inwoners, en deurdat ek teenwoordig was, het ek met hulle gepraat. Hieruit is dit duidelik dat die aardes in die geestelike wêreld nie so ver is as wat dit in die natuurlike wêreld is nie; maar slegs oënskynlik, ooreenkomstig tot die staat van die lewe van die inwoners en geeste aldaar. Die staat van lewe is die staat van emosie met betrekking tot liefde en geloof. Ten opsigte van `n gees om in staat te wees om dinge te sien wat op `n aarde is, of wat dieselfde is, `n mens tot sy gees, is dit ook aan my toegestaan om dit te verduidelik. Nie geeste of engele kan deur hulle eie sig enigiets sien wat in hierdie wêreld is nie, want vir hulle is die lig van die wêreld, of van die son, soos `n dik donker duisternis; net soos `n mens wat deur sy liggaamlike sig nie enigiets kan sien wat in die ander lewe is nie; want vir hom is die lig van die hemel ook soos `n dik donker duisternis. Maar tog, geeste en engele, wanneer dit die Meester behaag, kan die dinge sien wat in die wêreld is deur die oë van die mens. Maar dit gee die Meester nie aan enigiemand anders as hulle aan wie dit gegee is om te spreek met geeste en engele nie, en om saam met hulle te wees. Deur my oë is dit aan hulle gegee om dinge te sien wat in hierdie wêreld is, en so duidelik soos wat ek kan sien, en ook om te hoor as die mens met my spreek. Dit het somtyds gebeur dat sommiges deur my hulle vriende gesien het wat hulle gehad het gedurende die lewe in die liggaam, net so teenwoordig as voorheen, en hulle was verstom. Hulle het ook hul mans gesien, of vrouens, en hulle kinders, en wens om hulle te vertel dat hulle teenwoordig was en het hulle gesien, en wens ook om hulle te vertel van hulle staat in die ander lewe. Maar ek was verbied om hulle te vertel en aan hulle te openbaar dat hulle gesien was, selfs vir die rede dat hulle my waansinnig sal noem, of sou gedink het dit was die hallusinasies van die verstand. Want dit was bekend aan my, dat alhoewel hulle dit erken met die lippe, glo hulle dit nog nie met die hart, dat daar geeste was, en dat die dode opgestaan het en was tussen die geeste self as geeste, en dat hulle kan sien en hoor deur die mens. Toe my innerlike sig vir die eerste keer oopgemaak was, en hulle in die ander lewe kon sien deur my oë die wêreld en die dinge wat daarin is, was hulle so verstom dat hulle dit die wonder van alle wonders genoem het, en was geaffekteer deur `n nuwe vreugde, dat daar `n kommunikasie met die aarde en hemel toegestaan is, en ook andersom. Die vreugde het vir maande geduur; maar daarna het dit gebruiklik geword. Nou het hulle opgehou om te wonder. Ek was onderrig dat die geeste en engele met ander mense, sien totaal niks van wat in die wêreld is nie, maar neem slegs die gedagtes en emosies waar van hulle met wie hulle is. Hieruit is dit duidelik dat die mens so geskape is, dat terwyl hy in hierdie wêreld lewe tussen mense, mag hy terselfdertyd ook in die hemel lewe tussen die engele, en om te gesels; dus dat die hemel en die wêreld met die mens tesame mag wees, en handel as een; en dat die mens mag weet wat in die hemel is, en engele wat in die wêreld is, en wanneer die mens sterf, mag hulle dus uit die Meester se koninkryk op aarde oorgaan in die Meester se koninkryk in die hemel, nie soos in `n ander koninkryk nie, maar soos asof in dieselfde waarin hulle ook was toe hulle in die liggaam was. Maar omdat die mens so liggaamlik-stoflik-sinlik geword het, het hy die hemel toegemaak vir homself.
|
|
|
|
|