|
Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 102
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176. |
|
|
102. Die inwoners van die planeet Saturnus het `n verwantskap in die Groot Kosmiese Mens, tot die middel gewaarwording tussen die geestelike en die natuurlike mens, maar wat terugtrek van die natuurlike en wat nadertree na die geestelike. Daarom is dit dat dit voorkom of daardie geeste weggeraap word na die hemel, en teenswoordig om weer teruggebring te word, want wat behoort aan die geestelike sin, is in die hemel, en wat behoort aan die natuurlike sin, is onder die hemel. Aangesien die geeste van ons aarde `n verwantskap het met die natuurlike en liggaamlik-stoflike sin, was dit aan my gegee deur duidelike ondervinding hoe die geestelike mens en die natuurlike veg en stry met mekaar, wanneer die laasgenoemde nie in geloof en naasteliefde is nie. Die geeste van Saturnus kom al van ver af in sig, en dan word daar `n lewende kommunikasie geopen tussen hulle en sulke geeste van ons aarde, en laasgenoemde, as hulle die voorgenoemdes waarneem, word asof hulle besete is, en begin om hulle te besmet en te verpes, deur onwaardige suggesties by hulle in te smelt betreffende die geloof, en ook aangaande die Meester, en terwyl hulle hul beledig met hierdie skelwoorde en beledigings, werp hulle hulleself ook tot in die middel van hulle, en uit die waansin waarin hulle verkeer, streef hulle om boosheid aan hulle te doen. Maar die geeste van Saturnus vrees niks nie, omdat hulle verskans is en in vrede en kalmte lewe; teenoor die geeste van ons aarde, as hulle in die middel van hulle is, begin hulle om gemartel te word, en om met moeite asem te haal, en so werp hulle hulself uit, een op hierdie manier en `n ander op `n ander manier, totdat hulle almal verdwyn het. Die geeste wat teenwoordig was, neem hieruit waar, wat die kwaliteit van die natuurlike mens is wanneer afgeskei van die geestelike, en wanneer hy in `n geestelike sfeer kom, naamlik, dat hy waansinnig word; want die natuurlike mens afgeskei van die geestelike is wys slegs vanuit die wêreld, en nie vanuit die hemel nie, en hy wat wys is uit die wêreld, glo niks, maar net wat waargeneem kan word met sy sinne, en die dinge wat hy glo, glo hy uit die dwaalbegrippe van die sinne, wat, tensy dit verwyder word deur `n invloei vanuit die geestelike wêreld, valshede produseer. Daarom is dit dat geestelike dinge vir hom niks is nie, in sover dat hy dit nie kan verdra om enigiets te hoor wat geestelik is nie, daarom word so iemand waansinnig as hy in `n geestelike sfeer gehou word. Dit is anders gedurende hulle verblyf in die wêreld, waar hulle of natuurlik dink, of hulle ore afwend dat hulle dit nie hoef te hoor nie, dit is, hulle hoor maar gee nie aandag nie. Dit word ook duidelik uit hierdie ervaring, dat die natuurlike mens kan hom nie self aan die geestelike wêreld voorstel nie, dit is, opstyg nie, maar wanneer die mens in geloof is, en daarby in `n geestelike lewe, vloei in hierdie geval die geestelike mens in die natuurlike, en dink daaruit. Want daar word `n geestelike invloei gegee, dit is, `n invloei van die geestelike wêreld in die natuurlike, maar nie die teenoorgestelde nie. 102.1
|
|
|
|
|