|
Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling EMANUEL SWEDENBORG
Hoofstuk 159
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176. |
|
|
162. Toe die gees wat `n biskop en `n prediker was, met die mense is wat geklee was, verskyn daar `n vrou met `n pragtige gesig, geklee in eenvoudige klere, met `n tuniek wat sierlik agter haar en na vore oor die arms gebring was. Sy het `n pragtige hoofdeksel, in die vorm van `n kransie met blomme. Daardie biskop-gees was grootliks verheug by die sig van hierdie maagd, en praat met haar, en neem ook haar hand. Maar toe sy waarneem dat hy `n gees was, en nie van daardie aarde nie, haas sy haar daarvandaan weg. Daar verskyn toe aan hom aan die regterkant baie ander vrouens, wat omsien na skape en hulle lammers, wat hulle toe lei na `n watertrog wat voorsien is met water deur `n kleinerige grag uit `n meer. Hulle was dieselfde geklee, en hou herderstawwe in hulle hande, waardeur hulle die skape en lammers lei om te drink. Hulle sê dat die skape in die rigting gaan waarheen hulle met hulle stawwe wys. Die skape wat gesien is, is baie groot, met wollerige sterte, beide breed en lank. Die gesigte van die vroue, nader beskou, was vol en baie mooi. Die mans was ook gesien, en hulle gesigte was die kleur van mensvleis, soos op ons aarde, maar met die verskil, dat die laer deel van die gesig, in die plek van die baard, was swart, en die neus meer die kleur van sneeu as van vleis. Agterna was die gees hierbo genoem wat `n leraar was, verder gelei, maar onwillig, omdat sy gedagtes nog steeds by daardie vrou was waaroor hy so verheug was, wat duidelik geword het deur ietwat van `n skaduwee van hom wat steeds verskyn in die vorige plek. Toe kom hy by hulle wat nakend was, en wat gesien was dat hulle twee-twee loop, en is man en vrou omgord met `n bedekking om die lendene en `n sekere bedekking op die hoof. Die gees was toe gelei in die staat waarin hy in die wêreld was wanneer hy begeer het om te preek, en sê dat hy aan hulle die Meester se kruisiging sal preek. Maar hulle sê dat hulle nie so-iets wil hoor nie, omdat hulle nie weet wat dit beteken nie, maar hulle weet dat die Meester lewe. Hy verklaar toe dat hy wens om vir hulle te preek dat die Meester lewe. Maar dit weier hulle ook om aan te hoor, en sê dat hulle iets wat nie hemels is nie, by hom waarneem, omdat hy baie van homself dink, van sy bekendheid en sy eer, want hulle kan slegs uit die toon van sy stem hoor of dit uit die hart kom, of nie, en omdat hy so was, kon hy nie vir hulle preek nie. Hierop was hy stil, want in die wêreld het hy baie gevoelvolle krag gehad, sodat hy die hoorders sterk na heiligheid beweeg het, maar hierdie krag het hy verkry deur kuns, en dus is dit uit homself en die wêreld, en nie van die hemel nie.
|
|
|
|
|