Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

154. Wat betref Goddelike aanbidding, sê hulle dat hulle God aanbid in die Menslike vorm, dus ons Meester; want wie ookal die God van die universum onder die Menslike vorm erken, word aanvaar deur die Meester en word deur Hom gelei. Die res kan nie gelei word nie, omdat hulle dink sonder `n vorm. Hulle voeg by dat die inwoners van hulle aarde word onderrig in die dinge van die hemel deur `n soort onmiddelike interaksie met engele en geeste, waarin hulle meer gemakliker gelei kan word deur die Meester as die ander, omdat hulle dit wat liggaamlik is uit hulle denke en emosies verwerp. Ek vra wat word van hulle wat tussen hulle is wat boos is. Hulle sê op hulle aarde word dit nie toegelaat om boos te wees nie; maar as enigeen boos dink of boosheid doen, word hy getug deur `n sekere gees wat hom met die dood dreig as hy volhou om so te doen; en wanneer hy volhard in boosheid, sterf hy in `n aanval van pyn, en op hierdie manier word die mense van daardie aarde bewaar teen die besoedeling van die bose. Een so `n gees was na my toe gestuur en met my gepraat soos wat hy doen met sy eie mense. Meer nog, hy het pyn saamgebring in die omgewing van my buik, en sê dat hy so doen aan hulle wat boosheid dink en doen, en bedreig hulle met die dood, as hulle volhou daarmee. Hy sê dat hulle wat heilige dinge besoedel en ontheilig, word ongenadiglik gestraf, en voordat die strafengel kom, verskyn daar aan hom `n visioen van die kake van `n leeu, wyd geopen, met `n doodsbleek kleur, wat blyk asof hy hulle koppe wil insluk, en wat dit van die liggaam wil afskeur, waardeur hulle met angs en bewing bevange raak. Hulle noem die strafengel die duiwel.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205