Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 150

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

Ander Aardes in die Universum 151-200 (Afr) Emanuel Swedenborg 1688-1772. Arcana Coelestia – geheime van die hemele 151. Hulle vertoon dan hulle woonplekke voor die geeste van ons aarde, wat sê dat hulle nog nooit so-iets pragtigs gesien het nie, en ek het dit ook gesien. Daarom kan ek dit beskryf. Hulle is gebou uit bome, maar nie neergekap nie, maar groei in hulle natuurlike aarde. Hulle sê dat op hulle aarde was daar bome met `n wonderbaarlike groei en hoogte. En dit rangskik hulle vanaf die begin in sy orde, sodat dit kan dien as `n oordekte suilegang en wandelgange, en deur die takke te sny en te snoei wanneer hulle nog jonk is, dan pas hulle en berei hulle dit so voor dat terwyl hulle nog groei kan hulle dit vleg en in `n eenheid bewerk om die basis van die vloer van die huis te maak, en die kante word opgelig, en bo gebuig in `n gewelf vir die dak. Deur hierdie metode rig hulle die woning op met bewonderingswaardige kunstigheid, opgelig hoog bokant die aarde, en hulle berei ook `n oploop daarin deur opeenvolgende takke van die boom wat uitsteek en word stewig aan mekaar geheg. Bowendien versier hulle die woning van buite en van binne op verskillende maniere, deur die beblaarde takke te buig op verskillende maniere en vorms. So bou hulle volledige boomhuise. Maar wat en hoe hierdie wonings van binne was, was ek nie toegelaat om te sien nie. Dit was slegs aan my vertel dat die lig van hulle son ingelaat word deur openinge tussen die takke, en is hier en daar oorgebring deur kristalle, waardeur die lig op die mure val en kleure veroorsaak soos die van `n reënboog, veral die kleure blou en oranje, waarvan hulle meer hou as die res. So is hulle argitektuur, wat hulle verkies bokant die pragtigste paleise van ons aarde.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205