Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 55

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

55. Ek was verder deur die geeste van daardie wêreld meegedeel, betreffende verskeie besonderhede oor sy inwoners, wat betref hulle manier van loop, hulle voedsel, en hulle woonplekke. Ten opsigte van hulle manier van loop – hulle loop nie regop soos die inwoners van hierdie of baie ander aardes nie, ook kruip hulle nie soos diere nie; maar soos wat hulle voortgaan, steun hulle hulleself met hulle hande, en alternatiewelik, lig hulleself op op hulle voete, en ook met elke derde tree draai hulle die gesig na die kant toe en agter hulle, en terselfdertyd buig hulle die liggaam `n bietjie, wat skielik gedoen word, want by hulle is dit onbehoorlik om gesien te word deur ander behalwe in die gesig. As hulle dus loop hou hulle altyd die gesig opgehef na ons toe, sodat hulle na die hemele kan kyk sowel as na die aarde. Om die gesig net na onder te hou asof net na die aarde te kyk, noem hulle `n vervloeking. Die mees gemeenstes onder hulle doen so, maar as hulle aanhou en nie hulle gesigte ophef nie, word hulle uit die gemeenskap verban. Wanner hulle sit kom hulle voor soos mense van ons aarde, regop met die boonste gedeelte van die liggaam, maar hulle sit gewoonlik bene oorkruis. Hulle neem spesiale voorsorg, nie net wanneer hulle loop nie, maar ook as hulle sit, om in die gesig gesien te word, en nie teen die agterkant nie. Hulle is ook baie gewillig om hulle gesigte te laat sien, omdat hulle denke daarvandaan te voorskyn kom, want by hulle is die gesig nie in `n verskil met die denke nie, ook kan hulle dit inderdaad ook nie doen nie. Hulle daar teenwoordig weet ook baie duidelik hieruit watter rangskikking hulle het teenoor mekaar, veral wanneer hulle klaarblyklike vriendskap opreg of geforseerd is, want dit hou hulle nooit bedek nie. Hierdie besonderhede word aan my getoon deur hulle geeste, en bevestig deur hulle engele. Daarom word ook hulle geeste gesien loop, nie regop soos ander nie, maar amper soos persone wat swem, en kom voor asof hulle hulself vorentoe help met hulle hande, en met tye om rondom hulle te kyk.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205