Ander Aardes in die Universum 1 - 200 versameling
EMANUEL SWEDENBORG

Hoofstuk 61

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176.

61. Die geeste van daardie aarde is nie gewillig om te assosieer met die geeste van ons aarde nie, omdat hulle in beide verstand en manier verskil. Hulle sê dat die geeste van ons aarde baie slu is, en dat hulle aangehits word om boosheid te versin en uit te dink, en dat hulle baie min van die goeie weet en ook min daaraan dink. Bowendien is die geeste van die aarde Jupiter baie wyser as die geeste van ons aarde. Hulle sê ook van ons geeste, hulle praat baie en dink te min en dus is hulle nie in staat om `n innerlike persepsie van baie dinge te hê nie, nie eers van dit wat goed is nie; daarom kom hulle tot die gevolgtrekking dat die mense van ons aarde eksterne mense is. Eenkeer was dit ook toegelaat dat die bose geeste van ons aarde, met hulle bose kunste, om te handel en die geeste van Jupiter wat met my was, te besmet en te vervuil. Die geeste van Jupiter her hulle vir `n lang tyd verduur, maar naderhand gesê hulle kan dit nie meer uithou nie, en dat hulle glo dat dit onmoontlik is dat slegter geeste kan bestaan, want hulle het hulle verbeelding so besmet en ook hulle gedagtes op so `n manier dat dit vir hulle geblyk het dat dit gebind is, en dat hulle dit nie kan ontwar en vry stel sonder Goddelike hulp nie. Terwyl ek in die Woord sommige gedeeltes lees wat handel oor die Meester se kruisiging, het die Europese geeste ontsettende skandale laat deurdring, met die bedoeling om die geeste van Jupiter te verlei. Navrae was gedoen wie hulle was, en wat was hulle nering in die wêreld, en dit was ontdek dat sommiges predikers was, en dat die grootste deel van hulle was wat hulleself van die Meester se gemeenskap noem, of die Jesuit’e. Ek sê dat toe hulle in die wêreld was, kon hulle deur hulle prediking oor die kruisiging, die gewone mense tot trane beweeg. Ek voeg ook die rede daarvoor by, dat in die wêreld het hulle een ding gedink en `n ander gespreek, dus om een ding in die hart te vertroetel, maar om `n ander te erken met die mond, maar nou is dit nie meer geoorloof om so misleidend te spreek nie, omdat, wanneer hulle geeste geword het, is hulle verplig om te spreek net soos wat hulle dink. Die geeste van Jupiter was grootliks verstom dat daar so `n groot verskil kan wees tussen `n mens se innerlikes en sy uiterlikes, sodat hy verskillend kan spreek as wat hy dink, wat vir hulle onmoontli blyk te wees. Hulle verwonder hulle dat toe hulle hoor dat baie van ons aarde word ook engele, en is van `n andersoortige hart, en het van die veronderstelling af uitgegaan dat almal wat op ons aarde is, so is soos hulle wat teenwoordig was. Maar dit was gesê dat daar baie was met `n ander ingesteldheid, en dat daar ook hulle is wat uit die goeie dink, en nie soos hulle uit die bose nie; en hulle wat uit die goeie dink, word engele. Dat hulle mag weet dat dit so is, kom daar uit die hemel kore van engele van ons aarde, en een na die ander, wat met een stem en in harmonie tesame die Meester loof. 61.1 Hierdie kore het die geeste van Jupiter wat by my was so bekoor, dat dit selfs vir hulle gevoel het dat hulle in die hemel was. Die verheerliking deur die kore het ongeveer `n uur geduur, en die genot wat hulle ontvang het, was aan my gekommunikeer en aan my gegee om te voel. Hulle sê dat hulle hul mense daarvan sal vertel waar hulle ookal is.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205