DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

DIE NATUURLIKE SON Aankondigings oor ons son en haar natuurlike omstandighede, deur die innerlike woord ontvang deur Jakob Lorber. INLEIDING In die kort tydperk van drie en ’n halwe maand (8 Augustus tot 21 November 1842) het Jakob Lorber deur die innerlike woord bygaande werk oor ons son neergeskryf en voltooi. Die sensasionele inhoud daarvan is vandag nog in stryd met die wetenskaplike idees oor die natuurlike toestande op die son en sou daarom heel goed op menigeen kan oorkom as 'n geslaagde stuk wetenskapfiksie. Wie hom egter by die lees van hierdie boek laat lei deur sy suiwer sin vir waarheid, sal met verbasing en verwondering kennis neem van die lewendige beskrywings in hierdie boek oor die wese, die voorkoms en die funksie van die son - beskrywings waarvan 'n onweerlegbare logika uitgaan. Uit hierdie boek blyk ondubbelsinnig dat die ou leer oor die vloeibare, warm voorkoms van die son 'n fout is. In plaas daarvan word 'n sinvolle verklaring gegee van die wese van hierdie lig en haar kragte. Binne hierdie voorstelling is die son in wese meer 'n vaste wêreld as 'n vurige, skitterende hemelliggaam. Sy word as volg beskryf: "As planetêre hemelliggaam is die son so gebou dat sy van binne eintlik uit sewe sonne bestaan, waarvan hulle hulleself telkens 'n kleiner binne 'n groter bevind, soos een hol sfeer binne die ander. Slegs die binneste son, wat as te ware die hart van die sonplaneet is, is vanaf haar oppervlakte tot by haar middelpunt vaste materie. (Hoofstuk 2, 8). Al sewe die atmosferiese tussenruimtes voorsien sfere wat egter bewoon is. Slegs by verre vergelykbaar met die aardse mense, bestaan hierdie fynstoflike mense egter slegs op die oppervlak van die buitenste sfeer (of hol bal), wat verdeel is in sewe, deur berge en mere van mekaar geskeide gordelpare. Elkeen kom telkens ooreen met één van die planete wat tot die son behoort en vertoon boonop al haar kenmerkende lewensvorme. In die ses "binnesonne" daarenteen, is daar geen mense meer met `n stoflike liggaam nie, maar slegs sogenaamde "grondlig¬geeste", wat binne 'n geordende geestelike ontwikkeling van die binneste son trapsgewys opklim tot die buitenste sonnesfeer om uiteindelik daar 'n materiële liggaam aan te neem.