|
DIE NATUURLIKE SON JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 15
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75. |
|
|
HOOFSTUK 13
Besitsverhoudings en lewensbehoeftes van die inwoners van die middelgordel
1. Op die son en veral op ons gordel bestaan daar weliswaar absoluut geen sogenaamde eiendomsreg soos by julle op aarde nie, maar in plaas daarvan bestaan daar 'n ekonomiese reg, en dit gaan uit van die beginsel dat niemand sonder grondbesit mag wees nie. Die grond word egter altyd deur die beamptes wat vir hierdie doel aangestel is, uitgemeet en aan die een of ander vir gebruik gegee. Die grondeienaars het dus die alleenreg op die vruggebruik van hulle uitgemete stuk grond, solank as wat hulle lewe.
2. Na hul afsterwe mag die beamptes, wat deur die hoofleraars aangestel is, ooreenkomstig die orde oor hierdie stukke grond beskik. Om dié rede hou dan die op julle aarde gewone, deur My so verafsku, kinder-erfreg, op om te bestaan. Die kinders word egter, wanneer hulle die vereiste kennis en vaardighede besit, geheel en al deur die beamptes versorg.
3. Dit gebeur op die volgende manier: Het 'n ouerpaar maar één, twee, drie of vier kinders, dan word nog tydens die lewe van die ouers, wanneer die kinders mondig geword het, die grond so verdeel dat die kinders twee-derdes van die grond uitgemeet kry, terwyl die ouers een derde deel behou. Die derde deel gaan na die afsterwe van die ouers nie aan die kinders oor nie, maar die beamptes kan dit aan iemand gee wat nog geen grond het nie. So ’n verdeling vind egter altyd maar net gedurende twee geslagte plaas. By die derde geslag vind daar weer 'n vereniging van verskeie verbrokkelde stukke grond plaas, wat dan, sovêr dit toereikend is vir die behoefte van mense wat geen grond besit nie, weer volgens die orde verdeel.
4. Aan die oorblywende mense egter, wat nie by die her-uitmeting betrek kon word nie, word dan 'n sogenaamde stuk reserve-grond beskikbaar gestel. Wat is so stuk reserve-grond eintlik? Dit is 'n stuk grond, wat óf 'n aansienlike oorskot van die uitgemete en alreeds in besit genome grond is, óf dit is stukke grond wat nog nooit deur iemand besit is nie, of ook so nou en dan gronde wat hier en daar, na die verskynsels wat reeds deur ons gade geslaan was, uit die water tevoorskyn kom, soos die eilande in julle seë.
5. Daarom ly daar ook nooit iemand armoede op die son nie, alhoewel hierdie hoofgordel buitengewoon digbevolk is. Want ten eerste is die mense immers nie eers soveel groter as baie van julle mense op aarde nie, en ten tweede het hulle 'n honderd maal kleiner behoefte as veel kleiner mense by julle en daarom is hulle dan ook tevrede met 'n veel kleiner stuk grond as die mense op julle aarde.
6. Hul kleding bestaan uit niks anders as 'n ligte voorskoot om die heupe en 'n taamlike breë hoed nie. Die voedsel wat deur die grondbodem van die son voortgebring word, staan presies in die regte verhouding tot hul doelmatige eet behoefte van die oomblik. Daarom het 'n grondbesitter ook meer as genoeg aan een stuk grond, wat by julle so groot is as ongeveer 'n halwe akker (4840 vierkante jaarts).
7. Hierdie verdeling volgens 'n wetlike orde het op die son dan ook die goeie gevolg dat die mense van hierdie gordel absoluut geen kennis het van 'n stryd oor eiendomsreg nie.
8. Moet die grondeienaars miskien belasting betaal aan die verskillende ampsdraers? So-iets is vir elke sonbewoner heelte¬mal vreemd, want alle beamptes en leraars het elkeen hul eie grond, selfs die tydwagter sit op sy grond en bodem wat vir hom uitgemeet is.
9. Nou is die vraag egter: Mag een buurman hom nie ook met die opbrengs van die grond van sy buurman versadig nie? Sekerlik wel, want in geval van nood is alle onuitgekeerde gronde weliswaar gemenegoed, maar tog word niemand toegelaat om dit moedswillig te doen nie. In werklikheid doen niemand dit ook nie, want slegs abstrakte gebooie en wette bring misdadigers voort. Waar die vryheid van wil egter soveel as moontlik in stand gehou word, kan dit ook die maklikste vir die instandhouding van die algemene orde ontwikkel word.
10. Want 'n wil wat deur ongenaakbare wette ingesnoer is, is 'n gekwelde wil. 'n Gekwelde wil skep egter geen genoeë in die orde nie, maar streef maar net daarna om willekeurig sy gang te gaan en hy let weinig daarop of die handeling volgens die wetlike orde is, want die riglyn vir sy handeling is sy eie genot. Wanneer die wil egter vry gehou word en die wette van die orde in vryheid erken word, raak hy ook vinnig vertroud met die noodsaaklikheid daarvan, wat vir hom aangenaam word en hy sal juig oor die goddelike orde wat hy in homself ontdek het.
11. Dit is ook 'n eerste grondreël by die opvoeding van die kinders op die son, wat ook op aarde beter sou gewees het as die onderrig waardeur die geheue geteister, die verstand mishandel en die gees gedood word! Maar ons is nou op die son en nie op aarde nie, daarom sal ons ook met die geopende oë van die gees kyk hoe die Goddelike orde orals, selfs by die mees onbeduidende huislike inrigtings en strewes, heel aanskoulik tot uiting kom.
|
|
|
|
|