DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 50

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 48 ’n Tempel-kompleks op die sesde gordelpaar. Die voorhowe van die tempel 1. Die tempel waarin die inwoners van hierdie gordel God vereer, het nie so ’n uitgestrekte en reuse boustyl soos die hoofweg wat reeds aan ons bekend is nie. Desondanks is hy tog, wat die kunstige boustyl aanbetref, die uitsonderlikste meesterstuk van die hele boukuns van die inwoners van hierdie gordel. Veral twee dinge spring by die konstruksie van hierdie tempel in die oog en dit is sy omvang en hoogte. 2. Die omvang van so 'n tempel is so enorm groot, dat julle Hongarye byvoorbeeld skaars groot genoeg sou wees om die hele bouwerk op sy grondgebied te kan plaas. Oor sy hoogte kan gesê word dat julle hoogste berge skaars as versierings op die verskillende hoeke en kurwes van die tempel sou kon dien. 3. Is die tempel één gebou? O nee, so ’n tempel bestaan, net soos 'n woonhuis op hierdie songordel, as’t ware uit verskeie geboue en lyk eerder soos 'n reuse-stad as 'n afsonderlike gebou. 4. Die voorhof van so ’n tempel bestaan uit 'n meer as honderd vadem hoë ringmuur, wat egter nie in 'n reghoekige vierkant gebou is nie, maar altyd gerig is volgens die grondtoestande van die land waarop so tempel gebou is. 5. Op 'n afstand van ongeveer duisend vadem agter hierdie muur is torings op 'n gereelde afstande gebou, op die manier waarop julle die sogenaamde toring van Babel vir julleself voorstel. Hierdie torings is almal van gelyke hoogte en daarvan steek twee-derdes bo die ringmuur uit. 6. As die grond binne die ringmuur nie volkome gelyk is nie, word dit op plekke waar die laer is, opgevul en gelykgemaak, want op die gelykte waarop die tempel staan, mag geen verhoging of versakking voorkom nie; hier geld naamlik letterlik: Die berge moet verlaag en die dale gevul word om gelyk te kom. 7. Waartoe dien hierdie torings dan? Hulle dien in ’n sekere sin dieselfde doel as wat die groot piramides van Egipte voorheen by julle gedien het. Dit is naamlik grafmonumente van die inwoners van hierdie gordel, wat tot die gebied van die een of ander tempel behoort. So ’n toring is egter nie die grafmonument van één enkele mens nie, maar is gebou as begraafplaas vir vele duisende en nogeens duisende mense. Onderaan beloop die omvang daarvan dikwels vier Duitse myl, en sy hoogte bo die grond is iets meer as driehonderd vadem. So ’n toring lyk eintlik meer soos 'n gemesselde berg as 'n ware toring. By sommige tempels staan daar binne die muur etlike honderde sulke torings. 8. Verder na binne, ongeveer 'n Duitse myl by die torings verby, verhef daar 'n groot ronde gebou homself tot 'n hoogte van duisend vadem. Die ronde gebou het geen verdiepings nie, maar bestaan uit louter boë, waar daaroorheen 'n meer as tweeduisend vadem breë pad loop. Hierdie pad is beide aan die binne-, sowel as aan die buitekant, omring deur pragtige, pragtige versierde balustrades. Oral waar 'n boogpyler op die grond staan, is daar bo-op die pad nog 'n groot triomfboog opgerig, wat nog 'n hoogte van vyfhonderd vadem bo die pad het. Via elke pyler kan ’n mens deur middel van 'n in die middel geplaaste wenteltrap op die pad kom. Vanaf die pad lei dan weer 'n tweede wenteltrap via die symuur van 'n triomfboog na die hoë gallery van die triomfboog self, wat aan die bokant gelyk is en ook daar weer omring is deur stewige, metaal balustrades. 9. Die straat oor die boë word die 'straat van die goddelike eer' genoem. Oor hierdie straat hou die mense van hierdie gordel 'n soort optog en tydens hierdie wandeling loof hulle die grote mag en eer van God. 10. Met hierdie gebou, wat nog altyd 'n omtrek van twee-, drie- en soms vierhonderd myl het, is ons klaar. Nou gaan ons weer 'n Duitse myl verder. Daar sien julle weer 'n ring van hemelhoë torings, wat in werklikheid egter meer die voorkoms van reusagtige obeliske as van torings het. 11. Op die grond sien julle die almal ewe hoë, keëlvormige voetstukke van hierdie reuse obeliske, en elkeen van hierdie voetstukke het al 'n hoogte van tweeduisend vadem. Bo hierdie voetstukke verhef die reuse obeliske hulle dan eers, wat ewenwel nie vierkantig, maar koniese rond is en vanaf die voetstukke 'n hoogte van vierduisend vadem het. Hierdie ronde obeliske loop egter nie glad omhoog soos 'n kegel nie, maar trapsgewys, en wel so, dat ’n mens vanaf die sokkels wat met ’n sterk balustrade omring is langs die buitekant tot aan die bokant van die obelisk kan kom. Om te verseker dat sulke obeliske ook vanaf die grond beklim kan word, loop daar deur elke voetstuk aan één kant 'n wenteltrap tot by die voet van die obelisk wat op hierdie voetstuk rus. 12. Waartoe dien hierdie obeliske dan? Hulle dien om die mense die krag van die Goddelike wysheid te laat beskou. Want die bouers van hierdie gordel is natuurlik ook goeie wiskundiges, wat weet dat daar in 'n kegel die grootste geheime van die meetkunde verborge lê en daarin soek hulle ook die grondslag van die wysheid. Daarom stel hulle ook hierdie monument op ter ere van die krag van die Goddelike wysheid. Nou het ons dus ook hierdie gedeelte van die tempel gesien. 13. Laat ons nou weer 'n ruim myl landinwaarts gaan. Hier sien ons geen gebou nie, maar 'n ruim één Duitse myl breë grag, wat heeltemal tot bo met water gevul is. Oor hierdie water loop geen brug nie, maar 'n mens kan slegs met sierlike roeibote, wat in groot getalle langs die oewers teenwoordig is, daaroor kom. Die grag mag egter nooit te diep wees nie, want die water moet oral so hoog staan dat dit 'n man hoogstens tot aan die ken reik. 14. Laat ons nou hierdie water oorsteek en een Duitse myl verder gaan! Kyk, hier doem daar met 'n huiweringwekkende hoogte reeds die eerste voorhof van die eintlike tempel voor ons op. 'n Agtduisend vadem hoë muur, heeltemal glad en sonder vensters na buite, staar ons aan. Bo hierdie muur sien ons heel in die vêrte nog reëlmatige, wit spitse as naalde; op sigself is dit egter ook ronde sierpilare van die boonste rand van hierdie muur, wat elkeen nog tweeduisend vadem hoog is en 'n omtrek van duisend vadem het. 15. Kyk, hier is 'n ruim booggalery, wat dwarsdeur die reusagtige gebou loop. Maar so vinnig as julle dink sal ons nie daardeur kom nie, want die pad deur hierdie galery is so drie uur gaans lank. Die galery vorm dus eintlik 'n geweldige tonnel en laat terselfdertyd die totale breedte van hierdie reusagtige gebou sien. Kyk hoe dit daar van binne lyk en tel al die galerye en die nagenoeg ontelbare tonnelagtige, na die inwendige van die gebou leidende booggalerye, en kyk ook net hoe lewendig dit daar op hierdie galerye gaan, waarvan daar wel honderde bo-op mekaar staan. 16. Waarvoor dien hierdie reuse-gebou eintlik? Dit is nou die skoolgebou, met die verskillende klasse daarin, waarin die jong mense in alle moontlike dinge onderrig word. 17. Kyk na die grondvloer van hierdie reuse gebou, hoe daar op die agtergrond van die groot tonnelagtige gange vure opvlam, en luister net hoe dit daar knal en kletter. Wel, dit is die skool van die smede, waarin mense leer om allerlei dinge van metaal te maak. En so sal julle op elke gallery iets anders ontdek. 18. Nou weet ons dus ook waarvoor hierdie gebou dien. Daarom kan ons dus ook hierdie gebou verlaat en ons tempelreis verder voortsit.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205