DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 7 Die eie lig van die sonne 1. Wat die oorsaak is van die uitstraling van 'n vlam is weliswaar al bekendgemaak in die mededeling oor 'Die vlieg', maar desondanks kan die volgende aanvulling tog hier nog dien ter verdere verduideliking van die begrip van hierdie verskynsel. 2. Julle weet dat die geestelike, in absolute sin, nie kan bestaan sonder een of ander uiterlike omhulsel of orgaan nie, waardeur hy eers in staat sal raak homself kenbaar te maak. Wat hierdie uiterlike omhulling egter aanbetref, is dit op sigself weer niks anders nie as My liefdeswil, wat die geestelike omgewe en hom deur sy barmhartigheid ook innerlik toeberei, waardeur hy in 'n sekere ordening geplaas word, sodat hy dan in staat kan wees om 'n bepaalde deel van My groot wil uit te voer en dus ook 'n bepaalde doel te bereik wat ooreenstem met die bedoeling van My ewige ordening. Kyk, so sit die saak inmekaar! 3. Wat gebeur daar nou wanneer 'n sekere krag, wat verborge is in die omhulsel van My liefdeswil (al is die krag hoe gering), deur watter omstandighede of invloede ookal geprikkel, geskud of gestamp word? Sy word daardeur uit haar orde of, wat dieselfde wil sê, uit haar ewewig gebring, voel daardeur beperk en benadeel en probeer dan óf om haar draaglike, vroeëre toestand weer te herstel oftewel, wanneer sy te sterk geprikkel is, weldra haar hele orgaan te skeur en sodoende in die vrye, ongebonde toestand oor te gaan. 4. Dink nou vir jouself net in dat as die deursnit van hierdie hoofsentraalson* al so groot is, dat selfs die lig meer as eentriljoen jaar nodig sou hê om die afstand af te lê, dan sal die hele volume van so `n liggaam tog sekerlik baie aansienlik moet wees wat die natuurlike grootte aanbetref. As die liggaam vir julle begrippe egter al so eindeloos kolossaal is, sal hierdie groot volume aan materie dan nie ook vanaf alle moontlike punte van buite na die middelpunt toe vir julle onbegryplik sware druk uitoefen nie? 5. Ja, baie beslis, want stel julle op julle nietige hemelliggaam maar net die gewig van één enkele berg voor; en dan die gewig van die hemelliggaam self. Dink nou net aan julle hele son, wat ten eerste 'n miljoen maal groter is as julle aarde en derhalwe ook 'n miljoen maal groter aantrekkingskrag het as julle aarde. As dit nie die geval sou gewees het nie, sou sy tog sekerlik nie in staat gewees het om volledige hemelliggame, wat soms selfs baie duisend miljoene myle van haar verwyder is, nog sodanig aan te trek dat hulle hulself nie uit haar gebied kan verwyder nie. Soos wat die aantrekkingskrag van 'n liggaam egter is, so is ook die verhouding van die gewig tot die verhoogde aantrekkingskrag van so 'n groot hemelliggaam. 6. Maar neem nou eers aan dat alle sonne, sentrale sonne, planete en komete bymekaar nouliks ’n miljoenste deel van so hoofsentraalson uitmaak, hoe groots en magtig moet haar aantrekkingskrag dan ook nie wel wees nie, en hoe magtig sterk die druk op haar sentrum?! 7. Waaruit bestaan die materie eintlik? Julle weet dat die materie niks anders is as 'n gevangenskap van die geestelike, oftewel die geeste nie. Al op aarde kom daar deur die teenmekaar slaan van twee klippe dikwels verskeie streng gevange geestelike potensies tot uitbarsting, en waar in die inwendige van die aarde die druk van buite te magtig word, vind daar ook direk of ten minste na nie al te lang tyd sulke hewige ontploffings plaas, sodat deur die vurige aktiwiteit daarvan dikwels hele, groot berge en uitgestrekte landstreke in stukke gebreek en verwoes word. As julle die oorsaak daarvan wil vind, sal julle dit in 'n ruimte van skaars meer as 'n paar kubieke vadem vind, waarin die geestelike potensies wat in die materie ingeslote is, te sterk in verdrukking geraak het, hul grense deurbreek het, 'n uitweg gesoek het en dan op hierdie manier ook 'n groot massa geeste saam tot uitbarsting gedwing. As so-iets dan met die aarde en op en in die aarde die geval is (wat hier sowel as reeds vroeër in 'n vergelykende uitleg as gevolgtrekking vasgestel is), bring dan hierdie miniatuur omstandigheid op julle aarde nou net oor na die sentrale son. Daar sal julle sien wat se verdrukkinge die gevange geeste aanhoudend daar moet verdra, en wel om die erbarmende rede dat hulle as sterk gebonde gevangenes ook weer voortdurend deur die magtige druk tot lewe gewek word. 8. Daarom is hierdie sentrale son dan ook besaai met die grootste vulkane of vuurspuwende berge, waarvan die kleinste so ’n deursnee het dat in sy krater meer as dertigduisend miljoen van julle sonne plek sou hê, om maar nie te praat oor die groter en die grootste krater van hierdie sentrale son nie! 9. Wel, julle weet dat die strale teweeggebring word deur die trekkings of vibrasies van die geestelike krag binne die omhulsel waarin hulle opgesluit is. Hoe hewiger so ’n gevange gees binne die bekende omhulsel deur uiterlike druk, slag of stoot geprikkel word, des te hewiger raak hy in vibrasie en des te feller en meer intenser word hierdie vibrasies ook sigbaar, wat te sien is aan die ligte van 'n vlam of 'n vonk. Waar kan sulke geestelike potensies egter hewiger in verdrukking gebring word, uitgestoot en geslaan word as op hierdie sentrale son? * In ander Lorberboeke word hierdie ster ook wel aangedui as ’n Oersentraalson met die naam Urka, in die astronomie bekend as 'die koningsster' of Regulus, die helderste ster in die konstellasie Leeuw; sien ook 'Die Groot Johannes Evangelie ', deel 4, hoofstuk 254 en deel 6, hoofstuk 247 10. As gevolg van die omstandighede straal 'n vonk daar so intensief, dat geen menslike oog hierdie straling ook maar 'n oomblik lank sou kon verdra nie. Ja, Ek sê vir julle: As daar één vonk ter grootte van 'n bokwiet korrel hom by julle op aarde duisend myl hoog in die lug met dieselfde ligintensiteit sou ontwikkel as op hierdie sentrale son, dan sou die hele aarde deur die hewigheid van sy uitstraling in één oomblik as 'n druppel water op 'n gloeiende plaat verdamp. 11. Stel nou vir jou die hele, enorme groot hoofsentraalson voor, oordek met sulke uiters intense ligtende vlamme, en oordeel dan hoe vêr haar strale, wat die uitswerming van vry geword geeste is, wel sou kon reik! Dan sal dit vir julle waarskynlik duidelik word, hoe so `n son baie goed 'n algemene ligbron in die groot sonnewêreld-vertrek van `n hulssfeer kan wees. As julle dit nou begryp het, sal julle ook heel maklik verstaan op watter wyse elke planetêre son en ook elke planeet dan ook op sigself 'n eie lig kan ontwikkel, waarby die intensiteit van haar kenmerkende lig haarself altyd volgens die grootte van haar volume en dus ook van haar swaartekrag rig. 12. Op 'n planeet kan julle byvoorbeeld baie maklik na die vlam van 'n kers kyk. Waarom? Omdat die geeste wat in in die pit brand en die wat in die materie vette gebonde is, slegs in ’n mindere mate geprikkel word en deur 'n geringe mate van vibrasie, die omhulsels wat hul omgewe, baie maklik vernietig en daarna in 'n vrye aktiwiteit oorgaan. In 'n smidsoond kan julle nie meer so maklik kyk nie, omdat die geeste wat nog in die steenkool agtergebly het, reeds 'n sterker prikkeling nodig het om hulle deur hewiger vibrasies uit hul kerkers vry te maak. Nog moeiliker sal julle die lig van die vlamme verdra wat uit 'n vuurspuwende berg opvlam en opsproei, omdat hulle hul ontstaan te danke het aan 'n veel magtiger prikkeling, wat die geeste in die inwendige van die aarde ondergaan. 13. Dra dit nou net oor na die son, waar elke omstandigheid miljoenvoud versterk word; dan sal julle baie vinnig en baie maklik ontdek in watter mate ook elke son in staat is om deur haar vulkane 'n eie lig te ontwikkel. Die eie lig van `n son sou egter tog veels te gering wees om vêrafstaande planete volkome te verlig en te verhit. Desondanks dien die eie lig van die son en veral dat die oppervlak van die sonnelug voortdurend in 'n uiters gereinigde toestand en, soos wat julle gewoond is om te sê, blink soos 'n spieël gehou word, om daardeur steeds volkome in staat te wees om die lig van die hoofsentraalson en derhalwe ook van alle sonne wat deur hierdie son verlig is, op te neem. 14. Hiermee het ons dan ook hierdie hoofprobleem oorwin en die voorafgestelde vrae beantwoord. Daarom kan ons nou, soos gesê, heel rustig op ons son gaan rondwandel en met verbasing haar wonderbaarlike heerlikhede aanskou. 15. Wees egter daarop voorbereid, want werklik, dit is absoluut geen kinderspeletjies nie. Alles wat julle op hierdie volmaakte planeet te siene sal kry, sal uitnemend in grootsheid, verhewen-heid en diep erns wees! Vandag egter nie meer nie, maar die volgende keer meer hieroor!