DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 6 Die eteriese omhulsel van hemelliggame en stelsels van hemelliggame. Die hulssfeer as ’n totaliteit van hemelliggame 1. Nadat ons nou geleer het waar die sonne hulle lig vandaan kry en hoe hulle dit weer deurgee, sou menige twyfelaar op die volgende gedagte kan kom en sê: Wat my betref, het ek heeltemal niks teen hierdie lig-hipotese van die son nie; dit is geloofwaardig en mag gehoor word. Daar moet egter slegs aangetoon word waar die genoemde hoofsentraalson haar spesifieke vlammende lig vandaan kry. Wat is trouens die ligte van hierdie sogenaamde vlamme? Waardeur word hierdie vlamme teweeggebring? Wat is eintlik die ewige brandstof, wat deur sulke intens hewig ligtende vlamme nooit opgebruik kan word nie? 2. Kyk, dit is regtig stewige vrae, maar op die agtergrond is daar 'n nog stewiger vraag verborge, omdat iemand die volgende sou kon sê: Hoewel die hele kwessie met groot waarskynlikheid steekhoudend is, bly dit desondanks uiters problematies of ’n mens werklik kan aanneem dat so `n hulssfeer bestaan en of daarin werklik so ’n reusagtige groot sentrale son brand. Eers wanneer dit bewys kan word, sal ons, natuurkundiges en sterre¬kundiges, wel die saak aanneem, maar solank so `n bewys nie gelewer kan word nie, kan ons hierdie hele verligtings-hipotese as niks anders beskou as 'n goedgeslaagde en keurige produk van digterlike fantasie nie. 3. Kyk, dit is nou byna letterlik die teenwerpinge wat ons normaalweg sal teëkom. Omdat sulke kritiese twyfelaars egter hulself nie eers tot die skrywer sal wend om aan hom die bewyse, wat deur hulle verlang word, te vra nie, maar dit waarteen hulle in hierdie saak meen om beswaar te maak, ook reeds hier bewys sal vind, sal ons dit alles dadelik op ’n baie doelmatige wyse aanspreek. 4. Wat die hulssfeer aanbetref, dit het talle ooreenstemmings met elke kleinste skepping soos 'n planeet, 'n son en kortom alles wat julle maar wil bekyk. Waar vind 'n mens 'n voorwerp, waarvan die oneindig baie dele waaruit dit bestaan, nie om die buitekant deur 'n skil, bas of vel omring is nie? 5. Kyk maar net na die oog van 'n mens of 'n dier! Dit stem heeltemal ooreen met 'n hulssfeer, aangesien jy ook in die middel die kristalle-pupil vind, wat in die eerste plek, veral by baie diere, 'n eie lig het en die lig van ander voorwerpe op feitlik dieselfde manier opneem as 'n son, van watter soort ookal, deurdat hy homself binne die huls bevind. Bekyk dan die binnewande van die oog, hoe sy al die strale wat sy deur die kristalle-lens heen van buite opgeneem het, ondersteun deur die eie lig van dieselfde kristalle-lens, dit onmiddellik weer op elke denkbare afstand na buite kaats. Want julle moet weet dat julle nie die voorwerpe self sien nie, maar net die ooreenstemmende beelde daarvan, en wel omdat hierdie beelde deur die swart spieël-huid wat aan die agterkant geleë is, deur die kristalle-lens heen opgeneem word en onmiddellik na die opneming, volkome deur en deur verlig, weer buite julle gekaats word. Eers daar neem julle dan die voorwerpe waar op die plek waar hulle hulleself as sodanig buite julle in hul natuurlike gesteldheid bevind. Sou julle die voorwerpe self gesien het, dan sou julle nie anders kon as om hulle in hul ware natuurlike grootte waar te neem nie, waarby julle dan natuurlik op die plek, waar julle nou 'n stofmyt sien, 'n olifant, dit wil sê, 'n dier so groot soos 'n olifant en met die geestelike oog, selfs ’n wese so groot soos 'n planeet. 6. Dat julle egter alle dinge deur die hulssfeeragtige inrigting van die oog slegs in sterk verkleinde dimensies waarneem, word tog al meer as voldoende bewys deur die feit dat alle voorwerpe, hoe klein hulle ookal is, onder die glas van 'n mikroskoop tot buitengewone afmetings vergroot kan word, welke vergroting op sigself niks anders is as die steeds digter benadering van die gesiene voorwerp, óf eerder van die ligbeeld daarvan, as die werklike grootte van die voorwerp self. 7. As dit nie so sou gewees het nie, sou op so vergrote voorwerp ook onmoontlik op verrassende wyse verskeie, ja dikwels talle volkome reëlmatige ontwikkelde dele daarvan ontdek kon word, wat die oog as sodanig nooit kan ontdek nie. Vra jouself egter net af of so ontdekking nie aantoon dat dit onmoontlik is dat die ongewapende oog die voorwerpe kan sien nie, maar net, soos op die wyse hierbo beskrewe, hul sterk verkleinde beelde. Hoe sou anders byvoorbeeld hele massas infusie- en ander diertjies in 'n waterdruppel, skaars so groot soos 'n speldekop, ontdek kan word, as hulle nie daar sou wees nie? 8. Wie ook maar enigsins 'n egte gewekte gees besit, moet hierby tog feitlik met die eerste oogopslag die ooreenkoms tussen die oog, 'n planeet, 'n son en derhalwe ook `n hulssfeer ontdek. 9. Op dieselfde wyse lyk die hele mens ook soos al die dinge. Wat is sy hart in natuurlike opsig? Is dit nie 'n sentrale son van die hele liggaam nie? En is al sy tallose senuwees en vesels nie newe-sonne nie, ensovoorts? Die buitenste vel as omhulsel omspan die hele lewende organisme. Kan 'n mens egter bestaan sonder hierdie uiterlike omhulsel, wat 'n goeie en deugsame beskerming vorm vir die hele lewenskragtige, innerlike organisme van die liggaam van 'n mens, asook van elke dier? Hier het ons dus weer 'n ooreenstemmende beeld van `n hulssfeer! 10. Bekyk verder net die eier van 'n voël. Wat is dit? In die breedste betekenis 'n afbeelding van 'n hele heelalsfeer, van `n sentrale son as sodanig, asook van 'n newe-son, van 'n planeet, en so ook van enige ander voorwerp wat bestaan. Op dieselfde wyse kan julle selfs 'n planeet bekyk en as julle net 'n bietjie wil nadink, sal julle ook dadelik ontdek dat mens vir homself die bestaan van 'n planeet, sonder 'n uiterlike omhulling, ten slotte gladnie kan voorstel nie. Neem maar net die een uiterlike laag na die ander weg, dan sal julle daardeur uiteindelik genoodsaak wees om met die laaste punt van 'n planeet weg te doen, aangesien ook daardie punt, solank dit daar is, vir sy bestaan 'n uiterlike omhulling moet hê, waardeur sy dele nog ingeslote en bymekaar gehou moet word. 11. Kortom, oral waar lewe manifesteer, moet 'n geskikte organisme vir die uitdrukking van die lewe aanwesig wees, waarvan die onderdele so geplaas is, dat in 'n hoë orde die een in die ander gryp en dus ook die een organiese deel die ander stimuleer, voortstu en opwek; dus net soos by 'n klok, waarin die een rat in die ander gryp, dit voortstu, aandryf en in beweging hou. 12. Sou die ratte van 'n klok op sigself eintlik wel dit kon doen wat hy doen, as die asse daarvan nie in die eerste plek 'n stewige bo- en onderlaag sou hê as ’n ware omhulling waarbinne hulle geplaas of gesit was om te beweeg nie? As dit egter al alles daar is, wat ontbreek daar dan nog om die ratte ordelik te laat beweeg? 'n Sentrale son ontbreek nog, en dit is die veer in die klok. Die klok sou dus nie kon bestaan het, indien, ten eerste, alle ratte geen omhulsel en tweedens geen innerlike aandrywende krag sou gehad het nie. 13. So is dit ook met die organisme van die mees onbeduidende plant, wat eerstens 'n uiterlike omhulling moet hê, waarbinne 'n geskikte organisme eers geplaas kan word, wat op sy beurt werksaam is vanuit die sentrum van die plant, waar die lewewekkende krag as die lig van `n sentrale son deur die hele organisme heen lewebringend werksaam is tot by die uiterlike omhulling, waar hierdie krag wat na buite toe werk, homself weer gevange neem en na die sentrum terugkeer. Sou dit bewerkstellig kan word sonder 'n uiterlike omhulling? Beslis nie, want sonder 'n houer kan daar nog geen druppel water in die huis ingebring word nie, laat staan maar dat 'n organiese lewe in stand gehou moet word. 14. So moet dus ook die organisme van 'n dier, sowel as dié van 'n mens, met 'n uiterlike omhulsel omvat word, waarbinne die organisme eers georden en vanuit die sentrale punt, ook tot lewe gebring kan word. 15. Dieselfde is die geval by 'n planeet, wat sonder hierdie inrigting ten eerste nie denkbaar sou gewees het nie, maar nog minder die eienskappe sou gehad het om 'n veelvuldig gevormde lewe in stand te hou nie. Dit sou nog sterker die geval gewees het by 'n son, wat reeds 'n sentrale punt van 'n hele planetêre organisme is en dus eweneens 'n meervoudige omhulling moet hê, soos ook die hart self in die menslike liggaam, omdat haar organisme, ten behoewe van groter werksaamheid, baie veel¬soortiger en volmaakter moet wees as dié van 'n ander planeet. En so het ook selfs elke sonnestelsel, met 'n son in die sentrum, 'n eie eteriese omhulling, waarbinne die hele stelsel beweeg, leef en homself wedersyds voortstu, aandryf en in beweging hou. 16. Nog sterker is dit die geval by 'n volgende sentrale son, waaromheen daar soms al verskeie miljoene kleiner sonne met hulle planete beweeg, wat dus al 'n veel reusagtiger en veelsoortiger werksame organisme voorstel as van 'n kleiner son met haar planete. Kyk, ook al hierdie miljoene sonne op sigself het 'n eteriese omhulling, en om dié rede is sulke vêrafstaande sonnegebiede ook as taamlik skerp afgebakende newelvlekke te sien. Dit sou nie moontlik gewees het as so ’n sonnegebied nie in ’n sekere sin deur 'n eteriese huid omring sou gewees het nie, wat weer te vergelyk is met die menslike- of dierlike liggaam, waarin ook elke afsonderlike senuwee met 'n eie huidjie omgewe is, waarsonder dit nie sou kon bestaan of aktief wees nie. 17. Julle weet dat sulke afsonderlike sonnegebiede weer 'n sentrale hemelliggaam het, waaromheen hulle hulleself beweeg en aktief is deur die krag van hierdie sentrale hemelliggaam. Derhalwe het, ook weer in ’n ruimer sin, sulke sonnegebiede self weer 'n uiterlike omhulsel oftewel 'n afgeslote eteriese huid. So ’n sonnegebied-liggaam, waarin verskeie, ja ontsettend baie sonnegebiede rondom 'n nog groter sentrale hemelliggaam 'n seker sonne-al vorm, word op sy beurt weer omring deur 'n nog groter eteriese huid. En uiteindelik draai sulke groot sonne-al liggame in groot getalle rondom een gemeenskaplike, baie groot sentrale punt, naamlik rondom die werklik uit homself stralende sentrale son, en saam is hulle lewendig werksaam in beweging onder een algemene, buitengewoon uitgestrekte omhulling oftewel huid. En dit is dan `n hulssfeer, oftewel 'n volmaakte, op sigself bestaande sonneliggaam. 18. Wat sou daar wel met hierdie liggaam gebeur as 'n mens hierdie baie noodsaaklike, uiterlike, eteriese waterhuid sou wegneem? Daarmee sou presies dieselfde gebeur, en dus uiteindelik ook met elke afsonderlike deel van hierdie groot sonneliggaam, as wat sou gebeur met 'n oog, wanneer ’n mens die uitwendige kornea daarvan sou wegneem, of van 'n ui die skil, of van 'n plant die hele uitwendige bas, of van 'n dierlike liggaam die vel of ten slotte van 'n planeet die uiterlike kors. Dieselfde sou, soos gesê, die geval wees by 'n hele sonneliggaam, deurdat een deel sou vervloei, 'n deel sou verwelk, 'n deel sou in die oneindige verstrooid raak en sou ten slotte heeltemal vergaan en ophou om te bestaan. So het ons nou dus die bewys gelewer dat so `n hulssfeer, as 'n volmaakte sonliggaam, noodwendig daar moet wees en derhalwe ook 'n innerlike dryfveer, 'n hart of 'n algemene sentrale son moet hê. En laat ons kritiserende natuurkundiges nou maar nog 'n poging aanwend om ook hierdie teorie as 'n hipotese van geslaagde digterlike aard af te skilder. 19. Daar bly vir ons dus nog net oor om die ligtende en vlammende brande van die sentrale son te bewys. Wanneer ons dit gedoen het, kan ons onsself heel rustig en welgemoed op die velde en om die vulkane van ons son begewe, om daar in alle rustigheid die heerlikhede en wonders daarvan te aanskou.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205