|
DIE NATUURLIKE SON JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 52
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75. |
|
|
HOOFSTUK 50
Die kollege vir geestelike kennis en die binneste hooftempel
1. Kyk, hier op 'n afstand van ongeveer 'n myl vanaf die boomlane staan 'n trapsgewys gevormde gebou, wat ongeveer uit sewentig vlakke bestaan, waarvan elke vlak 'n hoogte van ’n duisend vadem het. Elke vlak bestaan uit vier verdiepings wat van vensters voorsien is, ongeveer soos die gotiese vensters by julle op aarde; maar elke venster is minstens vyftig keer groter as by julle. Dan sou julle kan vra (aangesien die gebou beide uitwendig en inwendig trapsgewys gebou is en elk van hierdie vlakke is beide aan die buite- sowel as die binnekant van goeie balustrades voorsien), waarvoor die gebou eintlik dien dat, alhoewel dit 'n taamlik inwendige deel van die tempel is, tog 'n omvang van ruim sewentig myl het?
2. Hierdie gebou dien enersyds vir die ontwikkeling van die hoër geestelike kennis, maar is terselfdertyd ook die woning van die dienaars van die eintlike inwendige, grootse tempel heiligdom.
3. Hierdie dienaars word ingedeel in sewentig klasse, en elke klas het sy eie strewes in die tempel. Die klasse wat op die eerste vier vloere van die eerste vlak woon, is die laagste en algemeenste. Elke klas wat op 'n hoër trappie woon, staan dan ook ’n ampsfeer hoër en verrig steeds minder dikwels handelinge in die tempel. Die klasse wat op die heel boonste, dus die sewentigste vlak woon, kom maar uiters selde van hul hoogte na benede vir die diens in die tempel. Hierdie vlakke word dan ook slegs deur die hoogste en wysste priesters van so ’n tempel bewoon.
4. Nou sal julle vra: Wie bring dan voedsel vir hierdie mense na hierdie huiweringwekkende hoogte? Kyk, daarvoor is goed gesorg, want elke, eweneens duisend vadem breë trapvlak, is ook 'n volmaakte tuin, voorsien van goeie, vrugbare grond en beplant met allerlei middelgrootte vrugtebome en ander smaaklike plante en wortels. Ook word die nodige diere daar aangehou, want hulle vind in hierdie tuine voldoende voer.
5. Nou is daar nog 'n vraag: Waar kom die water vandaan? Via reuse, kunsmatige waterleidings. Die pype word naamlik van die meer as honderd myl hoë wal van die ringgebergte na ’n tempelgebou getrek, waardeur die water dan dikwels oor 'n afstand van so 'n duisend myl gelei word. Op hierdie manier word die reusagtige, trapsgewys opgetrekte gebou deur allerlei waterleidings oral ryklik van water voorsien. Ja, op hierdie vlakke is dikwels sulke groot waterbakke uitgelê, dat die inwoners met grasieuse bootjies wyd en syd daarop kan rondvaar en op die plato van die sewentigste trap is daar tussen die vrugtebome en tuine selfs 'n groot aantal fonteine aangebring, waartussen die water via taamlik hoë obeliske omhoog spuit en daarna as 'n oorvloedige reën in 'n aansienlike groot waterbak terugval.
6. Nou sal julle egter weer sê: Die wonings moet tog wel klam wees as die hele gebou so volop van water voorsien is! Wees nie besorg daaroor nie! Hierdie gebou is naamlik uit louter massiewe kubiese stene opgetrek, wat so stewig aaneen gesit is dat dit werklik as 'n buitengewone stewige skeppingswerk beskou kan word. Deur sulke honderd vadem dik mure dring geen druppel water nie en die messelwerk wat deur die water tog nog ietwat klam geword het, word deur die sterk hitte van die son steeds onmiddellik weer droog, sodat daar in die vertrek nie die minste spoor van vog te vinde is nie.
7. ’n Mens kan beide van die binnekant via talle trappe, asook buiteom, maar dan oor plat gelegde, baie gerieflike, breë trappe tot op die plato van hierdie gebou kom. Julle sou weliswaar op hierdie trap nie goed vooruitkom nie, aangesien elke trap twee vadem hoog is, maar vir die sestien tot twintig vadem groot inwoners van hierdie gordel behoort sodanige trappe tot die maklikste, omdat hulle ook trappe het waarvan elke trap vier tot vyf vadem hoog is.
8. Naas elke trap, wat buiteom na die hoogste punt lei en wat aan beide kante stewige balustrades het, loop ook na die inwendige van die gebou 'n sogenaamde glybaan. Dit dien egter nie daarvoor dat mense daaroor na benede gly nie, maar het meer die funksie wat die sogenaamde afvoerpype by julle het. Hierdie baan is naamlik 'n halfoop buis, waarin vanaf elke vlak alles wat onbruikbaar is, asook al die afval, afgegooi kan word sodat dit afwaarts gly. Indien daar iets bly vassteek, dan word dit deurgespoel met 'n straal water of dit kan oor die leuning van die trappe verder gevee word.
9. Omdat ons gesien het dat hierdie gebou beide links sowel as regs trapsgewys opgebou is, is dit vanselfsprekend dat dit 'n gelykvormige driehoek sou vorm as ons dit in die helfte sou sny. Daaruit volg egter dat die grondvloer netso breed moet wees as wat die hoogte vanaf die grond tot by die hoogste trap is. Daarom is sy deursnee dan ook sewentigduisend vadem. Die toegang- en deurgangspoorte is dus so ’n duisend vadem hoë en honderd vadem breë tonnels, wat binne-in die gebou selfs kunsmatig verlig word. Dit is egter op hierdie gordel, sowel as op ander gordels, nie so kosbaar as wat julle dink nie, want daar is op die son 'n buitengewone groot hoeveelheid wit klippe wat so ’n sterk eie lig het, dat julle die lig van so `n klip netso min sou kon verdra as die lig van die son self in die middel van die dag. Uit hierdie klip word groot balle met 'n deursnit van ongeveer twee vadem uitgebeitel, wat dan in die breë tonnels en ook in die inwendig geleë vertrekke van hierdie gebou op bepaalde afstande op vierkante voetstukke geplaas word. Daarmee word die tonnels en die inwendige kamers selfs nog sterker verlig as julle planeet op 'n helder middag. Hierdie lig is op die son natuurlik aansienlik swakker as die natuurlike lig buite, maar desondanks nog altyd sterk genoeg om alles baie goed te kan onderskei en sien.
10. Van sulke ingange of eintlik deurgange is daar wel duisend in hierdie hele reusagtige gebou. As julle in staat is om julle fantasie ietwat te laat werk, sal die grootsheid en die wonderbaarlikheid van hierdie gebou julle nie ontgaan nie. Gaan op die voete van julle fantasie ook na bo na die vloere op die sewentigste vlak van hierdie gebou en laat julle blik vanaf hierdie hoë terras oor die verre gebiede gaan en ook oor al die geboue wat ons tot nou toe al leer ken het en dan sal julle oortuig raak van die uitsonderlike prag en grootsheid van so ’n gebou.
11. Wend jou dan net na hierdie hoë terras, wat al meer as sewentien myl bo die grondbodem lê, en kyk na die inwendige ruimte van hierdie gebou, dan sal julle die werklike tempel nie meer so ver hiervandaan sien nie.
12. Kyk, hierdie tempel lyk soos geen enkele ander gebou nie, maar eerder soos 'n berg van so twintig myl hoog, waarvan die omtrek skaars meer bedra. En so lyk hierdie werklike tempel meer soos 'n (beslis nie simmetries, maar as’t ware willekeurig geboude of neergeplaaste) reusagtige gotiese toring, waar hy homself spits na spits en kanteel na kanteel verhef.
13. Hierdie tempel het oral duisende hoë gewels en oral sien julle trappe, beide aan die binne- en die buitekant. Die hoogste spits van hierdie tempel verloor homself steeds verder vir die oog van die toeskouer in die ligte dampkring van die son; julle gewaar egter nog hier en daar enkele spitse wat as helder sterre hul skitterende lig na benede stuur.
14. Soos wat julle in julle verbeelding kan sien, is die hele gebou oral van die reeds bekende wit, glansende klippe opgerig en dit is daardeur beide van binne en van buite orals ewe lig. As julle so ’n tempel ook maar tot op honderd myl sou nader, sou die geweldige strale daarvan julle dadelik blind maak, want buite straal hierdie klip nog duisend maal sterker as die vrye lig van die son, vanaf julle aarde gesien. Vir die oë van die inwoners van hierdie gordel het hierdie gesteente egter ongeveer dieselfde ligsterkte as 'n sneeuvlakte by julle wat deur die son beskyn word.
15. Hoe die inwoners God in so tempel vereer, sal ons eers bespreek wanneer ons oor die godsdiens van hierdie inwoners sal praat.
16. Nou het ons dus gesien hoe so ’n tempel by die inwoners van hierdie songordel lyk en hoe groot hy is, en kan dus goed vergelyk watter een van die drie soorte strukture die mees indrukwekkende en reusagtige is.
17. Op die keper beskou moet julle sondermeer sê: Die groot pad bly nog altyd die bouwerk wat die meeste respek afdwing, maar so tempel staan, in vergelyking met die pad, deur sy wonder-baarlike en buitengewone groot, veelsoortige boukuns, beslis hoër en is as’t ware die hoogtepunt van die boukuns van die inwoners van hierdie gordel.
18. Dat so ’n hele tempel ook deur verskeie miljoene mense bewoon word, hoef nouliks nog vermeld te word. Hoeveel van hierdie tempels sou daar dan op hierdie songordel wees? Nie bepaald veel nie. Meer as tien sal julle nouliks daar vind. Hoe groot is gevolglik die distrik van so tempel? Volgens ruimte is dit groter as Europa, Asië en Afrika op julle aarde saam.
19. Hoeveel woonhuise staan daar dan in so 'n distrik? Ook nie so ’n groot aantal nie, gemiddeld tien, maar hier en daar één of twee meer. Vra julle egter na die aantal mense, dan sou ons tog gou op taamlik vele miljoene uitkom. Want julle weet al dat die woonhuise buitengewoon baie mense herberg, sodat in sommige woonhuise selfs twee- tot drie miljoen mense lewe. Tel nog die verskeie miljoene tempelbewoners daarby, dan blyk die distrik veel meer inwoners te hê as wat die aantal tempels en woon¬huise aandui.
20. Die oorblywende grond, tot by die laagste geleë oewerge¬biede van die see, word gebruik vir die aanplanting van vrugte en bome. In die dale word woude gewoonlik aangeplant, waarvan die reusagtige bome dan vir verskillende bouwerke gebruik word. Hooglande en selfs die nie al te steil hellings van die heuwels, word geheel en al gebruik vir die aanplant van vrugdraende bome en ander plante.
21. Woonhuise en tempels word altyd gebou op plekke wat nie vir die een nóg vir die ander soort vrugte geskik is nie; gewoonlik word baie klipperige stukke grond daarvoor gebruik. Langs die hoofpad staan daar ook wel kleiner huise, waarin slegs hoog¬stens honderd mense kan woon; daarom is hierdie huise ook steeds op kort afstande vanmekaar gebou. Die afstande bedra, na gelang van die gesteldheid van die gebied, hoogstens tien, twintig tot dertig myl. Die inwoners van hierdie huise hou toesig oor die pad en moet ook klein gebreke daarvan herstel. As daar iewers groter skade plaasvind, dan moet dit aan die bouers van die tempel gemeld word.
22. Dit is nou ook wel alles, waaraan ons in uiterlik, natuurlike opsig op hierdie gordel aandag moet skenk. En daarom sal ons onsself die volgende keer weer tot die drie grondreëls, naamlik die huishoudelike, die maatskaplike en godsdienstige, wend. Genoeg dus vir vandag!
|
|
|
|
|