DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 5 Die self-stralende hoof middelson. Die spieëllig van die ondergeskikte sonne 1. Op welke manier alle sonne saam en elke son op haar beurt so gaan skyn dat die lig van een son op die lugoppervlak van ’n ander son weerspieël gaan word, sal eweneens deur middel van 'n maklik verstaanbare voorbeeld aan julle gekommunikeer word. Stel vir jou 'n kamer voor, waarvan die wande slegs van gepoleerde spieëlglas is wat reeds van 'n metaallegering voorsien is en wat derhalwe 'n volkome suiwer spieël vorm. Stel jou boonop nog voor dat die ruimte van hierdie kamer volkome rond is, en wel so, asof die kamer 'n groot, hol bal was. Hang hierdie kamer, of eerder hierdie hol spieëlbal nou vol met allerlei groot en klein spieëlgladde gepoleerde glas- of metaalballe. Bring dan presies in die middel van hierdie hol ruimte 'n ligbron aan, wat 'n sterk lig gee. Wanneer dit alles gedoen is, kyk dan net na al die klein gepoleerde balle, wat in hierdie hol ruimte hang, en kyk hoe hulle almal, sonder uitsondering, van alle kante so verlig is asof hulle self stralende liggame is. Waardeur gebeur dit eintlik? 2. Dit is baie maklik om te verstaan. Die spieëlwande weerkaats die lig wat van die ligbron uitgaan, nie verswak nie, maar saamgesnoer en derhalwe versterk na die ligbron terug. Op hierdie wyse word al die balle wat in die ruimte opgehang is, immers van alle kante veelvuldig verlig: Ten eerste deur die werklik selfstandige lig van die ligbron; ten tweede deur die teruggekaatste lig van die spieëlwande, wat saam ’n hol spieël vorm wat sy brandpunt presies in die middel van sy eie ruimte het; ten derde word hierdie vryhangende balle verlig deur hul onderlinge weerkaatsing oor en weer en deur die weerkaatsing van die lig wat deur hulle opgeneem is, wat eweneens deur die spieëlwande opgeneem en weer teruggekaats word en ten slotte nog deur die algemene weerkaatsing van die lig van die wande van die spieël na die teenoorgestelde spieëlwande. 3. Wel, hierdie beeld is meer as voldoende om die gestelde vraag te beantwoord, want soos dit gaan met die strale in ons hol bal, so gaan dit ook in die groot werklikheid. Stel vir jou in die plek van die groot spieëlbal die bekende hulssfeer vir julle voor, wat in haar, vir julle begrippe weliswaar oneindige, uitgestrektheid uit 'n soort eteriese watermassa bestaan en stel jou dan in die sentrum van die hulssfeer die werklik, vir julle begrippe, eindeloos groot sentrale son voor, wat op al haar eindeloos uitgestrekte vlakke voortdurend deur baie intens stralende vlamme omgewe is (wat afkomstig is van die geeste, wat hul reiniging van hieruit begin of van ander, wat hulleself terugkerend voltooi), dan het julle reeds alles wat nodig is om die gegewe vraag volkome te beantwoord. Die lig van hierdie groot sentrale son dring deur tot die voorafgenoemde wande van hierdie hulssfeer; van daar af word die weer teruggekaats deur, sekerlik vir julle begrippe, nagenoeg eindeloos uitgestrekte ruimtes en sonnegebiede heen. Wat vir julle egter tog so uitgestrek en groot lyk, is in My oë nouliks meer as 'n sandkorreltjie wat julle spelenderwys in julle hand kan neem. 4. Nou is uitgelê wat die vermoë van alle sonne is, naamlik dat hulle, as gevolg van hul uitgestrekte lugoppervlak, baie goed in staat is om die ligbeeld van 'n ander son, wat hul oppervlak raak, op te neem en dit daarna weer deur te gee op die manier soos wat 'n spieël die lig opneem en weer teruggee en daarom sal julle die sterk strale van die son des te beter verstaan, noudat julle weet dat julle julleself in so `n algemene hulssfeer, vir julle begrippe eindeloos groot, self-stralende sonneligbron bevind, waarvan die lig tot by die wande van die hulssfeer deurdring en derhalwe op hierdie weg elke son al halfpad verlig; wanneer dit dan egter van die buitenste wande teruggekaats word, verlig dit die teenoorgestelde kant in volkome gelyke mate. En wanneer alle sonne van 'n hulssfeer behoorlik op hierdie manier verlig is, verlig hulle mekaar boonop nog talle kere oor en weer 5. Indien julle in staat is om ook maar enigsins ordelik te dink, kan dit nou vir julle onmoontlik nog onduidelik wees waar 'n son haar sterk lig vandaan kry. 6. Noudat ons dit weet, word die strale van elke son nog baie duideliker wanneer Ek vir julle sê dat elke son op sigself uit die gebied van die geeste wat in haar woon, ook boonop nog haar eie lig het. Tog is die eie lig by verre na nie so intens soos wat julle dit by die son waarneem nie; dit is eerder net 'n voortdurende aktiewe vermoë van die lugoppervlak van die sonliggaam, waardeur hierdie lig vanaf die sentrale son en van die wande van die hulssfeer uitgaan en die uitstraling van ander sonne des te inniger en meer volmaak in haarself te kan opneem en daarna weer te kan deurgee. Om hierdie rede bestaan daar dan op elke sonliggaam ook 'n groot aantal vulkane, veral in die gebied van hul ewenaar. Hoe dit egter gaan met hierdie vulkane, wat dikwels vir die gewapende oog as swart vlekke sigbaar word, en hoe die lug-atmosfeer van die son steeds deur hulle in staat gestel word om lig op te neem, sal in die volgende mededeling aan julle bekendgemaak word.