DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 31 Skoolopleiding in wysheid en wilskrag op die eerste paar newegordels 1. Onder ‘geestelike grondslag’ word deur die inwoners van hierdie gordels alles verstaan wat die mens moet leer voordat hy 'n volmaakte wyse kan word. 2. Om hierdie geestelike basis dus beter te leer ken, hoef mens op niks anders te let as slegs op die onderwerpe wat geleer moet word nie; as dit bekend is, dan is ook die hele geestelike grondslag byna heeltemal bekend, veral wanneer die leermetode by die een of ander onderwerp nog in kort daaraan bygevoeg word. 3. Wat is dus onder die vele lesmateriaal dus die basismateriaal, waarop al die ander in ’n sekere sin beoordeel word? Die basismateriaal word veral huidig, in julle tyd, ook by julle deur die geskoolde wêreld as die basis van alle wetenskappe beskou. By julle heet die onderwerp egter wiskunde oftewel rekenkunde. Op ons gordel egter word hierdie wetenskap 'inagneming' genoem. 4. Hierdie wetenskap word daar vanaf die eerste begin en voortdurend tot by die laaste ontwikkeling van die gees onderrig. Aan die hand daarvan moet vervolgens elkeen van elke voorwerp noukeurig die afmetings kan bepaal en moet leer om met die grootste gemak, by enige wanstaltige voorwerp, 'n ronde getal te vind wat as basis bepalend is vir die hele vorm daarvan. Want hulle sê: Geen enkele berekening van 'n grootheid het enige sin as ’n mens nie die grondgetal daarvan ken nie. 5. Daarom is die vernaamste oefening vir die leerlinge dat hulle na die voorafgaande basisonderrig moet leer om so op die oog af die inhoud en die afmetings van die oppervlak van 'n enige gevormde voorwerp te bepaal, en vervolgens vanuit die vasgestelde getal onmiddellik die grondgetal en daarin die eenheid te ontdek. Julle kan daarvan verseker wees dat hierdie mense op hierdie terrein mettertyd so ’n vaardigheid ontwikkel, dat hulle met slegs 'n vlugtige blik elke inhoud uiters akkuraat kan bepaal, en net so met groot akkuraatheid die hoogte van elke voor die hand liggende berg kan vasstel. Ja, hulle is selfs by die bepaling van ver verwyderde hemelliggame so skerpsinnig, dat hulle met één blik 'n beter en korrekter berekening kan maak as wat julle skerpsinnigste sterrekundiges dit in die loop van verskeie dekades sou kon doen. 6. So kan hulle ook elke getal ewe vinnig tot enige hoë mag verhef en hulle weet selfs om die gebreekte of onbepaalde getalle sodanig te verwerk, dat hulle dit ten slotte tot 'n hele breuk kan herlei. Dit is omdat hulle 'n ingebore talent vir getalsverhoudinge het en van kleins af daarmee grootgeword het. 7. Dieselfde vaardigheid het hulle dus ook in die bepaling van gewig en ewewig. Ek hoef dit nie verder vir julle uit te lê nie, want uit die voorafgaande sal dit vir julle voldoende duidelik wees waaruit die basiswetenskap van hierdie inwoners bestaan, hoe hulle onderrig word en hoe dit uiteindelik in praktyk gebring word. 8. Ons sal dan ook dadelik na 'n ander onderwerp oorgaan, en dit is 'n bepaalde vorm van argitektuur, wat die basis vorm van die eintlike boukuns. 9. Hierdie soort argitektuur bestaan daaruit dat die leerlinge van allerlei massiewe figure, wat op sigself volkome asimmetries gevorm is, allerlei volmaakte simmetriese figure moet saamstel en dit ten slotte selfs moet opbou. Hierdie bousels word dan weer tot groter bouwerke saamgevoeg, en dit vir so lank, totdat daar op klein skaal die volledige vorm van 'n woonhuis, 'n sentrale gemeenskapsgebou, 'n argief, 'n teater of nog een of ander gebruiklike gebou tot stand gebring is. 10. As die leerlinge hulleself met hierdie losse manier van bou in die kleine dit hul eie gemaak het, dan word hulle die vaste manier van bou geleer. As hulle dit uiteindelik ook hul eie gemaak het, word hulle na die versierings en daarna na die noodsaaklike en doelmatige meubilering van die een of ander gebou gelei. 11. Eers as hulle hierdie vaardigheid verkry het, begin hulle om in 'n sekere sin te leer lees en skryf; die laaste is op sigself egter niks anders as die teken en skilder by julle nie, wat egter by hulle op 'n veel volmaakter manier gebeur. Die lees hou egter in dat hulle die ooreenstemmings van alle sigbare dinge moet leer ken en sodoende vanuit die uiterlike vorm van elke ding die innerlike betekenis moet leer begryp. Daarna moet hulle, deur self verskillende dinge saam te stel, 'n nuwe, arbitrêre betekenis daarin kan lê. Die eerste* leer hulle deur dit wat ons lees noem; die tweede* leer hulle deur dit wat ons skryf noem. 15 die dui van ooreenstemmings 16 die uitdrukking van gedagtes deur middel van figuurlike samestellings 12. As hulle beide hierdie vakke goed bemeester het, word hulle die uitbeelding, of in 'n sekere sin, die presiese kopiëring van woonhuise en hele gebiede geleer. 13. As hulle ook dit volkome hul eie gemaak het, dan gaan hulle eers, as besondere talente daarvoor teenwoordig is, oor tot die poësie, waarmee hulle dan bepaalde aspekte van 'n innerlike wêreld op die wit rolle begin uitbeeld. Volmaakte produkte en die doel daarvan het ons al by die beskrywing van 'n gemeenskapsteater leer ken. 14. As die leerlinge ook hierdie tak van hul geestelike ontwikkeling afgesluit het en wanneer hulle hierdie kuns volkome bemeester het, dan word die krag van hul wil uiteindelik beproef. Wie daar in 'n groep die sterkste wil het, gaan na die geheime skool, waar die wese van die primêre aanplanting onderrig word. In hierdie skool moet hy eers die hele botanie van hierdie gordel vir homself sy eie maak en elke plant vanaf die onderste wortel tot aan haar uiterste bladpunt in die kleinste deeltjies kan ontleed, en hy moet presies weet hoe al die dele verband hou, waardeur hulle verband hou en hoe die eintlike geestelik-substansiële homself in die materieel-sigbare uitdruk. 15. Om hierdie hoër graad van kennis te verkry, word elke leerling eers gelei en aangespoor tot voortdurende selfbeskouing, want niemand kan vanuit sy eie materie die geestelike in ander materie aanskou, solank hy nie sy eie gees vrygemaak het nie. As iemand homself leer ken het en homself as’t ware in homself gevind het, eers dan word hy verder gelei en word aan hom getoon dat dit nou nie meer sy eie materie is wat werksaam mag wees nie, maar dat hy homself moet aanwend om geestelik werksaam te wees. 16. Aanvanklik word daar aan hom slegs klein proewe getoon waarby die gees vry en sonder hulp van die materie besig kan wees. Van daar af word die gees dan steeds verder en verder gelei, en hy bereik uiteindelik so 'n wonderbaarlike volmaaktheid, dat hy in sy volledige vryheid in één oomblik meer tot stand kan bring as vanuit die materie in 'n baie lang tydsbestek. 17. Daarby word dit aan elke leerling ook baie duidelik gemaak, dat alle handearbeid ook in wese tog eintlik net die werk van die gees is, die gees kan egter sulke werk net nie so vinnig tot stand bring nie, omdat sy eie materie 'n groot hindernis daarby vorm. Wanneer hy egter op genoemde verstandige wyse hierdie hindernis oorwin het, kan hy in sy absolute vryheid ook des te kragtiger en vinniger werksaam wees. 18. Waarom kan die gees in sy absolute vryheid dan vinniger, sterker en doelgerigter werk as met behulp van sy materie? Omdat sy materie die hardnekkigste is, en wel vanweë die feit dat dit 'n volmaakte gees gevange hou. As hy egter meester oor sy eie materie geword het, sal hy gevolglik ook meester wees oor enige ander materie, wat onuitspreeklik baie swakker en onvolmaakter geeste gevange hou. 19. Het 'n leerling hom dit alles metterdaad of, soos julle graag sê, in die praktyk sy eie gemaak, eers dan word hy in die diepere kennis van die goddelike Gees en Sy ewige wil ingelei. Dan word daar die manier aan hom getoon waarop elke in homself vry geworde menslike gees homself na behore met die ewige, oneindige, goddelike Gees effektief in verbinding kan stel, vir sovêr dit binne die goddelike orde inpas. 20. Na die verkryging van hierdie praktiese insig word die leerlinge ook met die liefde van hierdie ewige Gees bekendgemaak, en daar word aan hulle getoon dat slegs hierdie liefde die menslike gees met die goddelike kan verbind. 21. Eers nadat die leerling dit alles daadwerklik in homself opgeneem het, gee die wyse leraar aan hom die plantstok en waterkruik, en dan probeer hy ook om die eerste manier van plant toe te pas, wat elke leerling wat so opgelei is, gewoonlik met die eerste poging goed slaag. 22. Met hierdie geestelike tak het daar dan op hierdie gordel ook 'n einde aan alle skoolopleiding gekom, want so 'n ontwikkelde gees deursien dan alle vakke met sulke helderheid, dat elke woord van hom daaroor so goed as 'n volbragte daad is en daarom het hy op geen enkele gebied nog enige onderrig nodig nie. In hierdie toestand word elke gees voortaan in al die ander dinge deur God se Gees Self onderrig. 23. N.B. So kweekskool sou ook op julle planeet 'n beter resultaat verkry het as alle gymnasia, lyceums, universiteite en geestelike seminare, waartydens die kwekelinge na afloop wel 'n uiterlike geestelike ontwikkeling, maar nie die ware Heilige Gees van volmaakte innerlike lewe ontvang het nie. Daarom dra hul werke naderhand dan ook net die stempel van die gees wat hulle ontvang het. En tog sê Ek aan julle: Hierdie skoolopleiding vir die ontvang van die ware lewende Gees sou veel minder kos as die skoolopleiding om uiteindelik ’n dooie gees te ontvang, wat niks is, nooit iets gewees het en ook ewig nooit iets sal word nie. Weliswaar bestaan daar hier en daar op hierdie aarde klein kieme wat mettertyd steeds groter sal word, maar nog buite verhouding groot is daarnaas die harde, klipskool. Julle verstaan wat Ek daarmee wil sê. 24. Ons is nou egter op ons son, en daarom sal ons ons geestelike ontwikkeling dan ook daar afsluit, deur op te let dat dieselfde geestelike ontwikkeling ook op die suidelike gordel voortreflik toegepas word. Die verskil is net dat die opleiding op die suidelike gordel algemener is as op die noordelike. 25. Nou ken julle die hele wese van die geestelike omstandighede; daarom sal ons die volgende keer nog die godsdiens behandel wat nou met hierdie geestelike toestand verbonde is, wat julle beslis nie onbevredig sal laat nie. Genoeg dus vir vandag!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205