DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 18 ’n Eenvoudige soort tempel op die middelgordel 1. In watter aansien staan 'n tempel op die son eintlik? Dit wil sê, beginnende met die eerste tempel op een van die laagste heuwels, want daarop staan nog twee ander tempels, wat ons eers later sal leer ken. 2. So tempel van die eerste tipe het die aansien van 'n algemene volkskool, waarna kinders vanaf die voorheen beskrewe skoolgeboue oorgaan. Julle moet nie dink dat daar leerlinge van slegs één so `n skool daarheen gaan nie, nee, so ’n tempel neem dikwels leerlinge op van dertig tot veertig voorbereidende skole. Daarom is so tempel dan ook buitengewoon groot, en moet dit ook so wees om die dikwels verskeie duisende leerlinge te kan opneem. 3. So tempel het geen ronde vorm meer nie, maar sy vorm kom meer ooreen met dié van 'n skip by julle. Sou hy in die rondte gebou gewees het, sou dit baie probleme gegee het met die dak. Omdat hy in so 'n ovaal vorm gebou is, gee die dak net so weinig probleme as by 'n gewone woonhuis. 4. Waardeur, of aan die hand waarvan, word die omvang van so 'n tempel vasgestel? Die omvang van so 'n tempel word bepaal aan die hand van die aantal pilare waaruit hy bestaan. Is die aantal pilare by alle tempels van hierdie eerste tipe dieselfde? Nee, dit is afgestem op die omgewing, na gelang daar meer of minder woonhuise, klein en voorbereidende skoolgeboue is. Daarom kan so tempel ten minste uit duisend, en ten hoogste uit tienduisend pilare bestaan. Die pilare van so tempel is ten eerste baie hoër en ook baie bonkiger as die van 'n woonhuis en bestaan gewoonlik uit liggroen, deursigtige materiaal, is eenvoudig van styl en heeltemal rond. 5. Origens is die boustyle by die tempels ook heelwat verskillend, selfs al is hulle van dieselfde soort en vir een en dieselfde doel bestem. Daar is ook tempel-pilare wat soos piramides lyk; daar is tempel-pilare wat uit 'n groot aantal stafies bestaan; dan is daar weer pilare wat lyk asof platgedrukte balle opmekaar gestapel is; so is daar ook pilare wat hulself in die vorm van wolke bo mekaar verhef en dan is daar nog pilare wat lyk soos omgekeerde appels, naamlik met die breë kant omhoog en die skerp kant na onder. En so is daar nog talle vorms waarin sulke pilare, wat die dak moet ondersteun, uitgevoer is. 6. Hierdie tempels is alweer baie meer verhewener en pragtiger as die voorafgaande skoolgeboue, veral die van die laaste beskrewe tipe waarin die leerlinge My orde moet leer ken. Hierdie tempels het dus ook verskeie dakke, waaronder ook die dak wat die middel van die tempel bedek, wat verreweg die hoogste is. Op die hoogste punt daarvan is 'n buitengewoon groot vaandel aangebring as teken van die oorwinning wat die mense in hierdie tempel moet behaal. Die ander piramiedvormige dakke word trapsgewys laer. En aan elke kant van die middelste groot dakpiramide is sewe dakke aangebring, en wel so dat sulke dakke met hul spitse met die spits van die middelste hoofdak eweneens 'n piramide vorm. 7. Die punte van die dakke is weliswaar ook met vaandels versier, maar in vergelyking met die middelste vaandel, neem die vaandels in grootte af, soos wat die dakke ook in hoogte afneem. Origens is hierdie tempeldakke ook op dieselfde manier gebou as die dakke van die woonhuise. Die hoogte van die middelste dak kan, na gelang van die grootte van die tempel, soms wel duisend vadem bedra, maar laer as vyf honderd vadem is dit nooit. Die ander dakspitse rig hulself volgens die hoogte van die middelste dakspits. 8. Nou sal julle natuurlik vra: Hoe kan die sonbewoners eintlik sulke ontsettende lang dakbalke in die vorm van 'n piramide op die pilare plaas en waar kry hulle sulke duisend vadem lange bome vandaan? Dan kan Ek julle dadelik sê, soos wat ook al by 'n vorige geleentheid opgemerk is, dat die sonbewoners dit nie met hul hande vervaardig nie, maar alles met die krag van hul wil. Weliswaar moet hulle sulke dakbalke vooraf uit die grond kweek, wat, soos julle weet, met hul wilskrag gebeur. So moet hulle ook die pilare tot stand bring. As al hierdie dinge wat egter nodig is vir die bou van so 'n tempel, eenmaal voortgebring is, word hulle deur die verenigde wilskrag van verskeie, dikwels baie, mense vir die bou georden. En die konstruksie self word dan deur die vereniging van hul wilskrag uitgevoer. 9. Desondanks is daar by so `n tempel tog nog bedrywighede wat die sonmense met hul hande moet doen. By hierdie handewerk hoort die dek van die dak en die verf van die binnekant daarvan. Ook hoort die uitmeting en die daaropvolgende bodem¬voorbereiding by die handewerk. Dit is dus alle handewerk. 10. Hoe lank bly so gebou ongeskonde? As sulke tempels en ook die ander geboue nie deur een of ander natuurramp beskadig en soms gedeeltelik of heeltemal verwoes word nie, sal hulle daar staan vir die ewigheid, want daar verrot en vermuf niks nie, maar alles behou vanaf sy ontstaan 'n konstante varsheid en geneent¬heid. 11. Nou weet ons hoe dit met die bou en dus ook met die uiterlike vorm van so 'n tempel gestel is; daarom sal ons nou die inwendige en daarna die buite-omgewing daarvan van naderby bekyk. 12. Die majestueuse hoogte van so ’n tempel is die eerste waarna ons moet let, want die pilare, wat hier die dakke dra, is, na gelang van die omvang van die tempel, ook honderd tot vyfhonderd vadem hoog en is na verhouding ook so dik en wyd. Die voetstukke van die pilare is altyd volkome sirkelrond en het, vanaf die grond tot by die draagvlak, sewe verdikkings; en elke verdikking is ongeveer vier voet hoog, terwyl so ’n voetstuk, wat sy grootte aanbetref, eweneens in die regte verhouding tot die pilaar self staan. Die voetstukke by die tempels is gewoonlik van 'n baie harde, maar desondanks halfdeursigtige blougekleurde materie. Die pilare is heeltemal wit, maar is daarenteen van die veelkleurigste reliëfversierings voorsien. 13. Die pilare van so ’n tempel loop nie sonder onderbreking deur tot by die dak nie, maar is tewens draers van drie galerye wat aan die binnekant van die tempel langs die ry pilare heeltemal in die rondte loop, voorsien van ’n pragtige bewerkte balustrade. 14. Maar hoe kom mens op hierdie galerye? Dit sal julle dadelik sien. In plaas van die piramidale rusbanke wat aan die binnekant van die pilare geleë is, is daar 'n wenteltrap-piramide, waarvan die steeds opgaande trappe ook van ’n mees sierlike balustrade voorsien is. Wanneer ’n mens via hierdie wenteltrap-piramide die hoogte van 'n gallery bereik het, loop daar vanaf die piramide 'n buitengewoon sierlike gang waaroor ’n mens dan op die gallery kan kom. So is elke gallery deur 'n gang met so wenteltrap-piramide verbind. 15. Uit watter materiaal bestaan so piramide nou? Die piramide self bestaan uit materiaal wat lyk soos ligrooi gekleurde, volkome deursigtige glas. Die balustrade lyk asof gemaak van soliede goud, met allerlei mooi windings, wat aan die buitehoeke versier is met allerlei wonderbaarlik mooie en betekenisvolle vorms, wat veelkleurig is en lyk soos die alleredelste stene by julle, asof hulle vanuit hulself sou skyn. 16. Die gang bestaan uit dieselfde massiewe goudagtige stof, wat ook vanaf die wenteltrap tot by die hoofgalery aan weerskante van balustrades voorsien is. 17. Die hoofgalery is natuurlik ook net so van balustrades voorsien, beide aan die binne- en die buitekant. Die balustrades van die hoofgalery bestaan uit piramides van suiwer briljant, dit wil sê dat die piramides gemaak is van 'n materiaal wat net so skitter soos 'n groot, geslypte diamant by julle wanneer die strale van die son daarop val. Hierdie piramides is tussen die gange so teenmekaar geplaas, dat hulle mekaar aan die onderkant raak, terwyl hulle aan die bokant deur 'n as’t ware massiewe goue, in baie mooi loflike leuning met mekaar verbind is. Hierdie leuning loop van die een tot aan die ander gang (wat van die wenteltrap piramide na die hoofgalery loop), want hy kan immers nie ononderbroke deurloop nie. As dit so sou wees, sou ’n mens immers, om van 'n gang op die hoofgalery te kom, oor so balustrade moet klim; daarom moet daar op elke plek waar so gang van die wenteltrap na 'n hoofgalery lei, 'n onderbreking in die balustrade van die hoofgalery wees. Dit geld vanselfsprekend net vir die kant wat na die binnekant van die tempel gerig is; want aan die buitekant loop dieselfde piramide balustrade met 'n nog massiewer leuning ononderbroke deur. 18. Die hoofgalery rus op reënboogagtige boë, wat van die een pilaar na die ander loop. Hierdie boë vertoon in volmaakte lewendigheid die kleurespel van 'n reënboog. 19. Aan die binnekant van die wenteltrap-piramide is daar donkerrooi, hoë, vierkantige plate, ook weer op kubusvormige voetstukke, soortgelyke piramides as wat ons in die woonhuise agter die pilare leer ken het. 20. Die kubusvormige voetstukke, wat met hul oppervlak meer as 'n halwe vadem aan alle kante buite die piramide uitsteek, word as rusbanke gebruik. As die ruspouse aanbreek, begewe die leerlinge hulle na hierdie plekke en rus daar na behoefte uit. Hierdie rusbanke is buitengewoon sag-elasties, ongeveer soos 'n lugkussing. Presies so sag-elasties is ook die piramidale leuning. Ook al bevind iemand hom hoe lank daarop, dan veroorsaak hy tog nêrens 'n blywende induiking nie en as ’n mens opstaan, is alles weer mooi in orde, beide die bank en die leuning. 21. Ook die leuning is buitengewoon pragtig versier. Aan die bokant van die leuning, op die punt van die piramide, is orals groenligtende balle aangebring, wat die inwendige van die tempel weer 'n buitengewoon pragtige, lieflike aanblik gee, veral wanneer hy nie hier en daar deur die rusbank uitrustende mense ietwat uit balans gebring word nie. 22. Dit is dus die algemene inrigting van so tempel. Oor die besondere en die mees grootse inrigting binne, asook oor die buite-omgewing van so tempel, sal ons eers die volgende keer kry. Genoeg dus vir vandag!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205