DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 56

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 54 Wonderbaarlike plantegroei op die planeet Miron (Neptunis). Veranderlikheid van die lewensvorme 1. Die bodem van hierdie planeet is gewoonlik meer gelyk as bergagtig. Die vlaktes word gewoonlik deur spruite en groot en klein riviere deursny, waarby die groot riviere hulself dan deur een of ander bergkloof onder groot geraas en gebruis in die see instort. Stilstaande waters van enige grootte, soos mere, vind mens nêrens nie, want die grootste daarvan het 'n omtrek van nouliks enkele ure. 2. Maar vulkane is daar des te meer, aan die noordelike, sowel as aan die suidelike grens, en dus is daar ook dikwels kokende warmbronne, ja, soms selfs heeltemal warm strome, sodat die temperatuur in hierdie land eweneens vir 'n aansienlik deel verhoog word. Ten eerste word die lug wat oor die vlaktes en deur die dale vloei, verhit, sodat daar nie gou van 'n koue wind sprake kan wees nie; ten tweede word die grond egter ook daardeur, of liewer gesê die bodem, reeds van die binnekant af verhit en verkry dus soos gesê, 'n hoër temperatuur, waardeur dit dan ook heel vrugbaar word en oral die opmerklikste vrugte voortbring. 3. Wat die vulkane as sodanig betref, moet met betrekking tot hul vuur opgemerk word dat die vlam en die gloed daarvan nie soos by julle op aarde vuilrooi van kleur is nie, maar liggroen, 'n kleur wat ten eerste baie ligter is as rooi en ten tweede as verwarming ook weldadiger werk as die rooi kleur. 4. So sien die inwoners van hierdie planeet ook die son self in 'n groenerige wit lig. Dit vind plaas omdat die atmosferiese lugstreke so uitgestrek en ook besonder suiwer is. Daarom lyk vêrafgeleë landsdele ook nie so blou soos by julle nie, maar groen, wat eweneens veroorsaak word deur die lig en merendeels, soos gesê, deur die atmosferiese lug. Daarenteen is die blare van die bome, struike en plante, sowel as die gras, blou. Dit is dus presies omgekeerd as by julle op aarde. Weliswaar het ons ook op Saturnus oorwegend die kleur blou aangetref, maar daar is hierdie kleur lank nie so intensief en lewendig soos hier nie. 5. Nou sou mens kan vra: Hoe is dit nou moontlik? Dit is heel moontlik en dit kan deur diegene wat 'n dieper kennis van die kleurbreking van lig het, baie goed verstaan word. Die groen kleur van die lig is die intensiefste en dus ook die kragtigste; daarom deurdring dit ook op die nader aan die son liggende planete feitlik die hele plantewêreld, en van daaruit word dit deur die blare en jonger takkies terug gestraal. Alle ander kleure is gevolglik ook minder intensief en kan daarom alleen teerder voorwerpe deurdring. Die kleur blou is egter die minste intensief, vandaar dat dit ook die minste verbruik word en die lug daarmee steeds gevul kan wees. Dit is dan ook die rede waarom vêrafgeleë voorwerpe op julle planeet ook altyd blou gekleurd voorkom. 6. Op ons planeet Miron is egter, vanweë die groot afstand en ook vanweë die groot rykdom aan lug, presies die teenoor¬gestelde die geval. Die groen kleur van die lig het op hierdie groot afstand van die stralende liggaam, die son, noodwendig aan intensiteit verloor, want julle kan aanneem dat op die hele planeet Miron minder sonstrale val as net op Afrika op julle aarde. As hierdie min sonstrale nou op die uitgestrekte oppervlak van die lugstreke van Miron val, dan word hulle, as die weldadigste, onmiddellik deur haar opgebruik. Slegs die blou straal, wat veel minder lewewekkend is, word deur die suiwer lug deurgelaat en val op die planteryk en dit is dan ook die rede, soos reeds opgemerk, dat die plante, met uitsondering van die bloeisels, gewoonlik die mooiste blou vertoon. Gedetailleerde beskouings is egter vir ons doel nie nodig nie; boonop is daar vir elke denkende gees tog al buitengewoon baie gesê. Daarom sal ons ons aandag dadelik op die werklike plantewêreld van hierdie planeet rig! 7. Die plantegroei op hierdie planeet is vir julle begrippe werklik iets buitengewoon wonderbaarliks. 8. So groei 'n vrugteboom byvoorbeeld baie weelderig tot 'n sekere omvang en 'n hoogte van ongeveer honderd vadem, en wel tot 'n ouderdom van ongeveer twintig tot dertig Miron-jare, waarby nie vergeet moet word dat 'n Miron-jaar byna dertien van julle maande duur en geen sonjaar nie, maar slegs 'n maanjaar is. As so 'n boom heeltemal volgroeid is, dan vind daar by die boom van die een dag tot die ander 'n skielike verandering plaas. Óf hy het skielik geheel en al verdwyn, en op sy plek ontdek die navorser 'n groot aantal heeltemal nuwe insekte, óf die boom gooi sy takke af; hulle val ongeveer af soos die blare van julle bome in die herfs, waarna die stam volkome ander takke voortbring, wat mettertyd ook heel ander vrugte dra. Verander die boom in insekte, dan lewe hulle vir 'n bepaalde tyd, egter slegs op die plek waar die boom gestaan het en dan sterf hulle en daar ontwikkel uit hul maklik tot ontbinding oorgaande oorblyfsels, binne kort tydjie 'n geheel nuwe plantspesie, wat ewenwel met die vorige boom absoluut geen verwantskap het nie. Julle moet egter nie dink dat by so ’n vormverandering altyd dieselfde insekte tevoorskyn kom nie. Dit is eerder van die steeds verskillende posisies van die mane afhanklik, daarom kan so ’n vergane boom op verskillende tye en op verskillende plekke, óf in verskillende soorte insekte oorgaan, waaruit dan weer verskeie nuwe soorte plante kan ontstaan, óf die boom kan na die afval van sy takke, na gelang van die genoemde omstandighede, in verskeie ander boomsoorte oorgaan. 9. Soos dit met hierdie of enige boom gaan, so gaan dit ook met kleiner plante. 10. Die wet van sulke oorgange het ook betrekking op die diereryk, tot aan die viervoetige, die grotere en die grootste landdiere. Die ryk van die amfibieë, van alle insekte en ook van alle voëls is aan die wet van hierdie oorgange onderworpe. Egter nie op die manier soos die ruspes en insekte by julle op aarde nie, want by julle ontstaan daar uit dieselfde ruspe ook steeds dieselfde vlinder en uit dieselfde wurm dieselfde insek. Slegs hier, op die planeet Miron, gebeur dit alles na gelang van die toestand van dinge en die tyd; daarom kan niemand ook bepaal wat hier of daar te voorskyn sal kom nie. 11. Om hierdie rede verdiep die inwoners van hierdie planeet hulself ook nie regtig in die natuurwetenskap nie, veral nie wat die plante- en laer dierewêreld aanbetref nie. Hulle doen eers hul waarnemings die oomblik wanneer die natuur vormbestendig begin te word. 12. So gebeur dit op Miron ook herhaaldelik, dat wanneer die een of ander voël, skoenlapper of ander vlieënde insek sy eiers lê, daar uit hierdie eiers, wat gewoonlik in die warm grond gelê word, in plaas van 'n soortgelyke of 'n ander soort dier, 'n nuwe plantspesie tevoorskyn sal kom, wat 'n rukkie kan bestaan, maar dan weer volkome uitsterf. Uit die molm van hierdie uitgestorwe plante, en dikwels ook uit hul sade, ontstaan dan in plaas van soortgelyke plante, weer nuwe diere en soms kan ’n mens selfs in die redelik groot en stewige saadomhulsels of skille, wanneer ’n mens dit oopmaak, reeds 'n taamlike goedgevormde diertjie aantref, wat die vorm het van 'n dier wat ’n mens reeds vroeër gesien het, of van 'n heeltemal nuwe dier wat ’n mens nog nooit gesien het nie. 13. Nou sou iemand dalk kan sê: Iets soortgelyks vind ons immers ook op ons aarde, want wie weet nie dat daar in feitlik alle steen- en pitvrugte dikwels soorte wurms is nie, en dat galappels, geswelde blare by beuke, galbulte van 'n eikeboom, die ruwe knoetse aan 'n roosboom en dies meer niks anders is as heel spesifieke planteiers waaruit lewende wurms gebore word nie. Maar Ek sê: Dit is weliswaar korrek, maar daar is 'n groot verskil tussen 'n voortdurende gelyksoortige en 'n steeds veranderende verskynsel. 14. Daarom kan hierdie planeet ook geheel tereg 'Miron' (wêreld van wonders) genoem word, omdat die vorms van die plantewêreld, asook grotendeels van die diereryk, so buitengewoon veranderlik is, dat 'n uitgestorwe plant, boom of diersoort nie weer as volkome dieselfde tevoorskyn kom nie. In hoeverre hierdie planeet nog verder sy seldsame naam verdien, sal in die volgende duideliker belig word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205