DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 56 Flikkerende woude. Die klokboom 1. Op die berge, veral in die gebiede waar daar groot minerale¬bronne of selfs vuurspuwende berge is, ontstaan daar dikwels binne ’n baie kort tyd hele woude van sogenaamde 'flikkerende bome'. Hierdie woude is egter nie van nature volhoubaar nie; hul lewensduur is hoogstens drie jaar. Hierdie drie jaar is vir die mense wat in die omgewing lewe bepaald nie nadelig nie, maar wel baie hinderlik; ten eerste omdat gedurende die tyd wat die bome daar is, so ’n gebied nie sonder lewensgevaar deurloop kan word nie; ten tweede egter omdat die baie trillingsgevoelige lug van hierdie planeet so gevul word met die onophoudelike knal van die bome, dat byna niemand in die nabyheid van so woud die geluid van sy eie stem kan hoor nie. 2. Nou sal julle vra: Is hierdie bome dan regtig plantaardig? Nee, dit is hulle nie, maar hulle is, soos wat julle in julle vaktaal sê, heeltemal elektroplasties. Wanneer daar in die genoemde gebied deur die groot mineralebronne of deur die vuurspuwende berge 'n buitengewone groot hoeveelheid elektrisiteit ontwikkel word van 'n omvang waarvan julle op aarde geen begrip kan vorm nie, trek die elektrisiteit wat in die lug aanwesig is, die minerale atoom¬deeltjies uit die grond en uit die lug wat aan haar verwant is, saam en deur hierdie aktiwiteit ontstaan daar baie vinnig sigbare balletjies en ook hakies, wat aan mekaar gaan hang en dan op die gedeelte van die bodem val, waarna hulle die meeste getrek word. Deur hierdie elektriese aktiwiteit ontstaan daar weldra hele stamme bo die grond met op verskeie maniere gevormde, knoetsige takke. Hierdie takke trek dan nog meer elektrisiteit na hulle toe en stoot dit wat hulle opnamekapasiteit te bowe gaan, spoedig weer glinsterende en knallende van hulleself af. 3. Dit duur gewoonlik net totdat 'n naburige vulkaan tot rus gekom het, óf totdat die elektriese kapasiteit in 'n gebied weer met die algemene elektrisiteit in ewewig gekom het. As dit gebeur het, is daar ook maar net 'n matige sterk windvlaag nodig om die hele bos as 'n stofwolk van sy grondgebied te lig en oor die landerye te verstrooi. En dit is dan ook die einde van so 'n woud. 4. Het die inwoners ook nog enige voordeel van so ’n natuurproduk? O ja, en die voordeel is nie gering nie. Hulle wag die oomblik baie sorgvuldig af wanneer die bome van so ’n woud sy elektrisiteit geleidelik aan begin verloor. Wanneer dit die geval is, kom hulle heel behoedsaam nader, met mandjies en taamlike lang stokke wat van punte voorsien is en aan lang stele bevestig is. Met hierdie stokke stryk hulle eers langs 'n boom en ondersoek of daar nog elektriese aktiwiteit daarin teenwoordig is. As dat die geval is, dan word so boom net vir solank met die puntig stokke bewerk totdat alle elektrisiteit daaruit gewyk het. Daarna begin hulle met skerp voorwerpe om die knoetsige takke af te steek om uiteindelik die hele boom in hul mandjies te berg. Die massa lyk dan ietwat soos die lava-as van julle vulkane, en is onteenseglik die allerbeste bemestingstof vir hul lande. Dit is dan ook wel die hele gebruik van hierdie boom. 5. Nou kan julle wel sê: Waarom is daar nie by ons sulke verskynsels nie? Ek sê vir julle: Ten eerste is julle aarde by verre na nie so ryk aan elektrisiteit as die planeet Miron nie en ten tweede ken julle die verskynsels van julle aardbodem en so ook die werkinge van elektrisiteit nog heeltemal te min om op goeie gronde te kan sê: Waarom kom dergelike verskynsels nie op ons planeet voor nie? Gaan byvoorbeeld maar net na streke in Midde-Afrika of nog ander streke rondom die ewenaar en dan sal jy spoedig op die mees uitsonderlike, hersenskimmige, elektro-plastiese voorwerpe druk. Tog is daar 'n verskil tussen die elektroplastiek van julle aarde en die van hierdie planeet. Wat by julle slegs op klein skaal gebeur, gebeur daar met so ’n reuse omvang, dat die verhouding ongeveer één op duisend tot tweeduisend is. 6. Hiermee is ons dus ook met hierdie merkwaardige boom klaar en ons sal nog net één gewas vermeld. Die gewas word die 'klokboom' genoem. Hierdie boom word gewoonlik baie groot en groei langs die oewers van die mere wat, soos julle weet, nie baie uitgestrek is nie. Die vorm van die boom is as volg: Aan 'n dertig vadem hoë en drie vadem dik stam met 'n taamlik gladde bas is daar ongeveer drie ietwat na bo toelopende, maar origens reguit rye takke; boaan het die stam nog 'n groot aantal van sulke reguit takke, wat na alle rigtings groei. Aan die einde van elke tak is daar 'n soort tregter waarin 'n smal kanaaltjie uitmond, wat beide deur die hele tak asook deur die hele boom loop. Ook hierdie boom is meer 'n soort swam as 'n ware boom, omdat hy geen wortels nie, maar net 'n stomp koniese stam in die aarde het. 7. Nou is die vraag: waarom word hierdie boom die 'klokboom' genoem? Kyk, by die bekende uitmondings van die takke drup 'n taai soort sap deur die buisies na buite, en wel vir 'n bepaalde tyd; daarna droog die sap in die inwendige van hierdie swam¬boom op en los op in 'n soort lug en dit gebeur ook hier deur die groot aktiwiteit van die ruimskoots aanwesige elektrisiteit. Aan¬gesien die sap in die tregtermond opgehoop het en meer elasties gekompakteer is, kan dit nie opgelos word nie, waardeur verhinder word dat die lug wat in die inwendige van die boom ontwikkel het, vry na buite kan vloei. 8. Watter maklik verstaanbare verskynsel tree dan daar op? Dieselfde wat julle al dikwels as kinders, spelend met seperige water, teweeggebring het: Die lug uit die buisie beland agter die elasties taai sap in die tregtermond van die tak, bol op en blaas homself vervolgens op tot 'n ballon, wat dikwels 'n deursnit van verskeie vadems het. Wanneer die inwoners dit opmerk, gaan hulle vinnig met stewige toue na die boom toe, trek of bind so ’n ballon aan die monding van die tak stewig saam en sny hom dig gebind van die tregter af. As die materiaal dan volkome gedroog het en die regte elastisiteit verkry het, maak hulle die toue weer los en verkry sodoende die mooiste en mees volhoubare handsakkies en sakke, waarin hulle alles kan bewaar. Want so ’n blaas is in sy rype toestand nog baie meer duursaam as julle gomlastiek en is so taai dat hy selfs met baie skerp gereedskap nie maklik in stukke gesny kan word nie. 9. Die boom self word daarna ook na die huis gebring en daar by uitstek as brandstof beskou; ten eerste omdat die materiaal in gedroogde toestand feitlik suiwer hars is; ten tweede omdat dit by die verbranding 'n heel aangename geur ontwikkel, waarvan die inwoners van hierdie planeet buitengewoon baie hou; en ten derde omdat die vlam besonder mooi liggroen is en met die verbranding boonop maar heel weinig rook laat ontstaan. 10. Dit is dus die mees besondere gewasse van hierdie planeet, wat nêrens anders voorkom nie. Ter wille van beknoptheid sal ons onsself die volgende keer ook dadelik tot die nog wonderbaarliker diereryk wend.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205