|
DIE NATUURLIKE SON JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 75
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75. |
|
|
HOOFSTUK 73
Die lot van die sonmuiters. Ontwikkeling van komete en planete. Die ewige, onmeetlike skeppingswerk. Besluit
1. Dat sulke geeste langs hierdie weg gedeeltelik hul doel bereik, het ons al gesien by die uitleg oor die sonvlekke. Waartoe die bereiking van hul doel dan moet lei, sal weldra nog aanskouliker as tot nou toe beskryf word.
2. Wanneer hierdie geeste op die gewelddadige wyse die vryheid verkry het wat deur hulle verlang was, swerm hulle met miljoene en miljoene uit in die onmeetlike ruimte. Die eerste resultaat van hierdie gewelddadige vlug is weliswaar van korte duur weldadig, want alle geeste word in hierdie ruimte in 'n sekere sin afgekoel en raak dus ook rustiger in hul strewe.
3. Maar wat is die tweede gevolg van hierdie toestand van absolute vryheid? Dit kan eers verstaan word wanneer julle weet dat elke gees, van welke aard dan ook, voedsel moet hê om kragtig en behaaglik te kan voortbestaan. Het hy dit nie, dan sal hy ten slotte steeds swakker word, en wel sodanig, dat hy uiteindelik in 'n soort bewusteloosheid raak, wat soos 'n diep slaap lyk. So 'n toestand is dus ook die gevolg van gewonne absolute vryheid van sulke ongeordende, gewelddadige geeste vanuit die son.
4. Wat sal die gevolg van hierdie tweede toestand egter wees? Dit sal niemand veel moeite koste om dit te raai nie. As iemand naamlik in staat sou wees om 'n tier uit te honger en vervolgens in 'n diep slaap te bring, sal dit nie vir hom moeilik wees om die verskeurende dier te vang nie, aangesien hy deur sy swakheid homself nie sal kan verweer nie en vanweë sy slaap ook nie sal agterkom dat hy aan die jagter ten prooi geval het nie. Kyk, dit is ook ongeveer die lot van sulke absoluut vrygeworde geeste uit die son! Ook hulle val ten prooi aan die oral op hulle loerende aantrekkingskrag van die planete, waarvoor hulle dus as welkome versadiging dien.
5. Een deel van sulke geestelike absolutiste word reeds by hul deurbraak deur die krag van die geesteswêreld van die son weer tot omkeer gedwing, waar 'n deel van hulle dan in die groot sonreën terugval om te kalmeer en af te koel. 'n Groter gedeelte egter, wat hulle ietwat verder van die son gewaag het, word deur die magtige polariteit van die son gegryp en hierdeur weer na die oertoestand teruggebring; dit wil sê, na die eintlike hart van die son. Ook die gedeelte wat deur die waters van die son opgeneem word, volg met verloop van tyd 'n teruggaande beweging deur die vele porieë, are en kanale, dikwels tot in die laaste inwendige son, wat soos julle weet, die eerste na die oppervlak van die son is. Baie sulke geeste wat in die water teruggeval het, word egter ook as voedsel en rypwording van die uitwendige sonoppervlak gebruik.
6. Die geeste van die inwendige son, wat so ’n teruggaande beweging al herhaalde kere gemaak het, onderneem nie maklik weer met die geeste, wat weer 'n nuwe deurbraak by die ewenaar wil onderneem nie, maar hulle probeer langs sypaaie in die rigting van poolstreke, in ’n sekere sin hulleself in die geheim uit die voete te maak. Aangesien hulle daar eweneens teen verset stamp, gebeur dit dan ook dat hulle met kleiner groepe hul toevlug tot gewelddadighede neem en kom nou, eers op die een, dan weer op die ander gordel, maar meestal tog op die gordels wat hulle in die buurt van die poolstreke bevind, om hul doel te bereik. Ek hoef julle maar net opmerksaam te maak op die reeds bekende vulkane, en julle sal maklik insien waar daar vir hierdie wesens nog 'n gaatjie oorgebly het. Maar ook die gate baat hulle nie veel nie, want daardeur kan hulle hulself meestal skaars so ver van die son af verwyder, as die afstand wat tussen die oppervlak van die blink luglaag en die bodem lê. Spoedig na so ’n voortdurende herhalende poging, word sulke liberale gesinde geeste deur die pole van die son weer baie dringend uitgenooi om die moeite te doen om weer 'n besoek te bring aan die binneste son, eintlik die sonhart, waar hulle dan weer ruim voldoende tyd sal hê om daaroor na te dink wat beter is, naamlik: Om die goeie orde te volg, of homself eiemagtig en magteloos in die verderf te stort en sy ordelike toestand vir baie lang tye geweldig te versleg.
7. Kyk, so staan sake. Dit is nog net ’n vraag of dit die enigste geeste is wat die fatale eer te beurt val om weer deur die sonpole opgeneem te word, of is daar nog iets anders? Ja, daar is nog velerlei ander! Hulle is gedeeltelik deserteurs van die planete wat die son omring, en gedeeltelik ook soortgelyke gewelddadige aanvallers van ander sonne. Sulke geeste word naamlik, wan¬neer hulle in die planetêre gebied van hierdie son beland, baie vinnig deur die poolkrag van die son gegryp en daardeur na die son self toe getrek. Slegs as hulle op 'n manier, wat julle al ken, in 'n sfeer wat vêr van die son geleë is, 'n gemeenskap vorm en dan volgens uiterlike verskyning komete word, kan hulle soms vir ’n geruime tyd as 'n onbekwame planeet rondom die son beweeg. Kom hulle egter onverhoop en ongelukkig te naby aan die son, dan word hulle in ieder geval, soos julle sê, met huid en haar deur die son verswelg. Ook al word sommige mettertyd ware planete, dan sal hulle tog as sodanig nie daarvan gevrywaar wees om uiteindelik voedsel vir die son te word nie. Wat die son eenmaal met haar polêre krag gegryp het, is al so goed as geheel 'n prooi vir haar. Deur haar krag knaag sy voortdurend aan so 'n gas, verswak hom van millennium tot millennium en trek hom ten slotte tog in haar wye vurige skoot.
8. Dit kan julle al sien aan die huidige posisie van die planete, want vroeër, baie miljoene jare gelede, het die planeet Mercurius nog op die plek van julle aarde gestaan, die planeet Venus ongeveer op die plek van die huidige planeet Mars en julle Aarde ongeveer op die plek van Jupiter. Bereken maar met hoeveel krag die son hierdie planete na homself toe getrek het! Julle kan daaruit baie maklik aflei dat die son, selfs ook na vele duisende jare, homself van hierdie planete wat deesdae nog vry rondsweef meester sal maak, waar die hardnekkigste geeste van sulke hemelliggame dan eers weer tot hul geordende toestand, soms egter weer, as gevolg van hul opnuut verkreë intelligente vryheid, tot hul wanordelike toestand terugkeer.
9. Dat daar in die plek van die planete wat volledig deur die son opgeneem word, weer ander sal kom, kan julle al sien aan die feit dat daar, net rondom julle son alleen, 'n leër van ten minste tienduisend miljoen komete swerm, waarby daar uit die, nie onbeduidende aantal, altyd hierdie of daardie meer ontwikkelde komeet weer in die toestand van 'n planeet kan oorgaan. Ja, daar is tans al 'n groot aantal komete in die verre gebied van julle son, wat hulself al sovêr ontwikkel het dat hulle selfs vir die grootste deel al bewoon is, alhoewel nog nie deur mense nie, maar tog deur plante en allerlei primitiewe spesies.
10. Kyk, so is hierdie ordening dus. Vir julle begrippe is haar tydsduur oneindig te noem, maar vir My oë is beide die begin sowel as die einde bepaal. Soos wat die son weer haar planete opneem, so kan ook sentraalsonne hul newelsonne opneem en kan die hoofsentraalson uiteindelik ’n hele leër van sonnegebiede en son-heelalle opneem. Op die plek van die verteerde word daar weer ’n nuwe geplaas en wel sodanig dat die verloop van die ordening van My dinge ewig nooit onderbreek kan word nie. Julle moet aanneem en verstaan dat Ek ewig en nimmer sal ophou om te skep nie, omdat Ek as God ewig en nimmer kan ophou om te dink nie; want My gedagtes is die wesens.
11. Nou sal sommige egter vra: Waarheen gaan dit uiteindelik met so 'n oneindige veelheid van skepsels? Dan vra Ek julle: Hoe sou so 'n groot, maar uiteindelik tog begrensde aantal skepsels en wesens ’n verhouding kan hê met 'n oneindige God?
12. Laat niemand daaroor bekommerd wees nie, want in My oneindigheid is tog sekerlik ruimte vir 'n oneindige hoeveelheid, wat nooit hierdie ruimte sal kan vul nie, ook al sou die voortdurende toename van die aantal wesens nog onuitspreeklik baie groter en magtiger wees as dit wat as gevolg van die bestaande orde is.
13. Hierdie oorsig sal julle egter gerusstel in die wetenskap dat julle goeie, heilige Vader groter, magtiger en volmaakter is as ’n swak aardse gees, wat Hom selfs in sy innigste, helderste oomblikke kan voorstel.
14. Nou kan ons dan ook die verhandeling oor die materiële son beëindig, en daarom sal ons onsself die volgende keer na die geestelike- óf hemels geaarde son begewe.* Vir vandag was dit dus weer genoeg gewees!
* sien die tweedelige werk 'Die geestelike son'
(Beëindig op 21 November 1842)
Gedruk en geset deur:
Dogter van Sion
Posbus 1130
Hartebeespoort,
0216
Tel: (012) 376 4304
e-pos: dogtervansion@gmail.com
Webwerf
www.nuweopenbaring.co.za
Eerste Druk - Januarie 2017
aan Jakob Lorber
Gedikteer deur die innerlike woord
|
|
|
|
|