|
DIE NATUURLIKE SON JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 30
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75. |
|
|
HOOFSTUK 28
Geboue vir kuns en wetenskap in die gemeenskaplike nedersettings
1. Die ander geboue van so nedersetting verskil slegs van die oorblywende, aparte woonhuise, deurdat hulle mure van vensters voorsien is. Die mure is dus, asook as by die hoofgebou, ondeursigtig. Die vensters van die meeste gemeenskapsgeboue het gewoonlik die vorm van 'n halwe sirkel; slegs by baie min geboue is daar ook heeltemal ronde of seskantige vensters aangebring.
2. Die dakke van die buitegeboue is ook nie so hoog soos die dakke van die gewone woonhuise nie, maar meer afgeplat en laag. Sommige gemeenskapsgeboue het 'n koepeldak en daardeur gee so ’n nedersetting tog die indruk van 'n taamlik beduidende stad.
3. Rondom 'n nedersetting loop daar gewoonlik 'n taamlik hoë ringwal waarop verskeie torings staan wat vir allerlei waar¬nemings dien. By so nedersetting is daar ook gewoonlik 'n teater; egter nie met dieselfde funksie as by julle nie, maar die teater is eerder 'n huis om die ervarings wat die een of ander opgedoen het, visueel uit te beeld. Dit gebeur op 'n figuratiewe manier, waarby die omgewing waarin die persoon die ervaring opgedoen het, waarheidsgetrou uitgebeeld word. Daar moet hierby nog vermeld word dat die inwoners van hierdie gordel by uitstek groot liefhebbers van die beeldende kunste is. Daarom is ook feitlik elke bewoner van hierdie gordel, op enkele sporadiese uitson¬derings na, baie bekwame skilders. Want skilder is daar ook die enigste manier om te skryf; dit is slegs vir elkeen verpligtend dat hy die natuur getrou kan weergee.
4. Noudat julle dit weet, sal julle des te makliker verstaan op welke wyse daardie teater gebruik word, want dit bestaan uit niks anders as louter volmaakte uitgevoerde beelde, wat gewoonlik heeltemal in die rondte aangebring word, sodat die hele teater dan lyk soos 'n groot panorama by julle, waarmee 'n hele stad of 'n ander merkwaardige omgewing aanskoulik uitgebeeld word. Julle moet natuurlik net so ’n panorama op ons gordel baie groter voorstel as 'n soortgelyke panorama by julle op aarde. Want die teater in so ’n nedersetting het ten minste 'n omtrek van drie- tot vierhonderd vadem en is dikwels vyftig vadem hoog.
5. Julle sou hierdie gebou dalk wel wat naderby wil leer ken. Dit sal dan ook gebeur. In hierdie teatergebou kan ’n mens nie inkom soos by die ander woonhuise nie, want die ingang is onder-gronds. Daarom is daar aan één kant van hierdie teatergebou 'n soort vooruitspringende deel gemaak, ongeveer soos 'n sogenaamde sy-kapel by julle gebedshuise. In hierdie kapel is daar ’n nis met 'n aansienlike diepte van ongeveer drie vadem. Aan die einde van die nis is ’n poort aangebring, waarvan die deure na buitentoe oopgemaak kan word. Vanaf hierdie poort lei daar dan taamlike breë trappe na benede, soos na 'n kelder by julle, en wel tot 'n diepte van ongeveer sewe vadem. Aan die einde van hierdie trap, op die laagste punt, gaan daar alweer 'n trap omhoog, waarlangs ’n mens weer presies in die middel van die teatergebou kan uitkom.
6. Van binne is die teatergebou, op ongeveer drie vadem vanaf die wand, voorsien van 'n ry pilare, wat beide die balke en die dak ondersteun; boonop dra hierdie ry pilare ongeveer drie vadem bo die grond ook 'n ruim en sierlike, van balustrade voorsiene gang, van waar ’n mens die voorstelling eintlik die allerbeste kan bekyk.
7. In die middel van die gebou, ruim een vadem vanaf die ingangspoort, staan daar nog 'n buitengewone sterk pilaar, wat eweneens die balke en die dak help dra, en wat vanaf die vloer tot by die balke van 'n wenteltrap voorsien is.
8. Agter hierdie pilaar is daar nog 'n kleiner pilaar geplaas, wat ook tot by die balke reik. Vanaf die groot sentrale pilaar, ongeveer vyf vadem vanaf die balke, loop dan weer 'n gang via die tweede pilaar na 'n pilaar in die ry en van daar af tot by die muur van die teatergebou. Hierdie gang kan ’n mens bereik via die reeds genoemde wenteltrap van die middelste groot pilaar.
9. Op gelyke hoogte met hierdie gang loop dan rondom, langs die hele muur van die gebou, 'n ongeveer anderhalf vadem breë gang, wat natuurlik ook weer van 'n balustrade voorsien is. Hierdie gang word nie deur pilare ondersteun nie, maar in plaas daarvan is daar skuins muurstutte as skoorbalke aangebring, wat hierdie gang dra.
10. Julle vra: Waarvoor dan hierdie gang? Dit dien slegs daarvoor om aan die balustrade daarvan, wat aan die buitekant van doelmatige hakies voorsien is, die panoramiese skildering op te hang, wat dan gewoonlik vanaf hierdie balustrade tot aan die grond reik en dus dikwels 'n hoogte van tagtig tot meer as honderd vadem het.
11. Julle sal nou vra: Hoe bring mens eintlik so ’n groot skildery deur ’n nie al te groot ingangspoort na binne? Dit gebeur in stukke of stroke, waarby elke strook ongeveer drie vadem breed is. Hierdie stroke word in die korrekte volgorde langs mekaar aan die balustrade van die muurgang gehang en vorm dan volkome één geheel.
12. Word die stroke later weer afgehaal, dan word hulle opgerol en vanuit die teater na die sogenaamde teater biblioteek gebring; ook staan dit die skepper vry om so ’n teaterstuk saam te neem, veral wanneer sy uitgebeelde ervaring geen groot byval gevind het nie.
13. Poëtiese werk het by hulle in ’n sekere sin ook 'n groter waarde as prosa. Wat verstaan hierdie mense egter onder prosa en poëtiese stukke? 'n Prosastuk is 'n werkstuk, waarin 'n uitbeelder sy eie ervarings uit die gewone lewe afbeeld. Wanneer hierdie ervarings absoluut niks uitsonderlik en veral nie op sigself leersaam is nie, word hulle sondermeer weer aan die skepper daarvan teruggestuur en daarby kry hy die opmerking te hoor dat sulke voorstellings nie tuishoort in hierdie huis nie, waarin slegs dinge getoon moet word wat die wysheid van die menslike gees verryk. Blyk sulke prosawerk egter uitsonderlike tonele te bevat, dan word hierdie tonele opgeneem, maar die gewone word weer aan die uitbeelder teruggegee. Poëtiese werke is egter werkstukke wat nie vanuit die gebied van die ervaring gemaak word nie, maar is slegs voortbrengsels van die geestelike fantasie. Sulke stukke word dan ook gewoonlik vir 'n redelik lang tyd uitgestal.
14. Waarom is sulke poëtiese werke egter so geliefd? Omdat dit seldsamer is, veral by die inwoners van hierdie gordel, want op sigself is die wysheid heeltemal arm aan vrye fantasie, want die ryk van die fantasie behoort slegs aan die skeppende liefde. Daarom is daar by die uitbeelding van sulke poëtiese werke altyd die aan julle bekende sinspreuk van toepassing: 'Wanneer die grotes bou, het die kleintjies volop werk! "So word ook hier by so ’n poëtiese werk buitengewoon veel gefilosofeer, waarby almal wel iets anders daarin ontdek, wat dan altyd lei tot 'n goeie gesprek en dit is dan weer 'n lieflingsbesigheid van die mense van hierdie gordel.
15. Dit is dus die wesenlike van so teatergebou. 'n Slim kritikus sou dalk net hiermee 'n vraagteken plaas en sê: 'Bo langs die mure is 'n gang; vanaf die gang tot by die grond hang die panoramiese skildery; die mure is ondeursigtig en ook in die balke is daar nêrens 'n opening nie. Aangesien enige vensters klaarblyklik deur die skildery bedek moet wees, vra ons die skrywer om ons in hierdie teatergebou ook ietwat lig te gee, anders sal ons van die skilderye nie soveel te siene kry nie. Nog 'n bietjie geduld, daar sal dadelik voldoende lig kom. Reeds by julle op aarde bestaan daar 'n spesiale manier om sekere teater dekorasies te verf. Kyk, iets soortgelyks is ook hier die geval, maar die skildery bestaan nie hier uit tipiese teatrale kleure nie. Hierdie teater skilderkuns beteken dat die skildery met tipes liggewende kleure uitgebeeld word. Hierdie kleure is terselfdertyd die mees aanskoulike en duursame, want elke kleur op die son wat geen eie lig het nie, doof weldra uit; het hulle egter wel 'n eie lig, dan dra hulle in ’n sekere sin in sigself die wapen om daarmee die vernietigende invalle van lig van buite te bestry.
17. Kyk, dit is die verligting van so ’n teaterstuk. Die teater het dus wel vensters, maar dit dien net daarvoor om by die in gereedheid bring van 'n werkstuk te kan sien. Wanneer die werkstuk gereed is, word alle vensters noukeurig gesluit, sodat aan die bekoring van so ’n skildery, veral nie deur ander ligstrale, afbreuk gedoen word nie.
18. Hoewel al hierdie kleure op die son nie so moeilik te bewerk is nie, is baie oefening tog daarvoor nodig om sodanig daarmee te kan verf, dat oral, soos julle dikwels sê, skaduwee en lig in die regte verhouding verdeel word. Met kleure wat nie liggewend is nie, is die skaduwerking natuurlik veel makliker te bewerkstellig, maar met liggewende kleure is dit aansienlik moeiliker. Tog is veral die skilders in die gemeenskappe op hierdie gordel so bekwaam hierin, dat dit vir hulle maklik is om so baie panorama skildery in die verloop van één jaar, volgens julle tydrekening, te vervaardig.
19. Sodat julle egter vir julleself ietwat kan voorstel hoe die skildery in so ’n werk gaan, wil Ek julle attent maak op 'n manier van skilder op julle aarde wat ’n groot ooreenkoms vertoon met die manier van die ligskilder op ons songordel. Hierdie manier van skilder op julle aarde is die sogenaamde porseleinskilder, waarby ook geverf word met kleure wat in hul oorspronklike toestand uiters dof en eentonig lyk. Eers wanneer so ’n geskilderde stuk breekware aan groot hitte blootgestel word, kom die mooiste kleure dan daarop te voorskyn.
20. Kyk, so word ook hierdie teaterstukke geskilder. Nadat die stroke geskilder is, kom daar 'n soort lak daaroor. Daarna begin die kleure as’t ware tot lewe te kom, wat gebeur onder die invloed van die oraloor vrye spel van sonlig, sodat hierdie oorspronklik dowwe kleure opgesuig word en vir altyd baie lewendig beware bly.
21. Dit is dus alles wat van so gemeenskapsteater besonder opmerklik is.
22. Die ander geboue van so n nedersetting is deels bestem as huise vir die wysheidleraars, maar gedeeltelik ook vir versamelings van allerlei gedenkwaardighede en kleiner skilderye.
23. Dat hierdie gemeenskapsgeboue gewoonlik in 'n verlengde sirkel rondom die hoofgebou geplaas word, is die enigste wat nog hieroor vermeld moet word. Dat sulke nedersettings gewoonlik aan die oewers van klein mere en op die hoogvlakte ook aan die oewers van groot riviere gebou word, kan nog hieraan bygevoeg word.
24. Vir die suidelike gordel hoef julle dit alles maar net meer afgerond en ook ietwat groter voor te stel, dan het julle ook alles wat die suidelike gordel in hierdie opsig bevat.
25. Die volgende keer sal ons oorgaan tot die bodemkultuur van hierdie twee gordels; vir vandag is dit dus weer genoeg!
|
|
|
|
|