DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 55 Die getroue boom, die lewende riet en die vlieënde broodboom 1. Met ons beskouings oor die plante- en dierewêreld op hierdie planeet sal ons onsself nog 'n geruime tyd besighou en daarby nog heelwat merkwaardige dinge aanskou. 2. Onder die buitengewone baie boomspesies van hierdie planeet, neem die sogenaamde 'ewige boom 'n unieke plek in. Hierdie boom is die enigste op hierdie planeet wat nooit van vorm en geaardheid verander nie en daarom is hy vir die inwoners van die planeet Miron ook die simbool van trou. Hy groei buiten¬gewoon hoog op, maar maak weinig takke, wat nooit ver van die slanke stam afstaan nie. Die vrugte daarvan is dus ook steeds dieselfde. Hoe lyk die vrug en waaruit bestaan dit? 3. Om hierdie vraag volledig te kan beantwoord, sal dit nodig wees om eers van naderby kennis te maak met die boom, waardeur die bogenoemde vraag dan ook vanself beantwoord sal word. Hierdie boom groei uit die grond op, ongeveer op die manier soos die koraal uit die bodem van die see by julle. Dit het geen werklike hout as wesenlik bestanddeel nie, want die stam en ook die wortels en takke bestaan uit 'n minerale substansie, ongeveer dieselfde as die mossels by julle. Hy het dus ook geen bas nie, is volkome blinkglad en glinster met 'n wit blouerige, metaal glans. Die takke is egter volkome wit. Die stam van hierdie boom, veral as hy oud is, is dikwels drie- tot vierhonderd vadem hoog en het by die grond 'n omtrek van twintig tot dertig vadem. Hoe min takke so 'n boom in verhouding tot sy grootte het, kan julle sien aan die feit dat selfs die grootste boom nie meer as twintig het waarvan daar geen enkele verder reik as vyf vadem vanaf die stam nie. 4. Die takke is netso stewig en onbeweeglik as die boom self. Dit bestaan slegs uit 'n taamlike ronde, sterk stam, wat heeltemal horisontaal uit die stam ontspruit. Aan beide kante, weer in ’n horisontale rigting, sit na verhouding lang, reguit takkies, wat vanselfsprekend aan die einde van die tak korter en swakker word. Sodoende lyk so ’n tak soos 'n soort tralierooster, omdat dit lyk asof die takkies daar as tralies ingesit is. Dit is dus die takkies van die tak. 5. Elke takkie loop uit in 'n groot aantal klein buisies, waaroorheen voortdurend 'n soet sap loop wat aan die uithoeke druppels vorm wat dan ietwat taai op die grond drup. Die sap vorm in die eerste plek die hele boom en alle bestanddele daarvan; wat van die sap geskik is vir die opbou van die boom, word ook daardeur opgeneem, net dit wat vir die boom onbruik¬baar is, word as soet en effens taai druppels afgeskei. Wanneer die sap vir ’n tyd aan die lug blootgestel is, word dit uiteindelik 'n soort meel, soos mannadou en hierdie meel word deur die inwoners van hierdie planeet ingesamel, met die melk van hul huisbokke gemeng en word dan deur hulle as 'n besonder smaaklike spys genuttig. 6. Wel, hiermee is die vorige vraag alreeds beantwoord en tegelyk is ook uiteengesit waarom hierdie boom die 'ewige' en 'getroue' genoem word. Die 'ewige', omdat hy ten eerste, soos gesê, nooit van vorm verander nie en ten tweede, omdat hy byna nooit afsterf nie en ten derde omdat hy deur die konstante drup onophoudelik vrugte afwerp. Om hierdie rede word hy ook die 'getroue' genoem, omdat ’n mens altyd onder sy takke vrugte vind. Daarom maak die inwoners van hierdie planeet die grond onder hierdie boom ook feitlik spieëlglad, om niks van sy kosbare sap verlore te laat gaan nie. 7. Kyk, hoewel hierdie boom duursaam is, is hy desondanks van 'n baie wonderbaarlike soort en behoort hy meer tot die diereryk as tot die planteryk. Want sy hele, in 'n sekere sin wesenlike, minerale struktuur bestaan uit niks anders as 'n versameling van klein diertjies nie, wat hulleself op 'n geskikte plek op die aardbodem versamel het en deur die aflê van hul omhulsels, juis hierdie boom gevorm het. 8. Nou sal julle vra hoe dit moontlik is dat daar in so 'n minerale klont 'n sap omhoog kan styg. Wees maar bietjie geduldig! Dit sal dadelik aanskouliker gemaak word vir julle. Hierdie diertjies, waaruit so `n hele boom vanaf die wortels gevorm word, is presiese ronde skywe wat aan die onderkant, in die middel, twee klein voete vir die omhoog en omlaag gaan het. Aan die een kant van die skyfie, vóór die voete, is daar `n suigopening en aan die agterkant van die skyfie ’n afvoerkanaal. As hierdie diertjies hulself eenmaal volgesuig het en elkeen van hulle ook duisendvoudig voortgeplant het, kruip hulle volkome horisontaal bo-op mekaar en vorm sodoende volkome ronde suiltjies, elk met 'n deursnee van nouliks een-tiende millimeter. Hierdie suiltjies stapel hulself dig langs mekaar op, sodat daar altyd drie rye suiltjies teenmekaar lê. Daardeur ontstaan daar tussen elke ry van drie suiltjies 'n skerp, driehoekige buisie, waaroorheen die sap vanaf die grond, volgens die wet van kapillêre werking, in haar buisies omhoog styg. 9. Het die sap een of ander uitmonding bereik, wat altyd aan die takke gevorm word deur die natuurlike instink van hierdie diertjies, of beter gesê, deur hulle inwonende geestelike intelligensie, dan word hulle deur die nog voortdurend lewende diertjies wat by sulke uitmondings is, baie spoedig opgesuig en verteer. Die ontlasting van hierdie diertjies vorm dan die taai sap, wat van die takke afdrup en as vrug van hierdie tog sekerlik merkwaardige boom beskou word. As julle dit nou bedink, sal die wonderbaarlike van hierdie boom julle nie ontgaan nie. 10. Nou bly die vraag nog of so 'n boom eintlik ooit afsterf. Hierdie boom sterf af op die manier soos die gesteentes van die gebergtes by julle. Wanneer hy naamlik deur bepaalde natuurverskynsels beskadig word, begin hy te verweer en geleidelik aan weer in gewone grond oor te gaan. Dit is dus 'n baie merkwaardige boom. 11. ’n Tweede gewas van byna dieselfde soort is die soge¬naamde ‘lewende riet'. Dit groei ook tot 'n taamlike hoë boom, soms tot 'n hoogte van honderd vadem en dit lyk byna asof julle almal tregters inmekaar sou geskuif het, of taamlike groot ringe om 'n paal gedraai het. Tussen hierdie ringe of tregters kom daar eweneens drupsgewys 'n soet, taai sap na buite, wat veral in die ryk van die insekte baie geliefd is. As die insekte hulle egter aan die sap versadig het, gaan hulle aan hul maaltyd ten gronde. Op hierdie wyse word ook hierdie ring galerye met die lyke van die insekte opgevul. En baie spoedig vind daar dan 'n oorgangstafereel plaas en sien 'n mens uit hierdie ringe allerlei kruie opgroei, waardeur hierdie in werklikheid dierlike boomstam, dan 'n volkome plantaardige uiterlike verkry. Dit lyk 'n bietjie soos die geknotte populiere in die tuine op aarde by julle wat, soos julle al dikwels sou gesien het, ook soos groen pilare lyk. As enige vrugte van hierdie vorm-veranderlike beplanting eetbaar is, word dit sondermeer deur die inwoners genuttig. As die vrugte egter nie eetbaar is nie, dan bly hulle natuurlik onaangeraak en onbe-skadig. Hierdie rietboom op sigself is dus, slegs as stam beskou, ook onveranderlik, maar deur hierdie gedaante¬verwisseling verander sy uiterlike natuurlik, deurdat uit die plante wat op die hiervoor beskrewe wyse uit sy ringe ontstaan het, nou eers 'n diereryk, dan weer 'n planteryk kan ontstaan. Kyk, dit is alweer 'n gedenkwaardige gewas. 12. Een van die merkwaardigste bome van hierdie soort is egter die sogenaamde 'vlieënde brood '. Hoe is dit tog moontlik om 'n vlieënde plant, ja selfs 'n vlieënde boom te sien? Dit sal julle in die eerste instansie wel ietwat verbaas, maar wat sal volg, sal dit vir julle wel verstaanbaar maak. In meer moerasagtige gebiede groei 'n soort boom wat baie soos die sogenaamde koraal- of ook wel hertshoringswam by julle lyk. Hierdie boom word dikwels vyftig vadem hoog en het aan die onderkant, van die na verhou¬ding baie kort stam, soms 'n omtrek van sestig vadem. Die boom bestaan in wese net uit selle en buise, wat deur hul eie aantrek¬kingskrag heel stewig teenmekaar hang en so 'n geheel vorm, ongeveer soos die selle en buisies van die genoemde swam by julle; slegs met die verskil dat die selle en buise van julle swam baie teer en broos is, terwyl hulle by hierdie boom van ons planeet, taai en elasties van aard is. Wanneer hierdie boom eenmaal sy regte grootte en die ouderdom van ongeveer tien jaar bereik het, sluit die insuig-kanaaltjies hulself aan die onderkant, want hierdie boom het geen wortels nie, omdat hy ook tot die ryk van die swamme behoort. Wanneer hierdie insuig-kanaaltjies hulleself gesluit het, droog die sap in die selle en die buisies op. Deur die opdroog van hierdie sap ontwikkel dan in elke sel en in elke buisie 'n bepaalde gas, wat as gevolg van die elastiese taaiheid van die buisies, nie kan ontsnap nie. Omdat die gas veel fyner en ligter is as die swaar atmosferiese lug van hierdie planeet, gebeur dit dat die lig-geworde materie van die boom deur sy eie gas in ’n sekere sin van die aardbodem afgeskeur word, waarna die boom dan soos 'n warmlugballon by julle, die lug ingaan en soms verskeie dae in die lug bly rondvlieg. As die ligte gas uit die selle en buise mettertyd deur die baie natuurlike noue porieë ontsnap het, dan begin die boom weer na die aarde te sak. Wanneer die inwoners van hierdie planeet so ’n taamlik laag in die lug swaaiende boom ontdek, doen hulle alle moontlike moeite om hierdie boom met behulp van hake en stokke te bemagtig. Het hulle hom gehaak gekry, dan word hy dadelik in stukke gesny en nog verder in die strale van die son gedroog. Wanneer hy volgens hulle insig die regte droogte-graad bereik het, word hy ook weldra as 'n baie smaaklike brood met huid en haar opgeëet; dit wil sê, nie op één slag nie, maar geleidelik, na gelang van die behoefte. 13. Kyk, nou weet ons waarom hierdie boom die vlieënde brood heet en wat die oorsaak van die vlieg is. Die volgende keer meer wonderbaarlike dinge!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205