|
DIE NATUURLIKE SON JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 13
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75. |
|
|
HOOFSTUK 11
Die pendulum-tydmeter van die inwoners van die middelgordel. Die amp van tydwagter en oorblywende ampte
1. Noudat ons onsself nog by geselskap bevind, sal ons onsself ook nog 'n geruime tyd by hulle ophou en luister en kyk na wat hulle alles nog sal doen en sê.
2. Hulle bevind hulself nog steeds op die derde heuwel naby die klein tempel wat nie meer as 77 pilare het nie. En kyk, B gaan juis weer na A toe en vra aan hom die volgende: "Broer, wat is jou wyse gedagtes; hoe lank sal dit die grote God behaag het om Sy groot druk ontlaste swelling so oop te laat staan? 'A sê: "Broer, jy weet tog dat daar niks is wat ons moeiliker kan bepaal as die tyd nie. Hoe kan jy my so-iets vra? Maar gee my 'n tydmeter, dan sal ek dit vir jou kan sê. 'B sê weer:' Beste broer, kyk, daar waar ons tydmeter opgestel was, staan die water nou, daarom kan ek jou nou geen tydmeter verskaf nie. Maar jy kan my tog tenminste sê hoe vêr ek met 'n gemiddelde bewegingsnelheid kan loop, voordat die groot swelling weer sal terugsak na sy vorige posisie? 'En A sê vervolgens: "Jy sou in die tyd wel sewe-en-vyftig miljoen treë kan gee, voordat die swelling weer volledig weggesink het in die diepte, homself weer gesluit het en uiteindelik selfs die litteken verdwyn het, sodat die grond van die groot meer weer volkome glad sal wees.'
3. Nou sal julle miskien vra: Waarom bepaal die sonbewoners die tyd eintlik nie in jare, dae en ure nie? Die antwoord op hierdie vraag is tog duidelik, want op die son is dit nooit nag nie, maar onafgebroke dag. Daar is ook nie 'n maan, sodat die sonbewoners die tyd aan die hand van haar omloop kan bepaal nie.
4. Bowendien is die sterre van die hemel vanaf hierdie gordel ook die slegste te sien, aangesien in hierdie gebied van die son die lug die onrustigste is, omdat dit deur die magtige draaiing van die son die meeste heen en weer gestu word. Deur hierdie omstandigheid ontvlam die lug ook hier die meeste en word veral in die hoër sfere buitengewoon sterk stralend, en deur die nagenoeg konstante strale, kan ’n mens vanaf die eintlike sonliggaam nie so goed in die vrye skeppingsruimte inkyk as vanaf die plekke op die son waar die lug in veel mindere mate opgestu en onder druk geplaas word, wat veral in die poolstreke hier die geval is.
5. Kyk, om die rede kos dit die sonbewoners van hierdie gordel nogal ietwat moeite om die tyd te bepaal, omdat hulle geen oggend, geen middag, geen aand en dus ook geen nag het nie. Maar wat doen hulle dan, om tog 'n tydrekening te hê?
6. Hulle laat behoorlike hoë bome uit die grond groei, waarvoor hulle nie veel tyd, moeite en werk nodig sal hê nie. Die een of ander leraar vorm in sy gedagtes 'n beeld van so ’n boom wat opgerig moet word en as hy dit eenmaal volledig uitgewerk het, dan buig hy hom na die sonbodem, maak met 'n skerp instrument 'n groef in die grond, steek die skerp instrument so diep as moontlik in die grond in, trek dit weer uit en stryk dan met sy vingers oor die groef en in die middel daarvan gemaakte gat en sê nadat hy dit gedoen het: ‘Laat die wil van die grote God geskied! "En weldra begin die genoemde boom uit die sonbodem op te skiet. As die boom na ’n kort tydjie, ooreenkomstig die wil van die een wat hom uitgebeeld het, heeltemal staan, dan word hy gebruik vir die doel waarvoor hy uit die bodem van die son geroep is.
7. Omdat ons nou net oor 'n boom gepraat het, wat die tyd moet aandui, oftewel moet dien om die tyd te meet, moet ons tydens hierdie geleentheid ook kyk hoe so 'n boom vir die bespreekte doel gevorm en gebruik sal word.
8. Julle het op aarde al 'n tuinspeletjie gesien, wat 'duiwe skiet' heet. Kyk, so lyk so 'n boom ook; daar is slegs geen takke afge¬kap nie en hy het geen ingeplaaste systokke nie, maar is 'n ronde boom, sowat vyf vadem in deursnee en ongeveer driehonderd vadem hoog, waaruit aan twee kante, in plaas van takke, systokke soos reusagtige groot beeshorings gegroei het. Boaan buig die boom oor 'n afstand van ongeveer vyf vadem oor sy basis en is as versiering, van 'n willekeurige kroon voorsien. Aan hierdie boog word 'n lang tou gebind, en heeltemal onderaan, nie vêr vanaf die grond nie, word aan hierdie tou 'n koeëlronde, relatief swaar pendulum opgehang. Dan gryp iemand die pendulum en slinger dit so vêr weg as wat sy krag in één gooi toelaat. Daarna slinger hierdie pendulum ’n geruime tyd deur en aan die hand van die slinger van hierdie lang pendulum word die tyd deurgaans bepaal.
9. In ongeveer 'n halwe minuut maak so pendulum één slinger¬beweging, en 'n sekere aantal van sulke slingerbewegings bymekaar getel lewer dan 'n sekere tydperk op, wat by hulle ongeveer so lank is as 'n uur by julle. Die hele slingertyd vanaf die gooi tot by volle stilstand is vir die sonbewoners ongeveer so lank as wat 'n dag by julle is.
10. Maar wat gebeur wanneer so tydmeter ophou om te swaai? Dan staan die tydwagter al weer gereed en slinger weer die pendulum. Die besigheid word deur die sonbewoners as 'n buitengewoon aansienlike amp beskou, want die sonmense het 'n besondere hoë dunk van hom en beskou hom as die allerbelangrikste persoon in 'n gemeenskap. Hulle sê: "Indien hy nie voortdurend oor die pendulum sou gewaak het nie, sou niemand immers geweet het wanneer hy gebore was en hoe oud hy al is nie.'
11. Daarom kom daar hier en daar ook omkopery van hierdie tydwagters voor, want die sonbewoners van hierdie gordel vind niks hinderliker as ouderdom nie. Daar is dit slegs baie maklik om weer jonk te word; ’n mens hoef slegs maar met so tydwagter af te spreek dat hy die pendulum 'n tydjie laat rus. So ’n rusperiode gooi onmiddellik alle vorige tydsberekeninge oorhoops en maak hulle terselfdertyd ook volkome ongeldig, waarna hulle weer opnuut begin te tel.
12. Nou sal julle sê: Ja, maar hoe is dit dan met die slinger-tydperk wat vóór die stilstand verstryk het? Daar word geen rekening daarmee gehou nie, omdat ’n mens die duur van die stilstand nie kan bepaal nie. Daarom word daar by 'n nuwe begin van ’n slinger-gemete tydsbestek, alle mense weer ewe oud. Dat kan ook heel maklik gebeur, omdat die veroudering daar absoluut nie natuurgebonde is nie, want iemand wat volgens julle tydrekening enkele honderde jare oud sou wees, lyk dikwels nog ewe fris en lewenskragtig asof hy dalk in sy twintigste lewensjaar is volgens julle tydrekening. Daarom kan 'n mens homself dan ook daar, wat die tydsduur van die lewe betref, jonger maak. En so bepaal slegs die wysheid die onderskeid tussen jonk en oud.
13. Daarom bestaan die voorliefde om voortdurend jonk te wil wees hoofsaaklik by die vroulike geslag, en by iemand van die manlike geslag slegs dan, wanneer hy homself met 'n vrou in die eg wil verbind. Wanneer dit egter gaan om die een of ander belangrike amp te bemagtig, dan word selfs die stilstande van die pendulum getel, sodat by sulke geleenthede menigeen dan so 'n hoë ouderdom beweer te hê, dat hy dan ook deur die werklik wyse leraars en verleners van die amp, hartlik uitgelag word. By sulke geleenthede word die ouderdom dan egter ook nie aan die hand van die aangetoonde slinger van die pendulum beoordeel nie, maar word deur die leraars aan die aansoeker in 'n spesiaal daarvoor bestemde tempel baie moeilike vrae ter beantwoording gegee; indien hy dit na volkome tevredenheid van die leraars kan beantwoord, dan word hy weldra deur hulle geskik verklaar vir die amp en word daar aan hom 'n syfer gegee wat sy leeftyd aangee. En al is so ampskandidaat ook in natuurlike opsig nie ouer as dertig nie, dan word sy ouderdom tog op grond van sy wysheid op sestig bepaal.
14. Nou sal julle vra: Watter verskillende ampte is daar eintlik? Ek sê vir julle, op geen enkele planeet is daar so baie en soveel verskillende ampte as hier nie. Daar is hier weliswaar geen owerheidsfunksies en dergelike ander ampte soos by julle op aarde nie, maar daar bestaan wel 'n hele legioen ander, waarvan julle tot nou toe natuurlik geen voorstelling van kan maak nie. Laat ons daarom dadelik enkele van die belangrikste ampte bespreek.
15. Die eerste en vernaamste ampte is die leer ampte, waartoe daar ook, veral in hierdie gordel, 'n feitlik eindelose groot aantal van die pragtigste leertempels op die heuwels bestaan, waarin die sonmense altyd oor alles moontlik onderrig word.
16. ’n Tweede vername amp is die priesteramp; dit beteken dat hierdie priesters aller-ywerig die goddelike Wese en Sy bestel moet bestudeer. Desondanks is die leraars van die eerste soort tog meer verhewe, want hulle is die werklike opperpriesters en daardeur ook die regente van die hele volk.
17. ’n Ander amp hou in dat daardeur die wil van die mense gelei, georden en ontwikkel word ooreenkomstig die wil van God; en word hulle, soos julle graag sê, in teorie en praktyk getoon dat die mens met sy wil slegs dan met volle krag kan werk, as dit in volkome harmonie verkeer met die wil van die grote God. Daarom is dit ook die eerste plig van elke mens om hierdie allermagtigste en allerheiligste wil bowenal te ondersoek en te leer ken, want sonder hierdie wil is niemand in staat om ook maar een plant aan die bodem te ontlok nie.
18. Dit word hulle ook in die praktyk getoon, deurdat `n leraar die een of ander leerling kies en hom opdra om, ooreenkomstig sy eie wil, 'n groef in die grond te maak, dan met sy vingers daaroor te stryk en dan sy idee daaruit te laat opkom; maar daar ontstaan geen vrug en geen plant nie. Daarop wys die leraar hul weer op die wil van die grote God, hy laat die in homself opneem, maak daarna 'n groef in die grond en stryk met sy vingers daaroorheen, om vervolgens, bewustelik van die wil van die grote God, die idee uit die grond te laat opkom. En baie spoedig ontdek die leerlinge die mag van die wil, as dit ten minste harmonieer met die wil van die Allerhoogste!
19. Die leraars toon hul ook dat die mens weliswaar alles wat hy wil aan die aardbodem kan ontlok, maar dat hy dit nie as die ware vanuit eie krag moet wil doen nie, maar uitsluitlik deur die gebed en krag van die wil van die grote God. En ook dit word die leerlinge weer in praktyk getoon.
20. Kyk, dit is 'n baie belangrike amp, want in hierdie amp word die son-landbou in die eintlike sin onderrig.
21. ’n Ander amp hou in dat die orde aan die mense getoon moet word waarin hulle sekere werksaamhede moet verrig. Ook hierdie amp is weer van groot belang. want hier leer ken die sonmense geen ander orde as die van My nie. Ook hier word hulle weer deur onderrig en oefening getoon, hoe 'n aan hierdie orde teenoorgestelde wanorde 'n vernietigende invloed het op alles wat die goddelike orde voortgebring het; en daar word hul gewys hoe so 'n gebrek aan orde die lewe in gevaar bring van alles wat daar op die baie uitgestrekte bodem leef en beweeg.
22. Nog 'n ander amp is die bestuur van die verdeling van die songrond. Hoewel daar op die son in wese geen eiendomsreg bestaan nie, vind so verdeling tog plaas as gevolg van die orde. En daar word die mense aangedui waar hulle die een en ander aan die bodem mag ontlok en in welke orde dit moet gebeur, sodat bome, gras en plante nie deurmekaar groei nie, maar dat alles volgens 'n goeie en ondubbelsinnige ordening is. Kyk, ook dit is 'n baie goeie amp, as gevolg waarvan hierdie hele, buitengewoon groot songordel slegs lyk soos 'n buitengewone groot, onafgebroke tuin, geseënd met die pragtigste en mees uiteenlopende groepe bome, struike, plante en grasse, wat, soos reeds gesê, by elke afsonderlike sonbewoner, veral van hierdie gordel, totaal verskillend is, wat juis die bekoorlikheid en skoonheid van hierdie groot lande onbeskryflik vergroot.
23. ’n Ander amp, wat al veelsydiger is, leer die mense hoe hulle die voortgebragte produkte van die bodem moet gebruik en leer hulle terselfdertyd die regte verhoudings van alle dinge.
24. ’n Ander amp gaan oor die diereryk en verdeel dit in klasse, leer die nuttige gebruik daarvan en leer die mense om ook in te sien waarom hulle nie in staat is om ook diere met hul wil voort te bring nie. Weer ’n ander amp leer hoe ’n mens homself moet gedra by die verskillende lugstrominge en vurige winde vanaf die berge. Weer 'n ander amp leer die mense deur 'n soort skriftekens, wat ietwat soos julle syfers lyk, om die verskillende verhoudings van dinge neer te skryf, hulle aan die hand daarvan te herken en hulle ook aan ander mee te deel. Weer 'n ander amp gaan oor die boukunde en leer hoe die woonhuise, die verskillende ampswonings, die leertempels en ten slotte die godshuise gebou moet wees, en vorm daardeur ook 'n eie klas van mense wat hulself uitsluitlik met die boukunde besighou. En so is daar, soos gesê, nog 'n groot aantal ampte, waarvan ons by `n gunstige geleentheid nog enkeles sal leer ken.
25. Nou kyk ons egter weereens terug na ons vroeë geselskap, en sien hoe hulle hulself al vanaf die derde heuwel na die tweede begin te begewe, waar hulle 'n groot tempel vind. Die swelling het naamlik alweer sovêr teruggetrek, dat die water weer van die eerste heuwel, waar so ’n tydmeter was, verdwyn het. Daarom hardloop iemand vanuit die geselskap daarheen om weer die pendulum in beweging te sit, om nog meer noukeurig die verloop van die teruggang van die hele swelling te kan bepaal.
26. Vir vandag sal ons ons sterk glansende geselskap egter nie langer meer gadeslaan nie; in plaas daarvan sal ons die verdere verloop van die dinge wel by die volgende mededeling inhaal. En dus is dit genoeg vir vandag!
|
|
|
|
|