DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 12 Die kwyn en verdwyn van die sonswelling 1. Kyk, nou begewe B hom weer na A en sê vir hom: "Kyk net daar, broer, die pendulum kronkel al in wel gemete tydsintervalle. Ek dink dat ons na tienduisend slingeringe die rand van die swelling vanuit die hoogte af kan sien sink, want die voet daarvan het reeds oral vinnig insakkings en plooie gekry. En as dit so is, dan weet ons immers almal dat die rand van die swelling weldra sigbaar sal word. ' 2. Nou sê A: 'Jy het gelyk; die voet van die swelling kry weliswaar 'n groot aantal plooie en deurbuigings van bo na onder, maar ek kan nog geen breedte plooie ontdek wat tydens sulke geleent¬hede die lengtegroewe begin te kruis wanneer die swelling regtig vanuit die hoogte na benede begin te sak nie. Daarom dink ek dat ons die ligte rand nog nie so gou sal sien nie.' 3. Dan sê B: 'Broeder, aangesien die rand volgens jou mening nog nie dadelik sigbaar sal wees nie, dink ek dat ons onsself intussen na die tempel moet begewe en kyk of die branders, wat byna teen die dak geslaan het, geen skade aangerig het nie. En as dit so sou wees, moet ons dadelik maatreëls tref om enige skade te herstel.' 4. Kyk, die voorstel word aanvaar en in die groot tempel, wat volgens julle maatstawwe seker 'n myl lank en 'n kwartmyl breed is, word alle pilaargange, asook die hele inrigting verder vir beskadiging nagegaan. Maar kyk na die tevrede gesigte wat vir julle sal sê dat die waterstroom in die hele tempel, afgesien van enkele nat plekke, geen skade aangerig het nie. 5. Hoe lank neem hierdie ondersoek eintlik? Volgens julle tydrekening sou dit ongeveer drie dae wees, maar op die son vind so ’n saak volgens die tydgevoel baie vinniger plaas, omdat dit daar, soos julle al weet, nooit nag nie, maar altyd dag is. 6. Kyk, die geselskap gaan alweer die tempel uit, en een van hulle word na die pendelwagter gestuur om te verneem hoeveel nuwe slingeringe daar sedert die eerste verloop het. Ons sien dat ons boodskapper juis daar is en ’n antwoord op sy vraag kry wat lui: 'Tien!' Elke slingering staan vir twintig pendelbewegings. Met die antwoord kom die boodskapper ook terug. 7. Nou ontdek B ook 'n breedtegroef in die uitgestrekte swellings en maak A daarop attent. Ook die hele geselskap merk met blydskap dieselfde op, en die vroue skree: "Kyk, kyk, daar is 'n breedtegroef te sien!' 8. Die swelling begin te sak. En A verduidelik nou die hele geselskap: 'Ja, daar is hy, die eerste, seënryke groef! Val daarom op julle knieë en prys die grote God daarvoor uit alle krag! Op hierdie plek sal nie so gou weer 'n swelling optree nie, want die eerste breedtegroef trek die swellinggroeisel met geweld saam en snoer dit stewig vas. "Kyk, nou val almal op hulle knieë en doen ernstig en met alle krag wat die eerste leraar hul aangeraai het. 9. Slegs A en B bly regop en observeer die swelling en terselfdertyd die pendelbewegings van die tydmeter wat nie vêr van die tempel af staan nie. B ontdek so pas vol blydskap bo die eerste groef 'n tweede en wys A daarop, met die woorde: "Broer, wat dink jy, is dit nie 'n tweede groef nie?'- En A sê: "Ja, broer, dit het jy baie goed waargeneem; dit is 'n aansienlike groef. Maar kyk, onder die eerste vorm daar weer een en kyk, nog verder bo die tweede wat jy ontdek het, nog een! Geloof en geprys sy die almagtige, grote God! Die groot swelling sak vinnig inmekaar. Weliswaar sien ek nog steeds geen rand nie, maar ek dink dat dit weldra sigbaar sal word.' 10. En B sê: "Broer, kyk na bo; as my oë my nie bedrieg nie, sien ek reeds die geweldige flitse van die bliksems, wat, soos jy weet, gewoonlik die voorbode van die rand is! '- En A sê: "Ja, waaragtig, jy het gelyk! Ek sien nie net wat jy sien nie, maar ek hoor ook al 'n vêr verwyderde, dowwe, ononderbroke gedreun van die donder van die rand. "Nou versoek hy die geselskap om weer op te staan en omhoog te kyk om te sien hoe die verlossing al met baie geweld nader begin te kom. 11. Onder groot gejuig staan die geselskap op en kyk met gevoude hande omhoog. en nader en nader skiet die bliksems na benede, en hewiger en hewiger word die gedonder. Stilswyend slaan die hele geselskap nou 'n tyd lank die triljoene bliksems gade, wat onophoudelik van die nog altyd verskeie duisende myl breë swelling groei en na alle rigtings wegskiet. 12. Die tydwagter het so pas 'n nuwe slingering ingesit. Nog altyd geen rand nie! Maar nou skree B en verskeie uit die geselskap saam met hom: 'Rand! Rand! Kyk, dit het sigbaar geword! Ons is almal volkome gered! Nog maar 'n paar slingeringe en dan sal ons daaroorheen kan kyk, oor die pragtige, ligte rand! "En A sê aan almal:" Ja, nog voordat hierdie slingering sy beweging sal voltooi, sal ons oor die bokant van die rand heen kan kyk en hom baie goed sien, want hy sak aan ons kant feitlik loodreg afwaarts.' 13. En B sê: "Hoe vêr dink julle dat hy hiervandaan sal wees, wanneer hy op gelyke hoogte met ons sal staan? 'A sê weer: "Ek dink dertig women!" Dit is volgens die taal van die sonmense 'n afstand van drieduisend myl; wat vir die aarde weliswaar 'n heel aansienlike afstand is, maar op die son is 'n women in verhouding nie meer as ongeveer 'n halwe kwartier op aarde nie. 14. B sê weer: 'Hoe breed sal die rand hierdie keer wees?' En A antwoord: "Te oordeel na die grootte van die swelling sou hy hierdie keer wel so veertig women breed kan wees.' 15. Nou sê A aan die geselskap: 'Let op, die breedtegroewe gaan begin bewe; die krater sal nie stadig wegsink nie, maar, soos hierdie voortekens wys, ineenstort. Wees dus voorbereid en skrik nie vir die skielike geraas nie. Gaan sit op die grond, sodat julle nie omval wanneer ons bodem deur die skielike ineenstorting min of meer hewig daarmee saam sal skud nie! En vra die grote God dat Hy ons huise en tempels sal bewaar! ' 16. En B loop haastig na A toe en maak hom opmerksaam op die groot swewinge van die al goed sigbare rand. En A sê: "Ja, broer, jy het dit goed gesien; want ek sien ook die swewinge oor 'n lengte van so honderd women langs die rand, sovêr wat ek maar met my oë kan oorsien. Kyk, kyk, die swewinge word steeds hewiger! Die rand wapper heen en weer soos 'n groot vlag op ons grootste tempel in 'n hewige wind! Let dus goed op en wees op julle hoede, want binne enkele pendelbewegings sal die rand, wat nog byna vyf women bo ons is, voor ons in die diepte stort, sodat ons dan nog selfs iets van die afskuwelike diep krater te siene sal kry; vooropgestel dat die mure van die rand nie op baie plekke alweer aaneen sal smelt nie. Let nou op, daar val al ligtende balle af! So sal hy dadelik ineenstort!' 17. Luister en kyk, die hele geselskap spring op met 'n harde skreeu vanaf die grond. Duisend en nog eens duisend waterpype styg op uit die buitengewoon uitgestrekte watervloed en begin 'n woedende stryd teen die steeds verder ineenstortende rand. En groot ligtende vuurballe, volgens ware grootte so groot soos die aardse maan, stort vanaf die gloeiende rand af in die woedende bruisende vloed, en elk van hierdie balle word vergesel van ’n miljoen maal miljoene bliksems. Kyk, wat 'n siedende groot klomp water, wat se dampe en walms, daar waar so gloeiende Vuurbal van die nog hoë rand in die woedende water stort! 18. Maar let nou op, want alles is gereed vir die groot ineenstorting! Kyk, die wag het sy slingeringe gestaak en die pendulum aan die boom vasgemaak. Selfs die twee leraars gaan langs die bome op die grond sit en gryp mekaar daar met één arm vas. Die hele geselskap doen dit ook. En die tydwagter haas hom na die geselskap. 19. Kyk, almal staar met strakke blikke na die onuitspreeklike en vir julle begrippe onbeskryflik stormagtige bewegende rand, waarby swewinge plaasvind wat die rand in één sekonde hier en daar na buite of binne laat buig oor 'n lengte van dikwels agt- tot tienduisend myl, terwyl dit heen en weer swaai en in één sekonde dikwels 'n afstand van drie- tot vierduisend myl aflê. Stel dit nou net vir jou voor hoe dit sal wees om na hierdie bewegings te kyk vanaf die plek waar ons songeselskap dit gadeslaan! Ook al is hulle in werklikheid dertig women vêr verwyder, tog is dit vir die skerp oë van die sonmense 'n kleinigheid, en hulle kan dus die oorweldigende bewegings van so `n verskynsel baie goed waarneem. 20. Maar kyk nou, die rand het ingesak, maar nie so heftig as wat ’n mens verwag het nie. Daarom was die skok in die omgewing ook nie so hewig soos wat dit soms kan wees nie. Tog het hierdie taamlike heftige ineenstorting die golwende water tot naby ons geselskap opgestu, hoewel ons onsself op hierdie heuwel meer as vyf van julle myle hoog bo die waterspieël bevind. 21. Besef julle die omvang van hierdie beweging eintlik goed? Wat sou julle op aarde sê, en watter gevoelens sou daar deur julle heengaan, wanneer julle byvoorbeeld op 'n hoë berg sou staan, welke ongeveer die hoogte van die welbekende Großglockner sou hê* en wat homself ongeveer vyf tot ses myl van die see sou bevind, terwyl die see deur 'n kragtige storm die golwe sodanig sou opsweep, dat dit julle byna op julle berg sou bereik? Sou julle julleself dan nie almal van louter vertwyfeling die hare uit die hoof wil trek nie? En tog sou hierdie verskynsel op aarde, in vergelyking met wat op die son plaasvind, suiwer kinderspeletjies gewees het, aangesien die laagste heuwel daar al byna vyf keer so hoog is as julle hoogste berg op aarde*, dit wil sê, ten opsigte van die gewone, rustige oppervlak van die sonnewater. *3798 m. *Mount Everest, 8882 m 22. As julle hierdie vergelyking ietwat van nader beskou, sal julle van die geweldige omvang van die vloed wat by ’n vinnige ineenstorting van die swelling plaasvind, waarskynlik wel 'n voorstelling kan maak. En dit moet julle ook goed besef, sodat julle daardeur steeds beter kan insien hoe magtig Hy is, Wie Homself 'n liewe, goeie Vader deur julle laat noem! 23. Maar laat ons nou nog eers weer na ons geselskap kyk. Kyk hoe hulle almal om die leraars beweeg en die grote God loof en prys, en hoe die tydwagter hom weer na sy boom haas, die pendulum losmaak en hom weer 'n nuwe swaai gee. 24. Ons kyk nou ook saam met die sonmense oor die rand van die groot swelling! Kyk hoe breed dit nog is. Sien julle dat daar op hierdie rand nog heel maklik twee van julle aardes langs mekaar kan inrol ?! Ja, so is dit ook! Maar die krater het nou al baie nouer geword en het skaars twee keer die breedte van die rand; hy strek meer in die lengte as in die breedte uit, en op verskillende plekke sit die kante alweer stewig aanmekaar vas. 25. Kyk hoe die inwoners van die son, wat aan die lig gewoond is, hul oë toemaak as gevolg van die te sterk strale van die breë rand. En kyk hoe daar vanuit die diepte hier en daar nog met groot heftigheid 'n groot, vurige bal na buite geslinger word tot op 'n hoogte wat byna twee maal die afstand van julle maan na die aarde bedra. Julle sien dat daar vanaf die uitgestrekte, nog altyd sterk bewegende rand, nog steeds tallose bliksems skiet! 26. Wel, dit is die hele verloop van hierdie geweldige verskynsel, dit laat sien hoe die swelling geleidelik groei en insak, waarby die kante mekaar steeds meer vashou. Die afsluit van hierdie verskynsel word gewoonlik gevorm deur reën wat verskeie dae aanhou, volgens julle tydsberekening, waardeur die gloeiende rande weer afgekoel, tot rus gebring en ten slotte heeltemal met mekaar verbind en genees word en derhalwe nog verder wegsak na hul vorige posisie, waarby hulle weer onder die waterspieël kom lê. 27. Werp ons nou nog 'n blik op ons sonbewoners, en ons sien hoe buitengewoon vrolik hulle is en uit volle bors jubel en lofsing tot die grote God, wat alles op hierdie manier weer uiters wys tot die vorige ordening teruggebring het. Kyk, hoe hulle mekaar omhels en begroet en hulself na hul wonings haas, waaruit 'n klomp wel behoue kinders, broers en susters hulle tegemoetkom! 28. En daarmee loop hierdie gebeurtenis ook ten einde. Die volgende keer sal ons enkele huislike inrigtings van hierdie sonbewoners aanskou, en daarmee ook 'n vlugtige blik op hierdie hele gordel werp.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205