DIE NATUURLIKE SON
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 70

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75.

HOOFSTUK 68 Opmerkings oor die basiese beginsels van die godsdiens van die sonbewoners en die wese van goddelike openbaringe Toe julle die godsdiens van die inwoners van die planeet Miron beskou het, moes julle al 'n voorsmakie gekry het van die manier waarop die godsdiens hier op hierdie sewende songordel ingerig is. Daarby moet julle egter nie uit die oog verloor dat die toepaslike songordel hom nooit polêr, maar altyd antipolêr, dit wil sê solêr vergelyk ten opsigte van alle omstandighede op die planeet wat met hom ooreenstem. Dit is ook die geval met die godsdiens. * met betrekking tot die son 2. Op 'n planeet gaan die godsdiens vanuit die materiële in die geestelike oor en dus oorheers die materiële noodwendig die geestelike. Op die son is dit presies omgekeerd. Daar gaan die godsdiens vanuit die geestelike in die materiële oor en manifesteer daar as die skeppende, wesenlike grondslag van alle dinge. Daarom oorheers die geestelike dan ook die materiële daar. 3. Om hierdie verskil nog duideliker te maak, moet julle dit as volg voorstel: Indien julle, bewoners van die een of ander planeet, die materie en haar gevormde produkte voor julle sien, bewonder julle dit en by 'n skerpsinnige beskouing sal elkeen tog sekerlik vra: Hoe het die een of die ander ontstaan? Wat is die oorsaak daarvan? Deur sulke vrae en die uiteindelik daarop gegewe antwoorde, verdiep julle julleself steeds meer daarin. En as julle volgens die korrekte reëls ondersoek en soek, moet julle uiteindelik by die geestelike uitkom, dus by 'n selfstandige lewe, want die beweginglose, dooie materie sal julle ten slotte toeroep: Ek kan my immers onmoontlik self gevorm het en nog minder tot lewe gewek het! Met ander woorde beteken dit: Julle gaan die antisolêre weg, dus vanuit die materiële na die geestelike. 4. Op die son is dit presies omgekeerd, soos reeds vermeld. Daar sien niemand 'n voorwerp soos wat hy dit voor homself sien nie, maar geld hierdie grondslag by eerste oogopslag en van daaruit volg hy dan trapsgewys die weg waarlangs vanuit die geestelike, ’n natuurlike vorm ontstaan het. Hierdie weg word dan die solêre weg genoem. 5. Volgens hierdie weg verloop elke openbaring self by julle: Dit gaan vanuit die geestelike oor in die materiële. Dit is die rede waarom die uiterlike vorme dikwels teenstrydig blyk te wees, terwyl hulle van binne vanuit die allerhoogste en goed deurdagte ordening voortkom. 6. Om dit duideliker te maak vir julle, sal Ek julle slegs 'n klein voorbeeld gee: Kyk maar net na 'n ou boom! Julle sou hom die beste kan bekyk, vooropgestel dat hy heeltemal gesond is, deur sy stam deur te saag en daarna vanuit sy kern met ’n skerp blik alle steeds wanordeliker wordende jaarringe rondom die kern te bekyk, totdat julle by sy buitenste, growwe bas sou kom. As julle sien hoe volmaak en ordelik die kern en die onmiddellike omgewing daarvan gevorm is, is dit tog logies dat julle die grootste bewondering daarvoor sal hê. As julle egter die steeds verder van die kern verwyderde jaarringe sien, sal julle wanor¬delike ringe sien en julle sal beslis wonder waar hierdie wanorde vandaan kom, want dit is immers duidelik in teenspraak met die volmaakte ronde kern. Ons ontdek onreëlmatighede van dikwels een tot drie duim, en tog is die kern rond! Wat het hierdie jaarring hier eintlik na binne gedruk en daar weer na buite gestoot? En as julle dan uiteindelik by die bas kom, sê vir My: Hoe kan julle eintlik die grootste wanorde van die bas self en uiteindelik die ruwe groewe in die boom verklaar? Julle sal ongetwyfeld moet sê: Hoe meer ons dit teen die lig hou, des te groter teen¬strydigheid vind ons tussen die kern en die uiterlike omhulsel van die boom. Kyk, dit leer één enkele deursnit van 'n boom julle al! 7. Sodat alles ietwat duideliker kan word, sal ons nog ’n bietjie meer lig daarop laat skyn. As julle byvoorbeeld die boom op verskillende plekke sou deursaag en dan hierdie deurgesaagde dele met mekaar sou vergelyk, dan sou julle sien hoe heel verskillend hulle is! Maar hierdie verskille is nog te weinig opvallend en daarom sal ons die saak nog ietwat diepgaande beskou! 8. Laat ons as voorbeeld die saad van 'n boom neem! Julle sou byvoorbeeld honderd akkers met mekaar kan vergelyk, ja, selfs weeg. As julle verder die volmaakte mooi vrugte van hierdie boom bekyk, sal daar skaars merkbare verskille voorkom. As julle bowendien nog die kieme uit die sade losmaak en dit stuk vir stuk onder die mikroskoop bekyk, sal julle in elkeen daarvan een en dieselfde ordening aantref. Nou egter, My beste vriende, sal ons die moeite doen om 'n klein wandeling deur 'n eikewoud te maak! Kyk tog net, sal julle sê, nie één boom lyk soos die ander nie! Hierdie het sulke takke, die weer ander en daar is geen twee bome in die hele woud wat volgens vorm na mekaar lyk nie! Julle mag dalk dink dat daar dalk in die wortels 'n groter orde heers, dit wat meer met dit van die kiem ooreenstem. Laat ons die bome maar uitgrawe, want geestelik is dat immers baie goed moontlik. Julle sien dat die wortels netso sterk van mekaar verskil as die stamme en krone van die bome self! 9. As julle daaroor sou nadink, moet julle dan nie werklik hardop uitroep nie: Wat 'n wanorde, wat 'n teenstrydigheid ten opsigte van die ooreenstemmende en buitengewoon gelykmatige orde¬ning in die kiem! Hoe kan daar uit so ’n ordening in alle stamme, takke en lootjies so ’n teenstrydige wanorde ontstaan! 10. Kyk, dit is vir julle buitengewoon noodsaaklik om dit baie goed te verstaan, indien julle werklik met die letterlike betekenis van elke geestelike openbaring wat in 'n uiterlike vorm gegiet is, vir julle tot voordeel wil laat dien! Want die geestelike is 'n versekerde, in homself latente aanwesige krag, waarin die grootste orde heers. Wanneer hierdie krag homself egter wil uiter deur na buite te tree, moet hy tog, gesien sy groot innerlike orde, goed besef hoe hy homself kan uiter, ten opsigte van die uiterlike omstandighede, sonder om sy oorspronklike karakter uit die oog te verloor, maar om wel so werksaam te wees dat hy ook met die uiterlike omstandighede in harmonie sal verkeer. 11. Kyk, daaruit sal dit tog sekerlik goed duidelik word dat Ek, as die Oerkrag Self, wanneer Ek My vanuit die allersuiwerste geestelike, ewige ordening in die buitewêreld wil uiter, ook steeds hierdie twee reëls, wat Ek Self ingestel het, ook baie nougeset in ag sal neem, en wel so dat daarby van die eintlike Goddelik-Heilige in Sy volheid niks verlore sal gaan nie, maar dat dit oral in Sy allerhoogste volmaaktheid innerlik teenwoordig moet wees. Dit wat as vorm na buite tree, moet homself nietemin weer na die uiterlike omstandighede voeg en sal daardeur onvermydelik allerlei teenstrydighede in die uiterlike vorm laat sien, terwyl hy tog in homself met die allerhoogste orde in harmonie is. Net soos die eikebome as sodanig tog steeds dieselfde is in homself, te oordeel na hul voortbrengsels, steeds vanuit dieselfde basiese beginsel ontwikkel, ook al is hulle onderling hoe verskillend van vorm. 12. Sal sommige nou nie vra: Hoe kom hierdie uitleg dan met die godsdiens van die inwoners van die sewende gordel ooreen? Daarop sê Ek: Uit die navolgende sal blyk hoe nodig hierdie uitleg was om die godsdiens, netsoos al die ander geestelike, nie net van die inwoners van die sewende gordel nie, maar ook van alle ander gordels, in die grond van die saak te verstaan en die korrekte lering daaruit te trek. 13. Ek het voorheen al gesê dat eers by die beskrywing van die godsdiens van die inwoners van die sewende gordel, menige skynbare teenstrydighede wat tydens die verloop van hierdie hele verhandeling aan die lig gekom het, vereffen sal word. Sou julle dit wel ooit sonder hierdie voorafgaande verduideliking vol vertroue kon ingesien het? Noudat julle dit weet, sal dit verder ook nie meer so baie moeilik wees om al die dinge reg te stel en julle die verskil tussen die solêre en antisolêre werking te toon nie. 14. Dit is dan ook die rede waarom ons onsself eers die volgende keer in die godsdiens sal verdiep. Genoeg dus vir vandag!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205